Die provinsiale voorsitter en Mpumalanga premierskandidaat vir ActionSA, Thoko Mashiane, sê die party se topprioriteit is om die energiekrisis in die land aan te spreek. ActionSA het gister sy premierskandidate vir Mpumalanga, die Oos-Kaap en die Vrystaat bekendgemaak. Mashiane was vroeër ‘n munisipale bestuurder en vroueleier in die ANC se…
’n 52-jarige finansiële beampte by ‘n laerskool in Delmas het gister in die Delmas-landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog. Volgens die Valke het Larrisa Aloma Vern tussen Maart en November verlede jaar meer as 2-miljoen-Rand uit die skool se bankrekening na haar eie private rekeninge oorbetaal. Die woordvoerder van die…
‘n Senior Eskom-tegnikus het gister in die hof verskyn op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery. Volgens die Valke in Mpumalanga was die 51-jarige Nkhetheni Percy Ramaru ‘n aandeelhouer van ‘n maatskappy wat in Augustus 2022 met Eskom sake gedoen het, sonder dat hy dit verklaar het. Ramaru is borgtog…
# Drie Mosambiekse burgers verskyn vandag in die Komatipoort-landdroshof op aanklagte van die besit van gesteelde voertuie, na hulle Maandag naby die Lebombo-grenspos gearresteer is. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, is die twee Toyota RAV 4's na bewering vroeër die maand in onderskeidelik Edenvale en Garsfontein in…
Die provinsiale polisiekommissaris, Luitenant-generaal Semakaleng Manamela, het die arrestasie verwelkom van twee vermeende kinderverkragters. 'n 39-jarige pastoor het gister in die Mkhuhlu-landdroshof verskyn op aanklagte dat hy 'n 15-jarige lid van sy kerk verkrag het. 'n 52-jarige man het ook in die landdroshof in Bosbokrand verskyn vir die beweerde verkragting…
Die DA in Mpumalanga gaan vrae in die wetgewer rig aan die LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini, omdat geen een van die openbare hospitale in die provinsie aan die minimumvereistes voldoen om die Nasionale Gesondheidsversekering te implementeer nie. Die party se woordvoerder oor gesondheid, Jane Sithole, sê mediese fasiliteite makeer…
Die polisie waarsku die publiek teen bedrieërs wat jongmense teiken wat desperaat is om verder te studeer na skool. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, word voornemende studente deur mense genader wat hulle voordoen as goed verbind met, of werknemers van, tersiêre leerinstellings en wat hulle kan help…
‘n 40-jarige voormalige werknemer van Eskom het Vrydag in die Middelburg-streekshof verskyn vir vermeende bedrog, korrupsie en geldwassery. Thandi Ruth Magagula het tussen April 2013 en Julie 2015 as veiligheidsrisikobestuurder gewerk. Volgens die Valke was sy gedurende hierdie tydperk ook 'n direkteur van twee maatskappye wat dienste aan Eskom gelewer…
’n 52-jarige finansiële beampte by ‘n laerskool in Delmas verskyn vandag in die Delmas-landdroshof op aanklagte van bedrog. Volgens die Valke het sy tussen Maart en November verlede jaar meer as 2-miljoen-Rand uit die skool se bankrekening na haar eie private rekeninge oorbetaal. Die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga,…
Twee verdagtes wat moontlik deel is van ‘n voertuigdiefstal-sindikaat is in Witbank in hegtenis geneem. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, was hulle glo in besit van seinblokkeerders, wat ingespan word om voertuie te steel. Mdhluli sê die deurbraak was te wyte aan ‘n multidissiplinêre span. Beide verdagtes,…
Vyf verdagtes het gister vlugtig in die Komatipoort-landdroshof verskyn weens die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie. Volgens die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, is hulle Dinsdagaand deur lede van die Durban-haweowerheid wat in Mpumalanga ontplooi is, gearresteer. Hulle is in 'n Land Cruiser voorgekeer by die Mananga/Coopersdal-afdraai buite Komatipoort. Die…
Vier beskuldigdes het gster in die Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof in Middelburg verskyn op aanklagte van bedrog, diefstal en geldwassery. Daar word beweer dat Nontuthubo Surprise Mahweliri, ‘n onderhoudsbestuurder by Eskom se Hendrina-kragstasie, aan Eskom wanvoorgee het dat sy nié met die entiteit sake doen nie, terwyl sy 'n aandeelhouer was van…
Die Valke in Mpumalanga waarsku teen 'n toename in ontvoerings. Die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê slagoffers se families of werkgewers word gewoonlik gekontak om die losprys te betaal. Sy vra dat mense die owerhede kontak wanneer hulle eise vir lospryse vir hul naastes ontvang.
Drie verdagtes, tussen 20 en 38 jaar oud, verskyn vandag in die Nelspruit-landdroshof vir die moord op dr. Nicholas Procter. Die 40-jarige narkotiseur is Donderdagmiddag dood gevind in ‘n huis in Green Valley Estate in Mbombela na hy die oggend as vermis aangemeld is. Volgens ‘n polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli,…
Die LUR vir Onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, vergader vandag saam met die adjunkminister van Basiese Onderwys, Doktor Reginah Mhaule, met alle skoolhoofde in Bohlabela-distrik. ‘n Woordvoerder van die Departement, Jasper Zwane, sê die distrik het ‘n matriekslaagsyfer van sowat 10 persentasiepunte minder as in 2022 behaal. Die doel van…
‘n 27-jarige Zimbabwiese burger bly in aanhouding na sy verskyning gister in die Barberton-landdroshof op aanklagte van die besit van plofstof en oortreding van die Wet op Immigrasie. Thaimo Ndlovu is Vrydag tydens ‘n multidissiplinêre operasie in Barberton gearresteer. Verskeie ploftoestelle en -toebehore is by sy huis gevind. Volgens die…
Die DA in Thaba Chweu sê hulle kon daarin slaag om te verhoed dat die ANC-meerderheid in die stadsraad 500-miljoen-Rand in ongemagtigde, onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes afskryf. Volgens die DA-raadslid, Comfort Sibiya, is die raad Woensdag tydens ‘n spesiale raadsvergadering aangeraai om die uitgawes wat sedert 2021 oor twee…
Vier verdagtes verskyn vandag in die hof in Wakkerstroom vir sakeroof en besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen. Hulle is Vrydag gearresteer na ‘n poskantoor in Wakkerstroom beroof is. Drie gewapende mans het glo tydens die betalings van maatskaplike toelaes toegeslaan en werknemers forseer om die kontnantkluis oop te maak. Hulle…
‘n 35-jarige Zimbabwiese burger verskyn vandag in die Barberton-landdroshof vir die besit van plofstof en oortreding van die Wet op Immigrasie. Hy is Vrydag tydens ‘n multidissiplinêre operasie in Barberton gearresteer. Verskeie ploftoestelle en -toebehore is by sy huis gevind. Volgens die Valke is dit vanuit Zimbabwe ingevoer om aan…
‘n 28-jarige verdagte is onder polisiebewaking in die hospitaal na hy beserings opgedoen het terwyl hy Saterdagoggend in Kwamhlanga uit aanhouding probeer ontsnap het. Die man is aanvanklik vir huisbraak gearresteer. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, het hy ‘n polisiebeampte gestamp en oor ‘n muur gespring, maar…
5 Feb 2024 4AM
1 min
340 – 360
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.