DA sê Thaba Chweu munisipale bestuurder is onreëlmatig in haar pos

Loading player...
Die DA in Mpumalanga het ‘n mosie ingedien om dringend ‘n spesiale raadsvergadering te belê oor die indiensnemingskontrak van die munisipale bestuurder in Thaba Chweu-munisipaliteit.
Raadslid Comfort Sibiya beskuldig die burgemeester, Friddah Nkadimeng, dat sy die raad mislei oor die aanstelling van Sphiwe Matsi.
Volgens die party toon korrespondensie van LUR vir samewerkende regering dat Nkadimeng reeds in Augustus aangesê is om haar kontrak aan te pas en is Matsi dus onreëlmatig in haar pos.
28 Apr 2022 10AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min