OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,772 Episodes
460 – 480

Moenie 2023 net op prys oordeel nie

Prof Frikkie Maré, bekende landbou-ekonoom, gee 'n terugblik van die jaar se gebeure in die landbousektor op ekonomiese gebied.
18 Dec 2023 10PM 2 min

Moontlike oorsaak van olifantvrektes

Pieter Moller berig oor wat wetenskaplikes onlangs bevind het met betrekking tot olifantvrektes in Suid-Afrika 'n aantal jare gelede.
17 Dec 2023 10PM 1 min

Biologiese oes van wol

Nuwe tegnologie word tans ontwikkel om wol biologies te oes. Die doel is om biologiesgebaseerde skaaphantering en vagverwyderingstelsels te ontwikkel. Swak punte in wol moet geidentifiseer en hierdie verswakte wol word van skape verwyder.
14 Dec 2023 10PM 1 min

Grafte en begrafnisse op plase van mense wat nie op plase woon nie

Hans-Jurie Moolman is 'n bekende regskundige wat spesialiseer in grondkunde en hy bespreek vandag verder die onderwerp van grafte en begrafnisse op plase en die regte van eienaars en persone wat op die plaas bly en/of werk. Daar is verskeie wetgewings wat hierdie prosesse reguleer en Moolman verduidelik volledig hoe…
10 Dec 2023 10PM 4 min

Nuwe wolperse vir opkomende boere

Die Departement van Plaaslike Ontwikkelings en Omgewingsbestuur, het in die Oos-Kaap verdere projekte geloods om opkomende boere te bemagtig deur hul behoeftes aan te spreek met behoorlike toerusting om wol na skeer te verwerk en te kompakteer. Daarom is befondsing bewerkstellig vir die aankoop van wolperse. Net in die Oos-Kaap…
10 Dec 2023 10PM 1 min

Wolkontaminasie

Die Nasionale Wolkwekersvereniging lewer tans ‘n diens aan produsente om wolkontaminasie vroegtydig op te spoor en produsente daaroor in te lig. Die diens word deur die Woltrust befonds. Weeklikse terugvoering geskied deur wolkopers se foutrapportering.
7 Dec 2023 10PM 1 min

Eiers ingevoer om tekort aan te spreek

Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging verwelkom die aankondiging van die Minister van Landbou, Thoko Didiza, om eiers in te voer. Ander eierprodukte soos poeiereiers, bevrugte eiers en eiers in vloeibare vorm sal verwelkom word, terwyl Suid-Afrikaanse pluimveetroppe weer herbou word.
5 Dec 2023 10PM 1 min

Donkiemelk uit Botswana

Donkiemelk uit Botswana kan eerdaags op Zimbabwe se winkelrakke verskyn. Alhoewel Zimbabwe se donkiebevolking meer vir trekarbeid gebruik word, is daar nou sprake dat donkiemelk ook in Zimbabwe versprei gaan word. Navorsing het getoon dat donkiemelk oor talle gesondheidsvoordele beskik wat veral vir velgesondheid geskik is
4 Dec 2023 11PM 1 min

Grafte en begrafnisse op plase

Hans-Jurie Moolman is 'n bekende regskundige wat spesialiseer in grondkunde en hy bespreek vandag die onderwerp van grafte en begrafnisse op plase en die regte van eienaars en persone wat op die plaas bly en/of werk. Daar is verskeie wetgewings wat hierdie prosesse reguleer en Moolman verduidelik volledig hoe rolspelers…
3 Dec 2023 10PM 3 min

Meer voedsel vir minder koolstofvrystellings

Koolstofvrystellings van vee kan met tot 30% verminder word as dieselfde suksesvolle praktyke, wat tans in Australie toegepas word, wereldwyd gebruik word. Veeprodusente kan hierdeur hul produksie verhoog om in die toekoms aan die behoeftes van ‘n groter bevolking te voldoen.
3 Dec 2023 10PM 1 min

PM berig oor vleisverkope wat stadig begin styg

Die huidige vleispryse het wêreldwyd steeds nie die hoogtes bereik van verlede jaar dieselfde tydperk nie, maar die Australiese mark het wel ‘n effense verbetering getoon. Die vraag na rooivleis het egter daar toegeneem. Die kleinhandelprys het gedaal en dit het veroorsaak dat verbruikers wel meer vleis begin aanskaf het.
30 Nov 2023 1AM 1 min
460 – 480