GROOTfm 90.5 Ontbyt met Doepie en Nina

Ontbyt met Doepie en Nina

Doepie en Nina is vir die afgelope 5 jaar ‘n span op lug en is bitter opgewonde om hulle tande te slyp in Ontbyt-radio.
Doepie en Nina se sterk… (en minder sterk) punte, vul mekaar aan en hulle verskillende belangstellings maak dat hulle enige onderwerp kan aanpak van geloof tot stories oor menslike belange, finansies, politiek tot plaaslike en internasionale sterre. Hul passie vir radio en hul luisteraars is wat hulle dryf om interessante inhoud te skep en dag na dag luisteraars met relevante nuus en inhoud ingelig te hou en ook ‘n stem te gee aan die wat stemloos is.
Elke oggend saam met Doepie en Nina is energiek, opwindend, insiggewend en ‘n emotional rollercoaster, want hulle lag soms tot hulle huil, of vertel ander se stories met ‘n traan…
Vergeet wat jy weet van tradisionele oggend radio en maak reg vir ONTBYT saam met Doepie en Nina.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
622 Episodes
160 – 180

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van 'n Vermaaklikheids agent

Lisa Modisane is 'n talent agent wat baie bekende gesigte in die industrie verteenwoordig. Sy is ook toevallig Nina se agent en vertel ons vandag hoe sy in die bedryf beland het en ook wat jy nodig het as dit klink na die perfekte beroep vir jou!
20 Jan 34 min

#DieGrootTrek - Minke Marai Reenboogrant

So baie Suid afrikaners sal die boeke uit die 90's onthou genaamd Reenboogrant. Showmax het 'n nuwe reeks oor die boeke en Hoofrol Minke Marais kom kuier by ons om meer te gesels oor die reeks en wat ons kan verwag.
16 Jan 19 min

#DieGrootTrek - Erns Grundling van Kyknet Elders

Erns is 'n man wat nie bang is vir 'n bietjie stap nie. In die 3de seisoen van die Reeks Elders besoek Erns en sy gaste Ligtorings teen die SA kus af en ontmoet lekker nuwe mense langs die pad. Hy kom gesels met ons oor wat die stap vir…
15 Jan 29 min

#DieGrootTrek - 07 Januarie

Zander van der Westhuizen en Maynie Kasselman gesels met Dr Gérard Labuschagne oor die gebeure in die VSA en ander wêrelddele wat verband hou met massa aanvalle of skietery. Dr. Gérard Labuschagne is 'n kliniese sielkundige, kriminoloog en advokaat van die Hooggeregshof in Suid-Afrika met baie ondervinding op die gebied…
7 Jan 17 min

#DieGrootTrek - Wenke vir vakansietyd by die kus

Andrew Ingram is een van die woordvoerders van die Nasionale Seereddings Instituut en hy vertel ons meer van waar die NSRI begin het, hoe hullle werk oor die ffeestyd en ook n paar praktiese wenke van hoe om jouself en jou familie veilig te hou tydens die feestyd as julle…
12 Dec 2024 17 min

#DieGrootTrek - Elandre sing Kersliedjies

Doepie en Nina het 'n spesiale gunsie ingeroep en Elandre gevra om vir ons Kersfees Liedjies te kom doen. Nie net het die man almal se asems weggeslaan nie maar hy het ook eksklusiewe "Nuus" kom deel oor sy nuwe projek net op die GrootTrek
6 Dec 2024 27 min

#DieGrootTrek - Leah bring Kersfees

Die pragtige Leah het kom inloer om ons te vertel van haar nuwe rol as Aspoestertjie in die Pantomime. Sy het ook Nina se hart bly gemaak met n lekker Kersfees liedjie en verder het die span gesels oor alles wat voorle vir Leah.
5 Dec 2024 35 min

#DieGrootTrek - Adv. Jackie Fick

Jackie spesialiseer in kubersekuriteit en menshandel. Sy kom gesels vandag met ons om te gesels oor die gevare wat sosiale media inhou, hoe om jouself veilig te hou aanlyn en seker te maak jy raak nie n statistiek nie en ook wat prakties kan werk om jou gesin en veral…
3 Dec 2024 33 min

#DieGrootTrek - DroomSindroom

Kirsten en Kyle het kom kuier om ons te bederf met 'n Kersfees liedjie en meer te vertel oor hulle nuwe album wat vrygestel word wat heeltemal in engels gaan wees en hoekom hulle besluit het om dit te doen.
2 Dec 2024 30 min

#DieGrootTrek - Ena Berger (16 dae van van aktivisme)

Die week was die afskop van 16 dae van aktivisme teen geslagsgebaseerde geweld. Ons het in 2021 die storie gehoor hoe Ena se man haar 9 keer geskiet het en toe sy eie lewe geneem het. Sy het haar storie kom deel maar nie meer een as slagoffer nie maar…
27 Nov 2024 38 min

#DieGrootTrek - Thys van zyl gesels Grootgeld en sy nuwe boek

Elke laaste Dinsdag van die maand kom kuier Thys van Zyl by ons om oor alles GrootGeld te gesels. Hy het 'n nuwe boek uit wat hy geskryf het saam met Robby Kojetin. Die boek genaamd "Parallel Summits" trek die vergelyking tussen hoe jy moet voorberei om 'n berg soos…
26 Nov 2024 35 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van 'n Musiek Skeduleerder in radio

Het jy al ooit gewonder wie kies die musiek wat op radio speel? Hoekom sekere liedjies so gereeld speel? Miskien ook hoekom jou gunsteling liedjie nie speel op n radio stasie nie? Wel ons musiek skeduleerder Charonike Nel is vandag saam ons om te gesels oor wat presies sy doen…
25 Nov 2024 35 min

#DieGrootTrek - Ard Matthews en Tanya Van Graan

Die nuwe glanspaartjie Ard Matthews en Tanya van Graan het vandag kom kuier. Ons gesels bietjie oor hoe hulle ontmoet het, hoe hulle die lewe benader en ook hoekom hulle nou musiek saam maak. Ard het ook vir ons Shallow waters van sy Just Jinger dae gespeel, jy wil dit…
21 Nov 2024 34 min

#DieGrootTrek - Karyn Maughan se nuwe boek.

In Karyn Maughan se nuwe boek 'I will not be silenced" vertel sy ons meer van haar lewe as bekroonde Suid-Afrikaansejoernalis en ook wat dit beteken om verslag te lewer oor Jacob Zuma asook hoekom sy privaat vervolg word deur hom.
19 Nov 2024 22 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van - Eiendoms Agent

So ons ken hulle as "eiendoms agente" maar die regte term deesdae is Eiendomspraktisyn. Chelsea Maree kom kuier vandag by ons om meer te vertel oor haar beroep en ook wat die uitdagings is wat dit inhou.
18 Nov 2024 38 min

#DieGrootTrek - Christel Van Den Bergh

Sy het lanklaas kom kuier maar vandag is sy hier. Christel Van Den Bergh kom loer in by Doepie en Nina en gesels oor haar lewe as mamma en Plaasvrou en wat die verandering so wonderlik en uitdagend gemaak het.
15 Nov 2024 32 min

#DieGrootTrek - Danny Smoke Nuwe Enkelsnit

Daar was weer baie lag en grappies in die ateljee met Danny Smoke wat kom kuier het. Hy is al besig om musiek professioneel meer as 18 jaar te doen en ons verstaan hoekom. Hy gesels bietjie oor die musiek industrie op die oomblik en sy Splinternuwe enkelsnit "Yskas Skuif"…
14 Nov 2024 33 min

#DieGrootTrek - Twice the Glory skyrwer Khanyiso Tshwaku

Khanyiso Tshwaku en Lloyd Burnard was in Parys saam die Bokke gedurende die laaste Rugby Wereldbeker. So het hulle die hele storie en al die emosies vasgevang wat wat daar gebeur het en ook van die dinge wat agter die skerms gebeur het. Ons gesels met Khanyiso oor die boek.
12 Nov 2024 33 min

#DieGrootTrek - Ricus Nel

Ricus het weer bietjie kom inloer by Doepie en Nina met sy guitar en donkielong. Ons gesels bietjie familiesake met die man en ook wat hy beplan tot einde van die jaar. Ons speel ook sy nuwe enkelsnit wat hy saam Chris Els aka Plakkies gedoen het.
12 Nov 2024 23 min

#DieGrootTrek - Veronika se nat koek!

So wat gebeur as jou Celebrity chef nie opdaag vir sy onderhoud nie? Jy vra vir van die luisteraars om om hulle lywe chef te hou en vir ons lekker disse voor te sit vir n Kersete. En dan kry jy vir Veronika wat sommer net 'n maandag helemal beter…
11 Nov 2024 8 min
160 – 180