100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,808 Episodes
32 – 52

KLCBT hou sake konferensie

Die Kruger-Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme bied in Mei die eerste Laeveld Sake Konferensie aan. Die uitvoerende beampte, Linda Grimbeek, sê mense ontwaak uiteindelik na die Covid-pandemie en in ‘n vinnig veranderende wêreld moet ondernemings in die globale spasie oorleef. Sy sê daar is baie te leer oor hoe…
4 Mar 2025 3AM 6 min

NHS nou in A-bond van Super Interhoër

Hoërskool Nelspruit (NHS) het verlede week die B-bond by die NWU Super Interhoër gewen. Dit beteken in 2026 neem hulle in die A-bond deel. NHS was vanjaar ook die wenner van 100.5FM se Blêrbeker die week van die Laeveld Interhoër. Jana Hattingh en Anika Cilliers gesels met die Middag Game…
3 Mar 2025 2AM 7 min

Malaria hier? Hoekom? Kenner verduidelik

Die voorkoms van malaria is volgens sommige medici besig om 'n terugkeer te maak na Witrivier, waar dit grootliks uitgeroei was. Schalk Schoeman, 'n entomoloog, verduidelik hoe muskiete werk.
28 Feb 2025 6AM 16 min

Pumas se SA Beker skop 7 Maart af

Die Airlink Pumas se seisoen skop eersdaags af met hul SA Beker deelname wat op 7 Maart tuis teen die SWD Arende begin. Boonop vind die Stonehouse 10's op 22 Maart plaas. Spanbestuurder, Sam Sikiwe, en Chumani Booi, die amateurspanne se bestuurder, gesels met Sonop Ontbyt.
28 Feb 2025 2AM 12 min

Google et al gaan moet begin betaal vir SA nuus

Tegnologie reuse sal dalk vir die volgende drie tot vyf jaar SA nuusmedia tussen R300 miljoen en R500 miljoen per jaar moet vergoed. Die Kompetisie Kommissie se senior analis Donnavan Linley verduidelik wat volgende gebeur. Stuur jou insette teen 7 April na mdpmi@compcom.co.za.
28 Feb 2025 1AM 10 min

50 jaar rekord staan steeds sterk

Vyftig jaar gelede het Marna Van der Burgh (neé de Villiers) van Hoërskool Barberton by die Interhoër-atletiekbyeenkoms die o/19 200 m in ‘n rekordtyd van 24,80 s gewen. Dit staan na afloop van Saterdag se byeenkoms steeds.
24 Feb 2025 4AM 8 min

Begin jou eie organiese groentetuin

Elsabe de Bruyn, 'n organiese groentetuin konsultant, het tydens die Saterdag Ontbyt met Charles kom gesels oor hoe om jou eie, organiese groentetuin te begin.
24 Feb 2025 3AM 19 min

Manlike gesondheid: Doen hierdie twee toetse

Mans los hul gesondheid agterweë. Moenie, sê uroloog dr. Brighton Mashava. Hy raai vroue aan om hul mans se testosteroon te laat toets as hul gedrag verander - en nie op te hou tot bepaal wat die oorsaak is nie. Dit kan op ernstige toestande dui. Hy sê mans moet…
21 Feb 2025 7AM 16 min

Laeveld Interhoër môre by Rob Ferreira

Mopani Apteek is trots Laeveld en daarom nou betrokke en groot ondersteuners van die Laeveld Interhoër wat môre plaasvind. Rita Erasmus, bemarkingsbestuurder, gesels met Sonop Ontbyt.
21 Feb 2025 3AM 11 min

Metaalmaatskappy gaan groen

MMC het 'n ooreenkoms aangegaan met NOA om voortaan 70% van hul elektrisiteitsverbruik vanaf hernubare bronne te kry. Louis Nel gesels met Kies Koers.
19 Feb 2025 8AM 12 min

Ride for a Child 2025

Dr. André Hattingh van Pediatric Care Africa is op besoek aan die Laeveld want hy is besig met die jaarlikse Ride for a Child-motorfietsrit om fondse in te samel vir kinders wat mediese sorg benodig.
18 Feb 2025 6AM 9 min

Beplan volgens wat jy weet, sê ekonoom

Die Ekonoom Dawie Roodt was een van die gassrepekers by die AmberMac Ekspo wat verlede week aangebied is. Hy sê 'n sakeonderneming kan nie landsbeleid bepaal nie, maar jy kan daarvolgens beplan.
18 Feb 2025 5AM 10 min

50 jaar rekord in visier met 50 jaar reünie

50 jaar gelede het Marna de Villiers (nou Van der Burgh) by die Interhoër-atletiekbyeenkoms die o/19 200 m in ‘n rekord tyd van 24,80 s gewen. Vanjaar vind die Inter weer by Hoërskool Rob Ferreira in Witrivier plaas en Marna se alma mater, Hoërskool Barberton, hou reünie. Hannes Davel vertel…
18 Feb 2025 5AM 8 min

Nocore genomineer vir Fiësta

Walter Fourie van die Nocore Ensemble kuier in die ateljee want die groep is genomineer vir 'n Fiesta-toekenning vir hul vertoning by Innibos 2024.
14 Feb 2025 12AM 7 min

PSA: Vakbond vergader oor uitdagings

Staatsdienswerkers in Mpumalanga ervaar uitermatige uitdagings by hul werksplekke, sê Flip van der Walt van die PSA gesels met Kies Koers. Dit na Mbombela verlede week kragtoevoer na gebou afgesny het weens wanbetaling en voortdurende uitdagings by die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela.
12 Feb 2025 7AM 12 min

'Nuwe' CEO vir KLCBT

Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT) is uiteindelik formeel for uitvoerende beampte bevorder.
12 Feb 2025 2AM 8 min

Beleef die LDV T60

Sonop Ontbyt se Neels Kemp bestuur die afgelope twee weke die LDV T60 van SAIC Motors en dit was 'n ongelooflike ervaring. Hy gesels daaroor met Martin Hodgkinson van Nel Auto.
7 Feb 2025 3AM 19 min

GRIP veg om deure oop te hou met verlies aan Pepfar-fondse

Die Greater Rape Intervention Programme (GRIP) is een van die vele plaaslike organisasies wat baie negatief geraak ord deur die bevriesing van befondsing van die VSA president se noodplan vir Vigs-verligting (PEPFAR) wat geïmplementeer word deur die Amerikaanse Agentskap vir Internasionale Ontwikkelingprogram (USAID). Tarryn Lokotsch van GRIP gesels met Kies…
3 Feb 2025 8AM 10 min
32 – 52