Radio Pulpit Met Hart en Siel

Met Hart en Siel

Vier mekaar se kreatiwiteit en uniekheid en kies om lief te hê. Die program is vir vroue (en mans) van geloof wat die pragtige en goeie uit die Vader se hand geniet. Jou aanbieder is die talentvolle Christine Ferreira, redakteur van die Christelike vrouetydskrif, Lééf.
Weekly Afrikaans South Africa Christianity · Self-Improvement
150 Episodes
52 – 72

Seeking God

During this episode Christine Ferreira welcomes author and preacher Trevor Hudson to the studio to discuss his latest book Seeking God Finding another kind of life with St. Ignatius and Dallas Willard.
28 Mar 2023 1 hr 29 min

Genesing vir trauma

Sielkundige, Yvonne Retief, kuier in die ateljee en gesels oor die genesing vian trauma, veral in die Suid-Afrikaanse konteks.
14 Mar 2023 1 hr 34 min

O Heer, ons bid vir ons land

Maretha Maartens gesels oor ‘n gebedsinisiatief vir ons land. Schalk van Heerden sê wees ‘n betereinder – wees die verskil en hy vertel hoe ons dit kan doen as gelowiges. En Barend Vos gesels oor sy jongste roman Kanaän.
7 Mar 2023 1 hr 20 min

Gelykenisse van Jesus

Prof Cas Vos gesels oor die gelykenisse van Jesus en Ds Ronell Bezuidenhout vertel meer oor ‘n spesiale Lydenstydprojek.
21 Feb 2023 1 hr 30 min

Die liefde

In hierdie aflewering gesels predikant Rudi Swanepoel, skrywer Lizette Murray en rubriekskrywer Chante Hinds-Moller oor die liefde. Romanskrywer, Tertius Janse van Rensburg vertel meer oor sy nuwe Christelike roman, Aurora
14 Feb 2023 1 hr 25 min

Meer as oorwinnaars

Christine Ferreira gesels in hierdie aflewering met skrywer, Milanie Vosloo, oor hoe om donker tye te oorwin. Kunstenaar en musikant, Charlotte Jean gesels oor dieper vreugde en Elizabeth Botha van Geopende Deure vertel meer oor die wêreldwaarneminglys wat pas bekendgestel is.
7 Feb 2023 1 hr 34 min

Lekker & gesond

Christine Ferreira gesels in hierdie aflewering met twee bekende koskenners, kosredakteur en skrywer, Carmen Niehaus en met Iné Reynierse, praktisyn in funksionele diagnostiese voeding en skrywer van die gewilde Low Carb is lekker reeks kookboeke.
31 Jan 2023 1 hr 39 min

Kuns en kreatiewe joernale

Twee kunstenaars wat skilder en leef tot God se eer kuier in die ateljee; joernaalkunstenaar en musikant, Anel Stricker-Bessinger en skilder, Heidi McKay.
24 Jan 2023 1 hr 37 min

Psalms

Teoloog prof. Cas Vos te gesels oor die Psalms en Benno Kuhn deel 40 ankers vir ons geloofslewe.
17 Jan 2023 1 hr 29 min

Maak dit 'n gesonde nuwe jaar

Voedingskundige Madalein Helm gesels oor hoe om jou gesondheid in die jaar wat voorlê voorop te stel.
10 Jan 2023 1 hr 27 min

U ken my

Elize-Marie Müller vertel oor die ontdekking van jou identiteit in Christus. Lewensafrigter Amanda de Lange gesels met ons oor die stel van doelwittte en joernalis en skrywer Jeanne Els vertel meer oor haar boek Ons kyk na die donkiemaan Stories oor die lewe.
13 Dec 2022 1 hr 35 min

Dissipelskap

Prof Herman Bretyenbach gesels oor die brief aan die Filippense sowel as die Evangelie van Johannes. Deon Loots gesels oor die hart van dissipelskap en Elizabeth Botha van Geopende Deure deel nuus oor die Vervolgde kerk. Ons sluit ons program af met ‘n stiltetyd-meditasie deur Milanie Vosloo.
6 Dec 2022 1 hr 30 min

Disleksie en meer

Sandra Stark van die Stark Griffin Dyslexia Academy in Vereeniging en Janetta van Niekerk en Jane Steenkamp van Die Krans Laerskool in Pretoria in die ateljee en word daar gesels oor disleksie en die hantering van hierdie en ander leerversteurings by leerders.
29 Nov 2022 1 hr 32 min

Ontmoet God in gebed

Christine Ferreira gesels met Esté Geldenhuys oor hoe om gebed intiem en persoonlik te maak.
8 Nov 2022 1 hr 29 min

Die lewe wat ek jou gegee het

In hierdie aflewering gesels Christine Ferreira met geliefde skrywer Helena Hugo oor haar jongste roman Die lewe wat ek jou gegee het. Daarna vertel Mariana de Bruin oor hoe om God se skoonheid om jou te kan raaksien.
1 Nov 2022 1 hr 28 min

Talentvolle vroue

In hierdie aflewering gesels Christine Ferreira met digter, Nadine Claassen, pottebakker Nicci Stewart, skoonheidskenner Mimmie Lancaster en hoedmaker Kinny Sinden-Combrink oor die onderskeie talente waarmee God elkeen van hulle geseën het en hoe hulle dit tot sy eer gebruik.
25 Oct 2022 1 hr 32 min

Ontmoet God in gebed

Esté Geldenhuys gesels oor die impak van Jesus se kruisiging op ons gebedslewe.
18 Oct 2022 1 hr 26 min

Bybelmaand

Christine gesels in hierdie aflewering met Hennie Maritz en Christelle Combrink van Duis:lig. Berlise Lourens vertel oor die werk van die Christelike Lektuurfonds en ‘n Bybelprojek vir kinders wat vandeesmaand van stapel gestuur is en Jaco Stolz verteel meer oor die nuwe Profesie Bybel wat pas verskyn het.
11 Oct 2022 1 hr 20 min
52 – 72