Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
19
NOV
11am

Veldwagter vermis in die Krugerwildtuin

‘n Ervare veldwagter is sedert Dinsdagaand vermis in die Krugerwildtuin.
Volgens woorvoerder, Ika Phaahla, is Checkers Mashego 51 jaar oud.
Hy was saam met ‘n kollega op patrollie in die Nsilikazi-rivierbedding in die Stolsnek-area.
Hulle het uitmekaar gegaan om iets te ondersoek.
Mashego het nooit by die afgespreekte ontmoetingsplek opgedaag nie.
Spanne soek sedertien na hom.
Volgens Phaahla is hy nie bewus dat so iets al ooit in die wildtuin gebeur het nie.
As enigiemand hom gewaar, moet hulle 013-735-0197 bel.
19
NOV
7am

Mpumalanga Rugbyinstituut bekendgestel

Die Mpumalanga-Rugbyunie het gisteraand die Mpumalanga Rugbyinstituut by Mbombela Stadion bekendgestel.
Dit is in samewerking met UXI Sport, wat reeds sulke institute by die WP, Cheetahs, Griekwas en Boland bedryf.
Chumani Booi, voormalige afrigter van die Cheetahs se Pro-14-span, is bevestig as die hoofafrigter by die instituut.
Thea Visagie van UXI Sport verduidelik dat dit skoolverlaters die geleentheid gee om hul sport te ontwikkel, terwyl hulle studeer.
R1 miljoen se beurse sal aan studente beskikbaar gestel word vir 2021.
18
NOV
1pm

Mediclinic weer oop na bomdreigement

Nelspruit Mediclinic is weer oop, nadat dit vanoggend gedeeltelik ontruim is weens 'n bomdreigement. Die hospitaal is gesluit en die polisie sebomeenheid het die perseel met snuffelhonde deursoek. Volgens Mediclinic se Robyn Baard, is slegs sekere dele van pasiënte en werknemers ontruim. Die polisie het die hospitaal intussen weer oopgestel. Baard sê dit was skrikwekkend, maar allerolspelers het uitstekend saamgewerk. 
18
NOV
11am

Provinsie sny begroting met R1 miljard

Die provinsiale regering se begroting vir die res van die finansiële jaar is met een miljard-Rand gesny.
LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Pat Ngomane, het sy aangepaste begroting gister ter tafel gelê.
Daarvolgens het die regering net onder 40 persent van hul beplande inkomste gemaak in die eerste helfte van die jaar.
Sedert inperking sien net landbou nog sterk daaruit.
Aan die ander kant is daar tussen Julie en September 49-duisend werke in die provinsie geskep.
17
NOV
11am

Nelsville se water Woensdag afgesit

Nelsville se water sal Woensdag vir sowat 12 ure afgesit word, sodat ‘n gebarste pyp onder ‘n elektriese transformator vervang kan word.
Inwoners sukkel sedert Sondagaand met watertekorte, sedert die pyp op verskillende plekke gebars het.
Woordvoerder van Silulumanzi, Richmond Jele, verduidelik dat die pyp nou tydelik herstel is.
Die vervanging sal om 07:00 begin en moontlik tot 19:00 duur.
Jele waarsku dat Matumi se krag ook tydelik afgesit sal wees.
16
NOV
3pm

Plaaslike toerisme hoopvol dat hulle kan herstel

Plaaslike toerisme is hoopvol dat hulle van die inperking kan herstel.
President Cyril Ramaphosa se aankondiging dat internasionale reis oop gestel word, is wyd verwelkom.
Maar na maande van inperking die bedryf erge skade berokken het, is die konsensus dat herstel moontlik is.
Soos Cobus Tomlinson van die Nelspruit LTO verduidelik, Mosambiekse kopers is van kardinale belang vir die plaaslike ekonomie, en dit sien reeds 'n herstel in besoekersgetalle.
16
NOV
11am

Barberton waterkrisis: dam nou net 16% vol

Die Lomati-dam se vlak staan nou op 16%, met die gevold dat die meeste areas in Barberton aanhoudend sonder water is.
Waterpunte is opgestel, asook boorgate, waar inwoners water kan gaan haal.
Raadslid, Philip Minnaar, verduidelik dat dit nou absolute krisisbestuur verg.
Al oplossing is as die area binnekort goeie reën kry. Anders, waarsku Minnaar, dat die dorp moontlik weer afstuur op die krisis van 2013, toe die dam heeltemal leeg was.
Hy voeg by dat sommige mense steeds hul tuine natmaak en met tuinslange hul karre was.
Hy pleit dat mense saam moet staan want elke druppel tel.
13
NOV
12pm

Pumas-Lions-wedstryd uitgestel weens Covid-19

Môre se kragmeting tussen die Phakisa Pumas en Emirates Lions is uitgestel.

Volgens SA Rugby het twee Pumas-spelers vanoggend positief getoets vir Covid-19.

‘n Speler het vroeër die week ook positief getoets. Al die spelers wat positief getoets het, het saam aan ‘n skrumoefening deelgeneem.

Verskeie voorspelers is in kwarantyn geplaas vir 10 dae.

Die Pumas se wedstryde teen die Lions en die Vodacom Bulls volgende Vrydag, sal herskeduleer word.

Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse:
12
NOV
7am

Mpumalanga se Covid-19-ondersoek steeds nie afgehandel nie

‘n Ondersoek na ongeruimdhede in Covid-19-aankope in die provinsie wat twee weke moes duur, is na 12 weke nog nie afgehandel nie.
Premier Refilwe Mtshweni-Tsipane het gister bevestig dat sy nog net ‘n tydelike verslag daaroor ontvang het.
Die provinsiale departemente van sport en samewerkende regering, die tesourie, Mpumalanga-toerisme-en-parkeraad en die Mpumalanga-agentskap vir ekonomiese groei se uitgawes vir Covid-19 word ondersoek.
Mtshweni-Tsipane het op 19 Augustus aangekondig dat verskeie onreëlmatighede geïdentifiseer is in hierdie vyf entiteite se keuse van verskaffers.
11
NOV
4pm

Sanparke vier Nasionale Parkeweek van Maandag

Sanparke is gereed om alle Suid-Afrikaners volgende week gratis toegang tot hul parke te gee.
Sanparke vier Nasionale Parkeweek gewoonlik in September, maar het dit vanjaar uitgestel weens die Covid-19-pandemie.
Woordvoerder vir die Krugerwildtuin, Ike Phaahla, bevestig mense kan steeds bespreek om volgende week die park te besoek. Dit is egter net vir dagbesoekers.
11
NOV
12pm

Ses 'gewoonteoortreders' vasgetrek oor verkeersboetes

Ses mense is sedert Saterdag in hegtenis geneem weens uitstaande verkeersboetes in Mpumalanga.
Die departement van gemeenskapsveiligheid benadruk dat dit heroortreders is wat versuim om hul boetes te betaal, en dan in die hof te verskyn.
Volgens die departement se Sibandiso Nkuna, is 15 mense met die meeste lasbriewe vir hul inhegtenisneming weens wanbetaling geïdentifiseer.
Die ses mense het reeds in die hof verskyn vir minagting van die hof. Nog arrestasies word verwag.
11
NOV
7am

Nelspruit DBV benodig hondekos

Die Nelspruit DBV se kosvooraad is tans weer baie laag.
Hulle verwag dat veral die droë hondekos slegs nog ‘n week sal hou.
Lize Pienaar, voorsitter van die Nelspruit DBV, sê hulle benodig veral kleiner korrels omdat al die verskillende honderasse dit kan eet.
Verder het inperking ‘n negatiewe impak gemaak op hul fondsinsamelings-inisiatiewe in wat oor is van 2020.
Besoek hul Facebook-blad Nelspruit SPCA of kontak hulle by 013-753-3582 vir meer inligting.

165 episodes

« Back 13—24 More »