Die Mpumalanga Blind Skills Development Hub groei met rasse skrede. Ter ondersteuning is jy genooi om saam te kom potjiekos maak. Prince Ngema, Zandré Pelser en Fanie Msiza kuier in die ateljee.
Die Airlink Pumas is na die eerste ronde van die SA Beker weens hul punteverskil van 68 eerste bo-aan die punteleer. Hulle het Vrydag met 75-7 oor die Phangela SWD Arende geseëvier by Mbombela-stadion. Hulle speel Saterdag weg teen die Oostelike Provinsie in Gqeberha en die naweek daarna weer tuis…
Anton Goosen vier vanjaar 50 jaar in die musiekbedryf. Hy gesels met Amanda oor sy loopbaan voor musiek (in die onderwys) en sy jongste vrystelling "Tik Tok (die ballade van Klasie Frik van Staden)".
Die Mpumalanga Premier, Mandla Ndlovu, se provinsiale rede Vrydag was besonder teleurstellend. Bosman Grobler van die DA sê opposisiepartye stem saam dat hulle graag wil sien hy kry dinge gedoen. Hy het eerder ou beloftes herhaal en doelwitte aangekondig sonder 'n plan oor hoe om hulle te bereik.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.