Die Mpumalanga Blind Skills Development Hub groei met rasse skrede. Ter ondersteuning is jy genooi om saam te kom potjiekos maak. Prince Ngema, Zandré Pelser en Fanie Msiza kuier in die ateljee.
Die Airlink Pumas is na die eerste ronde van die SA Beker weens hul punteverskil van 68 eerste bo-aan die punteleer. Hulle het Vrydag met 75-7 oor die Phangela SWD Arende geseëvier by Mbombela-stadion. Hulle speel Saterdag weg teen die Oostelike Provinsie in Gqeberha en die naweek daarna weer tuis…
Anton Goosen vier vanjaar 50 jaar in die musiekbedryf. Hy gesels met Amanda oor sy loopbaan voor musiek (in die onderwys) en sy jongste vrystelling "Tik Tok (die ballade van Klasie Frik van Staden)".
Die Mpumalanga Premier, Mandla Ndlovu, se provinsiale rede Vrydag was besonder teleurstellend. Bosman Grobler van die DA sê opposisiepartye stem saam dat hulle graag wil sien hy kry dinge gedoen. Hy het eerder ou beloftes herhaal en doelwitte aangekondig sonder 'n plan oor hoe om hulle te bereik.
'n Prominente pastoor is gisteraand op die R536 in Cork Trust tussen Mkhuhlu en die Krugerwildtuin in ‘n oënskynlike sluipmoord doodgeskiet. Doktor Ezrom Mathumbu is as ‘n bekende radiopersoonlikheid, politikus en sakeman beskryf. Volgens die Mpumalanga polisie is hy verskeie kere geskiet terwyl hy in sy Toyota GD-6 bakkie gery…
‘n 53-jarige eienaar en direkteur van ‘n sekerheidsmaatskappy verskyn vandag in die Nelspruit-landdroshof op aanklagte van meineed en die aanmeld van ‘n vals misdaad. Hy is gister in Mbombela gearresteer weens bewerings dat hy dosyne vuurwapens, insluitende jaggewere en pistole, aan 'n ander sekuriteitsmaatskappy verkoop het en hulle toe as…
Die Kruger-Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme bied in Mei die eerste Laeveld Sake Konferensie aan. Die uitvoerende beampte, Linda Grimbeek, sê mense ontwaak uiteindelik na die Covid-pandemie en in ‘n vinnig veranderende wêreld moet ondernemings in die globale spasie oorleef. Sy sê daar is baie te leer oor hoe…
Hoërskool Nelspruit (NHS) het verlede week die B-bond by die NWU Super Interhoër gewen. Dit beteken in 2026 neem hulle in die A-bond deel. NHS was vanjaar ook die wenner van 100.5FM se Blêrbeker die week van die Laeveld Interhoër. Jana Hattingh en Anika Cilliers gesels met die Middag Game…
Die voorkoms van malaria is volgens sommige medici besig om 'n terugkeer te maak na Witrivier, waar dit grootliks uitgeroei was. Schalk Schoeman, 'n entomoloog, verduidelik hoe muskiete werk.
Die Airlink Pumas se seisoen skop eersdaags af met hul SA Beker deelname wat op 7 Maart tuis teen die SWD Arende begin. Boonop vind die Stonehouse 10's op 22 Maart plaas. Spanbestuurder, Sam Sikiwe, en Chumani Booi, die amateurspanne se bestuurder, gesels met Sonop Ontbyt.
Tegnologie reuse sal dalk vir die volgende drie tot vyf jaar SA nuusmedia tussen R300 miljoen en R500 miljoen per jaar moet vergoed. Die Kompetisie Kommissie se senior analis Donnavan Linley verduidelik wat volgende gebeur. Stuur jou insette teen 7 April na mdpmi@compcom.co.za.
Vyftig jaar gelede het Marna Van der Burgh (neé de Villiers) van Hoërskool Barberton by die Interhoër-atletiekbyeenkoms die o/19 200 m in ‘n rekordtyd van 24,80 s gewen. Dit staan na afloop van Saterdag se byeenkoms steeds.
Elsabe de Bruyn, 'n organiese groentetuin konsultant, het tydens die Saterdag Ontbyt met Charles kom gesels oor hoe om jou eie, organiese groentetuin te begin.
Mans los hul gesondheid agterweë. Moenie, sê uroloog dr. Brighton Mashava. Hy raai vroue aan om hul mans se testosteroon te laat toets as hul gedrag verander - en nie op te hou tot bepaal wat die oorsaak is nie. Dit kan op ernstige toestande dui. Hy sê mans moet…
Mopani Apteek is trots Laeveld en daarom nou betrokke en groot ondersteuners van die Laeveld Interhoër wat môre plaasvind. Rita Erasmus, bemarkingsbestuurder, gesels met Sonop Ontbyt.
Dr. André Hattingh van Pediatric Care Africa is op besoek aan die Laeveld want hy is besig met die jaarlikse Ride for a Child-motorfietsrit om fondse in te samel vir kinders wat mediese sorg benodig.
18 Feb 6AM
9 min
1 – 20
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.