OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,772 Episodes
480 – 500

Prof. Frikkie Maré gesels oor die jongste inflasiesyfers

Prof. Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom aan die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor die jongste inflasiesyfers en die vrese wat daar was dat rentekoerse kon styg. Voedselinflasiesyfers behoort binnekort te stabiliseer. Maré voorspel dat rentekoerse nie binne die afsienbare tyd sal styg nie en noem dat daar selfs vroeg in…
28 Nov 2023 1AM 3 min

PM gesels met landbou-ekonoom, Dawie Maree, oor landbou-vooruitsigte

Dawie Maree is ‘n landbou-ekonoom, voorheen van Agri SA en nou van FNB. Maree gee ‘n positiewe voorspelling veral vir somergraanprodusente met die prys van brandstof wat daal. Maree gee ook sy mening oor die jongboere se positiewe bydrae tot die sektor.
27 Nov 2023 1AM 2 min

PM berig oor vleispryse en –produkte wat weer besig is om te herstel

Landbou-ekonome en ander kundiges het die afgelope tyd berig oor vleispryse en pryse van vleisprodukte wat nie soveel groei getoon het as in ander jare nie. Dit wil egter voorkom of daar ‘n stadige herstel te siene is en veral Namibiese vleispryse het in die laaste kwartaal tekens getoon van…
27 Nov 2023 1AM 1 min

PM gesels met die organiseerder van die Skaap- en Beesboer van die Jaar-Galafunksie

Kenneth Crampton is die Nasionale Bemarkingsbestuurder van Voermol in Durban en hoofborge van die jaarlikse Skaap- en Beesboer-kompetisie van Suid-Afrika. Crampton verduidelik die positiewe impak van die kompetisie op mede-boere, asook die voorbeeld wat dit stel op opkomende boere en nuwe toetreders tot die bedryf. Crampton gee verder sy indrukke…
23 Nov 2023 1AM 1 min

Hans-Jurie Moolman gesels oor die vergoeding van grondeise op ‘n plaas

Hans-Jurie Moolman is 'n regskundige wat spesialiseer in grondkunde en hy bespreek vandag die vergoeding van eise op plase. Hy verduidelik die werkswyse hiervan en wat die gevolge is wanneer ‘n grondeis toegestaan is en die Staat die grond wil aankoop en die huidige eienaar moet vergoed. Die Staat kan…
20 Nov 2023 1AM 5 min

PM berig oor die melkbedryf van SA se buurlande wat ook onder druk is

Die suiwelbedryf in Suid-Afrika se buurlande is ook onder druk nadat Zimbabwe suiwel leiers aangekondig het dat hulle suiwelkostes te hoog is. Volgens News Day is produksiekoste te hoog en word daar maatreëls in plek gestel om produsente by te staan. Selfs die hulp van voedingskundiges word ingeroep.
20 Nov 2023 1AM 1 min

Dr. Johnny van der Merwe gesels oor die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Graanprodukte is onder druk, maar beide wit- en geelmieliespotpryse het gestyg hierdie week. Sojapryse week-op-week het weer effens gestyg hierdie week, so ook sonneblompryse. Koringspotprys het weer gedaal, terwyl sorghumpryse ook effens gestyg het. Lusernpryse het…
15 Nov 2023 1AM 2 min

Dr. Johnny van der Merwe gesels oor die jongste vleispryse en –tendense

Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe, bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het weer effens verswak teenoor ‘n swakker dollar, hoofsaaklik as gevolg van rentekoerse. Hierdie week het speenkalfpryse weer effens gedaal. Stoorlammerpryse het effens gedaal. Slagpryse kan binne die volgende twee weke styg. Laer pyse vir…
15 Nov 2023 12AM 3 min

Prof. Frikkie Maré gesels vandag oor die redes vir die lae vleispryse

Prof. Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom aan die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor redes vir die lae vleispryse. Skaap- en beespryse is, soos in ander wêrelddele heelwat laer as vorige jare. Australiese pryse het veral sterk afgeneem. Redes vir Suid-Afrika se lae pryse is hoofsaaklik as gevolg die ekonomiese verval,…
14 Nov 2023 1AM 4 min

Hans-Jurie Moolman gesels oor die wettigheid van grondeise op ‘n plaas

Hans-Jurie Moolman is 'n regskundige wat spesialiseer in grondkunde en hy bespreek vandag die wettigheid van grondeise op ‘n plaas. Moolman verduidelik volledig hoe grondeise werk en hoe ‘n grondeienaar kan bepaal of dit wettige eise is aldan nie. Hy verduidelik verder die wetlike aspekte van hoe die eise ingestel…
13 Nov 2023 1AM 5 min

PM berig oor ‘n bewaringsgroep wat meer as 2 000 renosters gaan vrylaat

‘n Bedreigde subspesie, die witrenoster, het blykbaar slegs 18 000 diere in die wêreld oor en met die oorkoop van die bekende renosterplaas, Platinum Rhino van John Hulme in Noordwes, het die bewaringsgroep, African Parks, besluit om die renosters in die natuur vry te laat. Die proses van vrylating, gepaardgaande…
13 Nov 2023 1AM 1 min

PM berig oor die finaliste van die tiende kuilvoer-kompetisie wat pas aangekondig is

Santam Landbou se Kuilvoer-kompetisie het vanjaar weer groot belangstelling getoon. Dit is die tiende jaar wat dit plaasvind. Altesaam 102 inskrywings is ontvang van reg oor die land. 23 maatskappye het hulleself of hulle kliënte vir die kompetisie ingeskryf. Daar was drie formele kategorieë. Kuilvoerontledings is volledig gedoen en daar…
10 Nov 2023 1AM 2 min

Dr. Johnny van der Merwe gesels oor die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Graanprodukte is onder druk, maar beide wit- en geelmieliespotpryse het gedaal hierdie week. Sojapryse week-op-week, het weer effens gestyg hierdie week, grootliks as gevolg van die droogte in Brasilië. Koringspotprys het weer gedaal, terwyl sorghumpryse ook…
8 Nov 2023 1AM 2 min

Dr. Johnny van der Merwe gesels oor die jongste vleispryse en –tendense

Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe, bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het weer effens versterk teenoor ‘n swakker dollar. Die konflik in Gaza het steeds ‘n invloed op die olieprys, maar kan brandstofpryse in SA kan laat daal. Hierdie week het speenkalfpryse weer effens gestyg. Stoorlammerpryse…
8 Nov 2023 1AM 3 min

Prof. Frikkie Maré gesels oor die mediumtermynbegroting wat verlede week aangekondig is

Prof. Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom by die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor die mediumtermynbegroting wat verlede week aangekondig is. Die prentjie is nie baie positief vir Suid-Afrika nie. Maré verduidelik die invloed op die landbousektor. Hy voorpel dat belasting moontlik verhoog moet word om verligting vir die Staat en…
7 Nov 2023 1AM 4 min
480 – 500