Nog 'n Eskom-werknemer vas weens bedrog

Loading player...
‘n 40-jarige voormalige werknemer van Eskom het Vrydag in die Middelburg-streekshof verskyn vir vermeende bedrog, korrupsie en geldwassery. Thandi Ruth Magagula het tussen April 2013 en Julie 2015 as veiligheidsrisikobestuurder gewerk. Volgens die Valke was sy gedurende hierdie tydperk ook 'n direkteur van twee maatskappye wat dienste aan Eskom gelewer het, en sy het versuim om die botsing van belange te verklaar. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, het dit die kragverskaffer nagenoeg 58-duisend-Rand gekos. Die saak is tot 26 Maart uitgestel.
11 Feb 2024 11PM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min