Sonop Gaan Bos

Sonop gaan Bos elke Woensdagoggend en gesels met rolspelers wat betrokke is by natuurbewaring in die Laeveld.
Weekly Afrikaans South Africa Places & Travel · Nature
19 Episodes

Nuwe geleenthede by Eco Training

Eco Training bied vanaf volgende jaar nuwe studiegeleenthede vir Bosmense aan. Corne Schalkwyk gesels met Sonop Ontbyt in hierdie week se episode van Sonop gaan Bos.
6 Dec 14 min

Junior Ereveldwagters nou weer in die Laeveld

Vir die toekoms van natuurbewaring is dit belangrik om kinders van jongs af blootstelling te gee aan die geleenthede in bewaring en gasvryheid. Die Junior Ereveldwagters word daarom weer op die been gebring in die Laeveld. Chris Daniel van die SANParke Ereveldwagters gesels met Neels.
15 Nov 10 min

Sonop gaan Bos: Briek vir wildlewe in die NKW

Daar is verskeie uitdagings om die wildlewe in die nasionale Krugerwildtuin (NKW) teen mense te beskerm. 'n Groot probleem is mense wat diertjies op die pad raakry. Roland Mastnek van die SANParke Ereveldwagters vertel vir Sonop Ontbyt dat dit dikwels gebeur al hou bestuurders van die spoedbeperking van 50 km/h…
25 Oct 15 min

Sonop gaan Bos teen rommel

Die SANParke Ereveldwagters spandeer naweke om, om rommel wat in die Krugerwildtuin gestrooi word, op te ruim. Jenny Robertson van die Ereveldwagters gesels met Gerhardt en Andri oor die probleem.
11 Oct 11 min

Sonop gaan Bos met Echo Training

Die droom van Echo Training is 30 jaar gelede om ‘n kampvuur gebore. Sedertien het hulle tallose jongmense opgelei wat in natuurbewaring werk. Richard Davis gesels met Gerhardt en Andri.
5 Oct 8 min

Sonop gaan Bos met Junior Ereveldwagters

Die SANParke Ereveldwagters bied eersdaags 'n leerskool aan vir voornemende junior Ereveldwagters om te leer hoe om die natuur te help bewaar. Chris Daniel van die Ereveldwagters sê dit is gemik op kinders van tussen 12 en 18 jaar oud. Hy gesels met Gerhardt.
28 Sep 9 min

Sonop gaan Bos met strikke in die wildtuin

Strikke is 'n baie groot probleem in die Krugerwildtuin. Jacques Malan can die SANParke Ereveldwagters gesels met Gerhardt oor wat hulle doen om hierdie probleem aan te spreek.
20 Sep 14 min

Sonop gaan Bos met indringerplante: Deel 2

Om indringerplante in die Krugerwildtuin te probeer beheer is nie soos om bossies op jou grasperk uit te roei nie. André Bestbier van die SANParke Ereveldwagters fasiliteer werksessies teen die indringerplante. Hy gesels met Sonop Ontbyt.
13 Sep 17 min

Sonop gaan Bos met rehabilitasie van wildlewe

Mense het oor die algemeen 'n onnodige geneigdheid om in te meng met die natuur. "Moenie beseerde diere voer of water gee nie, hou hulle net warm en veilig en bel ons 'of 'n plaaslike veearts," sê Anneke van Schoor van Wild and Free Rehabilitasiesentrum vir wildlewe. Sy gesels met…
7 Sep 17 min

Sonop gaan Bos met indringerplante

Saterdag hou die SANParke Ereveldwagters Boomplantdag by die inheemse kwekery in Skukuza. Karel de Beer gesels met Sonop Ontbyt oor die bedreiging wat indringerplante vir die Krugerwildtuin ekosisteem inhou en wat die veldwagters doen om dit te bekamp.
30 Aug 15 min

Sonop gaan Bos met leerling veldwagter

Carl Munster was 'n stadseun van Johannesburg voor hy homself in die wêreld van natuurbewaring begewe het. Hy vertel vir Sonop Ontbyt oor sy reis tot hier en hoekom hy nooit weer teruggekyk het nie.
28 Aug 9 min

Ereveldwagters stel 'BeeWise Trail' bekend

Die SANParke Ereveldwagters het ‘n bestaande speelarea by die inheemse kwekery in Skukuza omskep om ook ‘n interaktiewe, leersame area vir kinders te skep. Die koördineerder van die kwekery, Laetitia Fourie, sê baie besoekers aan die Krugerwildtuin is onbewus van hierdie versteekte juweel. Hulle noem dit die “BeeWise Trail”.
16 Aug 15 min

Sonop gaan Bos met strikke

Die stel van strikke het 'n enorme impak op die Krugerwildtuin Die SANParke Ereveldwagters help om dit te verwyder. Johan Willemse sê selfs predatore word vir moetie geteiken. Hy gesels oor die strik stel patrone wat hulle in die bos waarneem.
10 Aug 13 min

Sonop gaan (volhoubaar) Bos

Laetitia Cronje van Campfire Academy is besig met haar nagraadse studies in volhoubare toerisme. Sy gesels vanuit Hoedspruit met Sonop Ontbyt oor hoe Suid-Afrikaners beter na hul eie omgewing kan begin omsien.
2 Aug 17 min

Sonop gaan Bos met veldgidse

Veldgidse se kwalifikasies is gespesialiseer en is area-gebonde. JC Strauss van Eco Ranger Academy verduidelik vir Andri wat jongmense alles moet weet om hulle in hierdie veld te kwalifiseer.
26 Jul 18 min

Sonop gaan Bos met renosterwesies

Care for Wild Rhino Sanctuary red renosters wat wees gelaat is deur stroping en maak hulle groot. Hulle neem ook groot, beseerde renosters in en rehabiliteer hulle. Stigter, Petronel Nieuwoudt, gesels met Sonop Ontbyt oor die wêreld se grootste renosterweeshuis en al die ander dierspesies wat hulle beskerm.
19 Jul 15 min

Sonop gaan Bos met Bonsai

Bonsai is nie net 'n heerlike stokperdjie nie, dit is ook 'n kunsvorm. "Eerstens moet jy ‘n potplant aan die lewe kan hou," sê Tola Smit van die Nelspruit Bonsai Kai. Hy gesels met Sonop Ontbyt.
12 Jul 16 min

Sonop gaan Bos met aasvoëls

Sonop Ontbyt gesels met Gareth Tate oor hierdie bedreigde spesie en die noodsaaklike rol wat aasvoëls in die ekosisteem speel.
6 Jul 10 min