100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,808 Episodes
1092 – 1112

Laeveld nuus - Week 18 van 2022

In die nuus uit die Laeveld die week: # Hillary Gardee Saterdag tot ruste gelê # Ryloper skiet glo twee wat hom probeer beroof # Veldwagter in wildtuin dood na voorval met buffel # En die Elands-marathon is terug Luister die hooftrekke hier.
6 May 2022 6AM 5 min

Lefpa gereed vir Laeveld brandseisoen

Die Laeveldse brandseisoen is om die draai, en dit is daarom nou die tyd om vir dit voor te berei. Só sê André Scheepers van die Laeveld Brandbeskermingsvereniging (Lefpa). Brandseisoen is amptelik vanaf 1 Junie tot einde Oktober, wanneer almal permitte benodig om voorbrande te mag doen, wat eiendom teen…
6 May 2022 4AM 1 min

Ryloper skiet glo twee wat hom probeer beroof

Twee mans wat vanoggend probeer het om 'n ryloper vir wie hulle ‘n geleentheid gegee het te beroof, is doodgeskiet. Volgens die polisie het hulle ‘n man op die N4 by Valencia opgelaai, en afgedraai na Croc Valley, waar hulle hom met ‘n mes probeer beroof het. Die man het…
5 May 2022 8AM 1 min

Koeëlwond ontdek aan Hillary Gardee

Die polisie in Mpumalanga sê hulle gaan nie elke stadium van hul ondersoek na die moord op Hillary Gardee openbaar maak nie. Dit volg na die EFF bekend gemaak het dat sy ‘n koeëlwond agter haar kop gehad het. Die dogter van die gewese sekretaris-generaal van die party, Godrich Gardee,…
5 May 2022 2AM 1 min

Krugerwildtuin sê oor olifant-bevolking

Die Krugerwildtuin sê hul doelwit is nie op olifantgetalle te reguleer nie, maar eerder impakte op 'n gelokaliseerde skaal te bestuur. Dit is in reaksie op die versoek van Wildbedryf Suid-Afrika (WRSA) wat vra dat die uitdunning van olifante so spoedig moontlik weer hervat word, om erge skade aan natuurlewe…
3 May 2022 8AM 1 min

DA vra LUR moet ingryp by Mpumalanga munisipaliteite se Eskom-skuld

Die DA het die LUR vir samewerkende regering in Mpumalanga, Busisiwe Shiba, gevra om in te gryp en te verseker plaaslike owerhede betaal Eskom wat hulle verskuldig is. Trudie Grovè-Morgan sê die veral sake-ondernemings word gekniehalter deur lasvermindering wat sedert Maandag in dele van Ehlanzeni en Nkangala Distrikte toegepas word…
29 Apr 2022 7AM 1 min

Elf vermeende Chroom-diewe in Witbank vasgetrek

Elf verdagtes is gister in Witbank gearresteer nadat sowat 5-miljoen-Rand se Chroom tydens ‘n klopjag in ‘n pakhuis ontdek is. Volgens die polisie se Donald Mdluli is hulle deel van ‘n groep wat na bewering die chroom van treine tussen Ferro Metals Witbank en Richardsbaai steel en aan kopers in…
29 Apr 2022 6AM 1 min

Vier in Nelspruit gevonnis wat inkomstediens bedrieg

Drie mense en 'n maatskappy is die week in die Nelspruit-hof gevonnis vir bedrog en oortreding van die Wet op Belastingadministrasie. Volgens die Valke het hulle in Maart 2019 bedrieglike opgawes by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens ingedien en so ongeveer 400-duisend-Rand teruggekry. Klaas Thokwane, Wendy Mkhatshwa en Vusi Mdluli is elk…
29 Apr 2022 5AM 1 min

DA sê Thaba Chweu munisipale bestuurder is onreëlmatig in haar pos

Die DA in Mpumalanga het ‘n mosie ingedien om dringend ‘n spesiale raadsvergadering te belê oor die indiensnemingskontrak van die munisipale bestuurder in Thaba Chweu-munisipaliteit. Raadslid Comfort Sibiya beskuldig die burgemeester, Friddah Nkadimeng, dat sy die raad mislei oor die aanstelling van Sphiwe Matsi. Volgens die party toon korrespondensie van…
28 Apr 2022 10AM 1 min

Bloedbank vra dringend skenkings

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens het ‘n beroep gedoen op die publiek om dringend bloed te skenk. Hulle ervaar tans ‘n kritieke tekort aan bloed, met voorraadvlakke van onder meer O-bloed wat op slegs 3 dae staan - vêr onder die vyf-dag voorraad wat hulle teiken. Ronald Marsh van die Laeveld-bloedbank-tak…
28 Apr 2022 5AM 1 min

Man vas vir 100 kg dagga

'n Man is in Carolina betrap met meer as 170-duisend-Rand se dagga. Volgens die polisie is die 28-jaige Sifiso Nkomo aangekla van onwettige daggahandel. Hulle ondersoek ook of hy die dagga van Eswatini die land ingesmokkel het. Hy is Maandag aangekeer tydens 'n patrollie deur polisielede wat sy bakkie gestop…
27 Apr 2022 5AM 1 min

Nog twee stropers vasgetrek is KNP

Twee vermeende stropers bly tot 4 Mei in aanhouding, na hulle Vrydag in die wildtuin deur veldwagters aangekeer is. Volgens die polisie het Patrick Nguntshane en Freddie Mahlaule die Krugerwildtuin in die Onder Sabie-omgewing uit Mosambiek betree. Donald Mdluli sê hulle ondersoek ook hul wettige status in Suid-Afrika.
26 Apr 2022 4AM 1 min

Vermeende korrupte veldwagters bly in aanhouding

Die twee veldwagters van die Krugerwildtuin wat aangekla word van korrupsie, bedrog en geldwassery het gister in die Skukuza-hof verskyn. Daniel Maluleke en Solly Ubisi is Saterdag in Skukuza in hegtenis geneem weens bewerings dat hulle taktiese inligting aan renosterstroping-sindikate verskaf het in ruil vir groot bedrae geld. Volgens die…
26 Apr 2022 4AM 1 min

Country Spectacular die naweek by Blue Moon

Van die grootste name in Suid-Afrikaanse Country musiek is hierdie naweek saam te sien in die Laeveld. Die Country Spectacular vind Saterdag by Blue Moon buite Nelspruit plaas. Clive Bruce, Nadine Burness, Tommy Dell, Billy Forest, Manie Jackson, Lee Magnum en Barbara Ray is almal deel van die konsert. Organiseerder…
25 Apr 2022 6AM 1 min

Drie vas oor dagga

Twee mans en ‘n vrou, almal tussen 57 en 61 jaar oud, sal vandag in die Elukwatini-hof verskyn op klagte van daggahandel. Hulle is Saterdag naby die Oshoek-grenspos aangekeer toe hulle Suid-Afrika vanaf Eswatini deur ‘n heining binnegekom het in hul bakkie. Volgens Donald Mdluli is dagga ter waarde van…
25 Apr 2022 6AM 1 min

Innibos hou eersdaags in jou huis teater

En ten slotte: Innibos skop eersdaags af met die In Jou Huis teater-reeks. Vanjaar se fees, met die tema “Heeltyd Feestyd” is ‘n klomp kleiner kuns geleenthede wat deur die jaar versprei is. Philna Scholtz, Innibos Programbestuurder, sê die musiekteater-reeks skop op 4 Mei af met Johny Klein en Frazer…
22 Apr 2022 4AM 1 min

DA sê Mpumalanga-munisipaliteite op die rand van bankrotskap

Die DA in Mpumalanga sê hulle het die LUR vir samewerkende regering in die provinsie gevra om in te gryp by munisipaliteite, wat volgens die party op die rand van bankrotskap staan. Trudie Grovè-Morgan sê Mbombela, Thaba Chweu, Emalahleni en Msukaligwa het operasionele begrotingstekorte met die gevolg dat hulle nie…
22 Apr 2022 4AM 1 min

Geoloë tevrede met Makhonjwa-boorwerk

Boorwerk aan die Moodies-BASE Projek in die Makhonjwa-berge is goed op dreef. Geoloë boor reeds verskeie maande in hierdie UNESCO Wêreld-erfenisgebied. Hulle hoop dat hierdie goed bewaarde rotsmonsters navorsers sal help om te bepaal hoe die aarde en lewe daarop gevorm is. Phumelele Mashele sê hulle is baie tevrede met…
21 Apr 2022 8AM 1 min

Penryn se Miela Banza skitter by nasionale swem-kampioenskappe

Penryn Prep se Miela Banza het van die onlangse Suid-Afrikaanse Nasionale Akwatiese Kampioenskappe drie goue medaljes losgeswem. Die 12-jarige het die 50 meter, 100 meter, en 200 meter borsslag vir meisies onder 13 gewen. Sy het by die byeenkoms ook die finaal gehaal in die 200 meter wisselslag. Haar afrigter,…
20 Apr 2022 9AM 1 min

Lions-klub Nelspruit reik uit na KZN se vloedslagoffers

Die Nelspruit Lions-klub het 'n projek geloods om noodvoorraad in te samel vir mense wat deur die vloede in KwaZulu-Natal geaffekteer word. Koos Schoonraad van die klub sê dit bied die Laeveld-gemeenskap die geleentheid om hulp te verleen. Alle skenkings as deur Lions-klubs in KwaZulu-Natal versprei na waar dit nodig…
20 Apr 2022 7AM 1 min
1092 – 1112