Elf vermeende Chroom-diewe in Witbank vasgetrek

Loading player...
Elf verdagtes is gister in Witbank gearresteer nadat sowat 5-miljoen-Rand se Chroom tydens ‘n klopjag in ‘n pakhuis ontdek is.
Volgens die polisie se Donald Mdluli is hulle deel van ‘n groep wat na bewering die chroom van treine tussen Ferro Metals Witbank en Richardsbaai steel en aan kopers in Gauteng verkoop.
Die verdagtes sal aangekla word van die onwettige besit van Chroom asook oortreding van die Immigrasiewet.
29 Apr 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min