Polisie waarsku teen studieslenters

Loading player...
Die polisie waarsku die publiek teen bedrieërs wat jongmense teiken wat desperaat is om verder te studeer na skool. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, word voornemende studente deur mense genader wat hulle voordoen as goed verbind met, of werknemers van, tersiêre leerinstellings en wat hulle kan help om keuring en verblyf te verseker - teen ‘n prys. Mense is gewaarsku om kortpaaie te vermy en om navorsing te doen omdat baie van die instellings nie eens bestaan nie.
11 Feb 2024 11PM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min