Ryloper skiet glo twee wat hom probeer beroof

Loading player...
Twee mans wat vanoggend probeer het om 'n ryloper vir wie hulle ‘n geleentheid gegee het te beroof, is doodgeskiet. Volgens die polisie het hulle ‘n man op die N4 by Valencia opgelaai, en afgedraai na Croc Valley, waar hulle hom met ‘n mes probeer beroof het. Die man het beide geskiet. Een is op die toneel dood en die ander een op pad na die hospitaal. Hulle is nog nie geïdentifiseer nie. Polisiewoordvoerder, Donald Mdluli, sê hul silwer-grys Polo word moontlik aan ander soortgelyke voorvalle in die Nelspruit-omgewing verbind.
5 May 2022 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min