Landelike veiligheid lede help polisie om poskantoor-rowers aan te keer

Loading player...
Vier verdagtes verskyn vandag in die hof in Wakkerstroom vir sakeroof en besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen. Hulle is Vrydag gearresteer na ‘n poskantoor in Wakkerstroom beroof is. Drie gewapende mans het glo tydens die betalings van maatskaplike toelaes toegeslaan en werknemers forseer om die kontnantkluis oop te maak. Hulle kon met ‘n onbekende bedrag geld vlug. Hul voertuig is kort daarna deur lede van die landelike veiligheid-inisiatief van naburige plase opgemerk. Die polisie kon die voertuig voorkeer en die mans aankeer. Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli:
5 Feb 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min