Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Dougie Helmuth, ‘n besigheidsman van Douglas in die Noord-Kaap, is lid van die plaaslike skool se beheerraad en vertel van ‘n projek wat in 2013 begin is om die skool te ondersteun. Hy verduidelik van die bees- en mielieprojek en hoe geld ingesamel word deur skenkings aan die skool.
Nampo Kaap, wat vanjaar vir die vyfde keer aangebied is, het vanjaar vir ‘n rekordgetal bywoningsyfer gesorg. Meer as 35 000 besoekers het die vertoonvenster vir landbou by die fees in Bredasdorp in die Wes-Kaap bygewoon. Dit is meer as 3 000 meer besoekers as verlede jaar. Groot planne is…
Daar is goeie nuus vir die wildbedryf in Suid-Afrika, veral vir die KwaZulu-Natal provinsie. Nadat olifante vir bykans 150 jaar afwesig was in die Babanango-gebied van die provinsie, is wilde olifante onlangs na die 20 000 hektaar-gebied teruggebring. Die reservaat het weer 16 olifante gevestig en daar is groot hoop…
'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewendehawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied…
Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Graanprodukte is onder druk, maar beide wit- en geelmieliespotpryse het gestyg hierdie week. Sojapryse het week-op-week ook hierdie week gestyg. Sonneblomspotpryse het ook weer gestyg hierdie week. Koringspotpryse het weer gedaal, terwyl sorghumpryse ook effens gedaal…
Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe, bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het effens versterk teenoor die dollar. Die konflik in Israel het steeds ‘n invloed op die olieprys. Hierdie week het speenkalfpryse gestyg. Stoorlammerpryse het ook weer gestyg. Laer pyse vir November en Desember word steeds…
Volgens ‘n onlangse verslag van die Voedsel en Landbou-organisasie van die Verenigde Nasie (FAO) dra vee en veeprodukte by tot voedselsekuriteit. Vee speel ‘n groot rol in die bestuur van ekosisteme en selfs om grondvrugbaarheid te verbeter. Wêreldwyd is meer as ‘n miljard mense afhanklik van veewaardekettings vir hulle bestaan.
Prior Grange is ‘n historiese plaas in die Suid-Vrystaat waar hoofsaaklik met merinoskape geboer word. Die plaas het ‘n paar dekades gelede twee krieketvelde ontwikkel waar spelers oor die hele land bymekaar kom en jaarliks in ‘n toernooi deelneem. Stephen de Swardt verduidelik die ekonomiese inspuiting wat dit vir die…
Afrika se wilde leeubevolking neem drasties af en daar is verskeie redes hiervoor, soos onder meer globale aardverwarming en klimaatsverandering. Daar word vermoed dat ‘n land soos Kenia groot getalle leeus verloor het. Vermoede is dat 100 jaar gelede daar tot 200 000 leeus in Kenia was en huidiglik slegs…
Die Nasionale Wolkwekersvereniging het onlangs in hulle bedieningsgebied in die Oos-Kaap ‘n baie geslaagde kongres vir kommunale wolboere gehou. Tussen 600 en 800 produsente het die kongres bygewoon. Genetiese verbetering en die vestiging van teelskemas is onder die onderwerpe wat bespreek is.
Wildreservate in Kwazulu-Natal ondervind groot probleme met Transnet-treine wat groot skade veroorsaak deurdat verskeie wildspesies gedood is nadat hulle deur treine getref is. Skaars renosters tel ook onder hierdie wild, asook kameelperde en ander diere.
Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Graanprodukte is onder druk en beide wit- en geelmieliespotpryse het gestyg hierdie week. Sojapryse week-op-week styg ook hierdie week. Die konflik in Israel oefen ‘n invloed uit op pryse. Sonneblomspotpryse het ook weer gestyg hierdie week…
Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe, bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het effens verswak teenoor die dollar hierdie week en Amerikaanse rentekoerse is steeds hoog. Die konflik in Israel speel steeds ook ‘n rol in hierdie opsig. Hierdie week het speenkalfpryse gestyg. Stoorlammerpryse het weer gestyg…
Die Australiese skaapbedryf word jaarliks geknou deur luise wat produsente ongeveer 124 miljoen Australiese dollar uit die sak jaag. ‘n Nuwe produk is egter ontwikkel en is die eerste van sy soort aangesien dit ‘n mondelingse produk is wat vir skape toegedien word. Groot welslae is hiermee behaal wat produsente…
Navorsing het goeie vordering gemaak met die teel van hitte-bestande koeie. In Sao Paulo is groot sukses al behaal met koeie op ‘n melkplaas. Gladde velle word geteel en die koeie is gemaklik om tussen 5 en 25 grade Celsius te oorleef. Warmer toestande in die toekoms kan groot uitdagings…
Malawi se Parke- en Natuurlewe Departement het aangekondig dat die samewerking van gemeenskappe ingespan is om te help met die uitwissing van wildsmisdade. Statistieke toon 'n groot afname, bv die onwettige stroping van die ietermagog. Ook die stroping van ivoor het skerp afgeneem.
‘n Geskiedkundige plaas, Prior Grange in die Springfontein-distrik van die Suid-Vrystaat, is volgende naweek die tuiste van ‘n unieke kriekettoernooi met meer as 200 spelers van regoor Suid-Afrika. Die plaas wat sedert die 1800’s met geslagte heen in besit van die De Swardt-familie is, het twee volledige krieketvelde met 'n…
Charl Uys, voormalige President van SA Stamboek, is ‘n Bonsmara-teler wat tussen Kimberley en Warrenton in die Noord-Kaap boer. Uys vertel hoekom hy op die Bonsmara-ras besluit het en lig ‘n paar belangrike eienskappe van die beesras uit. Uys vertel ook van die landboutoestande in sy distrik en brei uit…
Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe, bespreek die afgelope week se graanpryse. Graanprodukte is onder druk en beide wit- en geelmieliespotpryse het gedaal hierdie week. Sojapryse het week-op-week daal hierdie week. Die konflik in Israel oefen ook ‘n invloed uit op pryse. Sonneblomspotpryse het ook weer gedaal hierdie week…
Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het effens versterk teenoor die dollar hierdie week. Beurtkrag, swak staatsfinansies en onsekere ekonomiese toestande is van die belangrikste oorsake hiervan. Die konflik in Israel speel steeds ook ‘n rol in hierdie opsig. Hierdie week…
18 Oct 2023 2AM
3 min
500 – 520
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.