Drie gewapende rowers doodgeskiet in skietgeveg met polisie

Loading player...
Drie gewapende rowers is gisteraand dood in ‘n skietgeveg met die polisie in Tonga.
Volgens brig. Selvy Mohlala het ‘n groep gewapende mans ‘n plaaslike supermark binnegestorm en televisiestelle, sigarette, lugyd-koepons en kontant geroof.
Die polisie het hulle in hul wegkomvoertuig opgespoor. Na bewering het die rowers op hulle gevuur en met die terugskiet deur beamptes is drie verdagtes noodlottig gewond.
Een vermeende rower kon vlug.
14 Jan 2022 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min