Pumas opgewonde om toeskouers terug te verwelkom

Loading player...
En in sport: Die 2022 Curriebeker skop vanaand af met die eerste wedstryd tussen die Pumas en Vodacom Bulls by Mbombela-stadion.
Toeskouers word weens Covid-19-regulasies beperk en ondersteuners moet hul inentingsertifikaat by die ingang kan toon.
Pumas afrigter, Jimmy Stonehouse, sê hulle sien baie daarna uit om weer voor toeskouers te kan speel.
Kaartjies is beskikbaar by die stadion se kaartjiekantoor teen R80 vir volwassenes en R20 per kind. Die wedstryd kan ook regstreeks gevolg word op 100.5FM met kommentaar van RadioRugby.
Die afskop is om 19:00.
14 Jan 2022 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min