Heerlikheid

Ontdek weer die heerlikheid van die evangelie. Die fokus is om ‘n meer diepgaande passie vir die Woord van God onder gelowiges te laat opvlam.
Weekly Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity
107 Episodes
20 – 40

Psalm 23:5 - 'n Voorbereide Tafel van God se guns en oorvloed!

Wat 'n heerlike teenswoordige lewensrealiteit is Psalm 23:5 nie? "U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor". Luister saam onderwyl Charles van Onselen en Müller Crauwkamp die Heerlikheid van Christus uit die Skrif soek en deel
23 Nov 2023 51 min

Psalm 23:2-3: Die Here laat ons neerlê...

Het die Here jou al LAAT neerlê in groen weivelde, en na waters van rus geneem? Wat beteken hierdie gedeelte in Psalm 23? Luister gerus saam, en mag die Lewende Woord vir jou stig en seën!
2 Nov 2023 47 min

Psalm 23:1: Die Here is my Herder, niks sal my ontbreek nie!

Wat beteken hierdie vers vir jou? Het jy al ooit 'herderloos' gevoel? Dalk gebeur daar tans iets in jou lewe wat jou laat twyfel in mense...miskien het jy nog nie die Here as jou persoonlike Herder aangeneem nie? Die goeie nuus is, dit is nooit te laat om dié kosbare…
26 Oct 2023 49 min

Psalm 22:13-32 : God beskerm jou en laat jou hart vir ewig lewe!

In die laaste paar verse van Psalm 22 getuig Dawid triomfantelik van die Goeie Nuus van God se beskerming. Euangelion - euangelion (evangelie - evangelie)! Mag jy ook ons Hemelse Vader se hart van goeie nuus en liefde hieruit optel en mag jou hart (in Hom) vir ewig lewe!
19 Oct 2023 47 min

Psalm 22:7-12 Ek is (voel net soos) 'n Wurm!

Het dié gedagte dalk al jou denke so bietjie laat ontspoor? Hoe jy ook al mag voel, Jesus het dit ook op Hom geneem aan die kruis, en wat Hy sê oor jou, is wat tel. Mag jy opnuut deur Sy Woord, en die Heerlikheid daarvan, versterk en bemoedig word…
12 Oct 2023 49 min

Psalm 21: Danksegging vir Oorwinning!

Het jy oorwinning oor jou gedagtes nodig? Die goeie nuus is God het klaar vir jou die oorwinning gegee...! Sela (Wees stil, my siel, en vestig jou gedagtes op God). Mag die Woord jou stig en versterk
28 Sep 2023 48 min

Psalm 20 – ‘n Profetiese Seën Psalm

Die Koning van die konings, Jesus Christus, bid vir jou (Rom. 8:34)! Mag jy versterk word deur die Woord van God in die wete dat jy kosbaar is vir die Here, en dat Hy, die Opper-Koning, vir jou, as Sy koningskind, bid en guns en goedheid oor jou gebied
21 Sep 2023 50 min

Psalm 19:1-7: Die Hemele getuig en die Son skyn!

In die eerste gedeelte van Psalm 19, getuig die Hemele van God se goedheid, hoeveel te meer nie ons nie...en net soos die son opkom, kom God se Son (Seun) van geregtigheid ook op oor jou, as Sy geliefde.
7 Sep 2023 40 min

Hoe maak ek God se redding prakties in my lewe?

Hoe maak ons God se redding prakties in ons lewens? Jou gedagtes speel 'n bepalende rol in die realisering van Vader se redding, wil en die koers van jou lewe. Luister saam en mag dit jou stig
31 Aug 2023 47 min

Psalm 18:17-24: God Verlos!

Hoe heerlik nie om terug te kyk na die Psalms deur die kruis en verlossingswerk van Jesus Christus nie? Die ewige triomfantelike boodskap bly klokhelder lui, tot in ewigheid...God Verlos! Het jy verlossing in jou lewe nodig? Luister gerus saam en mag die Woord vir jou tot groot seën wees!
10 Aug 2023 49 min

Psalm 18:8-16: God se getroue liefde en oordeel

In hierdie gedeelte van Psalm 18 bespreek Charles van Onselen en Louwrens Viljoen die krag van God se getroue liefde en oordeel...ontdek saam met hulle opnuut die Heerlikheid van God se Woord
3 Aug 2023 48 min

Psalm 17 - Die gebed van 'n onskuldig vervolgde

Het jy al ooit onskuldig vervolg gevoel? Die onreg daarvan is iets wat ons geloof toets soos min...luister saam na Psalm 17, wat juis hieroor gaan. Mag die Woord vir jou tot groot seën wees!
20 Jul 2023 48 min
20 – 40