Die polisie in Mpumalanga het ‘n deurbraak gemaak teen onwettige mynbedrywighede met die arrestasie Dinsdag van 14 vermeende onwettige myners. Volgens brigadier Selvy Mohlala is die intelligensie-gedrewe operasie by die Schoogezight steenkoolhoop uitgevoer. Die verdagtes sal na verwagting in die Emalahleni-hof verskyn vir onwettige mynbedrywighede, asook bedrog, nadat hulle ‘n…
'n Vermeende dwelmhandelaar verskyn vandag in die hof nadat hy gister aangekeer is met behulp van inligting wat die gemeenskap aan die Mpumalanga polisie verskaf het. Hulle het reageer op inligting dat die verdagte in die Pankop-omgewing dwelms verkoop. Dagga, nyaope, onwettige sigarette, kontant en 'n polisie-reflekteerbaadjie is in die…
Die onderwysdepartement het ouers gevra om Vrydag saam met hul kinders hul graad 12 uitslae by skole te gaan afhaal, sodat onderwysers die puntestate kan verduidelik. Meer as 62-duisend leerlinge in Mpumalanga het in 2021 die matriekeindeksamen afgelê. Die departement teiken ‘n slaagsyfer van 83-persent in die provinsie. Die departement…
Sowat 15 gewapende mans word gesoek, nadat hulle Sondagaand drie Pakistanse burgers in Hazyview beroof het. Volgens die polisie het hulle die huis se hek en deure oopgebreek. Volgens inligting het sommige van die aanvallers polisie-uniforms en Valke-baadjies gedra. Die slagoffers is ook in die rug gesteek voor hulle met…
‘n Jong moordenaar is gister tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis in die Belfast-landdroshof. Lebogang Choma het in 2017, as 18-jarige, die 22-jarige Nkopodi Makgokga noodlottig gesteek tydens ‘n argument oor ‘n meisie. Die provinsiale polisiekommissaris, luitenant-generaal Semakaleng Manamela, het by monde van polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, die ondersoekers geloof.
Hoërskool Nelspruit bied op 26 Februarie die interhoër aan, na dié vriendskaplike atletiek-byeenkoms in 2021 glad nie kon plaasvind nie. Hoof, Johan Hattingh, sê dit beloof om die leerlinge 'n stukkie "normaal" te bied te midde van die pandemie. Die atlete sal na raming sowat die helfte van die toegelate…
‘n Vermeende renosterstroper is Vrydag deur die Valke aangekeer. Die Valke het Rogerio Domingos Moiane gearresteer tydens sy hofverskyning vir die besit van renosterhoring in Delmas op ‘n ander aanklag van renosterstropery. Volgens kptein Dineo Sekgotodi is Moiane aanvanklik in Maart 2016 in Kaapmuiden vasgetrek in besit van ‘n ongelisensieerde…
Twee mans sal vandag formeel vir borgtog aansoek kan doen wanneer hulle in die Barberton-landdroshof verskyn. Hulle is verlede week aangekeer in besit van plofstof. Volgens die polisie was beamptes besig om na ‘n moordverdagte te soek, toe hulle op die twee afkom in ‘n wit Fiat bakkie. Een het…
Die polisie soek na ‘n sakeman van Schoemansdal wat na bewering twee mense van Pakistan ontvoer het. Volgens brigadier Selvy Mohlala is hulle die land binne gesmokkel via Malawi en Mosambiek en met hul aankoms deur die verdagte gevangene gehou. Een se familie het ‘n losprys betaal, terwyl die ander…
En in sport: Die 2022 Curriebeker skop vanaand af met die eerste wedstryd tussen die Pumas en Vodacom Bulls by Mbombela-stadion. Toeskouers word weens Covid-19-regulasies beperk en ondersteuners moet hul inentingsertifikaat by die ingang kan toon. Pumas afrigter, Jimmy Stonehouse, sê hulle sien baie daarna uit om weer voor toeskouers…
Drie gewapende rowers is gisteraand dood in ‘n skietgeveg met die polisie in Tonga. Volgens brig. Selvy Mohlala het ‘n groep gewapende mans ‘n plaaslike supermark binnegestorm en televisiestelle, sigarette, lugyd-koepons en kontant geroof. Die polisie het hulle in hul wegkomvoertuig opgespoor. Na bewering het die rowers op hulle gevuur…
'n Man is vanoggend amper sy graaf kwyt, toe 'n grypdief dit van agter op sy bakkie gesteel het. 'n Ooggetuie, Deon Meyer, het agter die betrokke bakkie gewag om regs te draai op Madiba-Rylaan by die Samora Machel-kruising toe hy dit sien gebeur. Hy en die slagoffer het die…
Drie mans is gister swaar gevonnis in die Mpumalanga Hooggeregshof vir ‘n moord wat hulle in Junie 2019 gepleeg het. Vusi Sihlabela, Karabo Makhubedu en Norman Mokoena het ‘n man van sy beursie beroof in ‘n drinkplek in Marite naby Hazyview. Toe hulle uitvind hy het die saak by die…
Kollegas van die bevelvoerder van Elukwatini-polisiestasie, kol. Beauty Marivate (55), het gister van haar afskeid geneem. Sy is op 30 Desember doogeskiet toe sy gereageer het op 'n noodroep oor 'n sakeroof en verdagtes op haar voertuig losgebrand het. Sy is gewond en is hospitaal toe gehaas, waar sy aan…
Vier verdagtes tussen 28 en 30 jaar oud sal na verwagting vandag in die Barberton-landdroshof verskyn vir die besit van drie ongelisensieerde pistole en ammunisie. Volgens brigadier Selvy Mohlala is die Nelspruit-blitspatrollie en Kaapmuiden SAPD verwittig oor 'n verdagte Toyota Corolla, wat hulle kort daarna op die N4 naby Kaapmuiden…
Verskeie graad een en agt leerlinge wag nog vir plek in skole in Mbombela en Witrivier. Die akademiese jaar skop Woensdag af. Volgens die provinsiale onderwysdepartement, benodig 214 graad agt en 213 graad een leerders plek in Mbombela, en 33 graad agt en 35 graad eens in Witrivier. Lucy Moyane,…
Sowat agt gewapende mans het gisteraand ‘n Sunbake bakkery in Bosbokrand beroof. Volgens brigadier Slevy Mohlala het hulle om ongeveer half 12 die bakery bestorm. Hulle het sekerheidswagte wat in ‘n bakkie by die hek geparkeer was, van hul vuurwapens beroof en in ‘n kantoor toegesluit. Hulle het met plofstof…
Dr. Donnie Engelbrecht het Maandag een van die Kaapsehoop wilde perde uit 'n strik verlos. Die merrie se been is gelukkig nie erg beskadig nie. Engelbrecht sê strikke is egter geensins die grootste bedreiging van die perde nie. Voertuie wat hulle tref is 'n groot gevaar.
‘n 28-jarige verdagte is aangekeer vir ‘n sakeroof wat Dinsdag by ‘n poskantoor naby Bosbokrand uitgevoer is deur ‘n groep van ongeveer 10 gewapende mans. Volgens brig. Selvy Mohlala het hulle die werknemers beveel om op die vloer te lê en een gedwing om die kluis oop te maak. Skote…
Die Barberton DBV het ‘n rowwe begin aan 2022 beleef toe ‘n groot boom se vallende tak die naweek van hul infrastruktuur beskadig het. Dít na 2021 gekenmerk is deur inbrake en pogings tot inbrake by hul kennels. Marlies Liebenberg sê geen van die diere is gelukkig beseer nie. Die…
4 Jan 2022 5AM
1 min
1200 – 1220
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.