Departement tref voorsorg vir moontlike teleurstelling wanneer gr. 12's uitslae kry

Loading player...
Die onderwysdepartement het ouers gevra om Vrydag saam met hul kinders hul graad 12 uitslae by skole te gaan afhaal, sodat onderwysers die puntestate kan verduidelik.
Meer as 62-duisend leerlinge in Mpumalanga het in 2021 die matriekeindeksamen afgelê.
Die departement teiken ‘n slaagsyfer van 83-persent in die provinsie.
Die departement rva ook dat ouers nie onnodige druk op hul kinders plaas nie.
Woordvoerder Gerald Sambo sê hulle is bewus van die druk wat die uitslae op leerders en ouers plaas, en het professionele ondersteuning beskikbaar.
19 Jan 2022 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min