Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
72 – 92

Drank en geweld stap hand aan hand

'n Onlangse studie deur die Suider-Afrikaanse Alkoholbeleidalliansie van Namibië, SAAPA, dui aan dat drank gebruik in Namibië direk verbind is met huishoudelike en ander geweld. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Verona du Preez, die voorsitter van SAAPA Namibië, gesê die studie is daarop gemik om die onderliggende…
1 Apr 6AM 1 min

Logistiek en die brandstofprys, en -voorsiening

Met brandstofpryse wat gestyg het, dra logistieke maatskappye swaar aan stygende koste. Kosmos 94.1 Nuus verneem dat buurlande hulle vragmotors volmaak by Namibiese pompstasies en dan deurstoot as gevolg van beperkings in voorsiening in buurlande. Dit plaas verdere druk op plaaslike bronne. Die nuusspan het met Leodolf Swanepoel, die hoofuitvoerende…
1 Apr 6AM 1 min

Verskeie paaie in Suide beskadig, herstelwerk het nog nie begin nie

Padgebruikers in die Karas-streek word versoek om versigtig te wees aangesien drie sleutelroetes steeds gesluit is na wydverspreide swaar reën en oorstromings, met die Padowerheid wat nog nie met herstelwerk begin het nie. Die betrokke roetes is distrikspad 205 wat DR269 met DR204 verbind, distrikspad 269 noord van Ariamsvlei, en…
1 Apr 6AM 1 min

Minister, Vivo sê oor brandstoftekorte landswyd

Na Dinsdag se paniekaankope is daar brandstof-uitdagings in die land. Talle vulstasies in die hoofstad, en op Rehoboth staan droog met ander wat net ‘n bietjie oor het. Walvisbaai se voorraad is blykbaar laer as dié van Swakopmund en enkele vulstasies op Okahandja het ook nog brandstof. Eienaars wat droog…
1 Apr 5AM 1 min

SA se brandstofprys vasstelling sal oor medium termyn hersien word

Die minister van Minerale en Petroleum Hulpbronne, Gwede Mantashe, sê hulle is besig om die brandstofprys-vasstelling oor die medium termyn te hersien. Die toenemende konflik in die Midde-Ooste het risiko’s op die wêreld se energiemarkte vergroot en plaas groot druk op plaaslike brandstofpryse. Die regering het die brandstofheffing tydelik met…
1 Apr 5AM 1 min

McHenry vra vir verhoogde besteding op die NDF

PDM-leier McHenry Venaani het die regering aangespoor om die Namibiese Weermag se vermoëns te moderniseer, in reaksie op toenemende geopolitieke spanning. Tydens parlementêre besprekings het hy die behoefte aan nuwe, gevorderde militêre toerusting beklemtoon om nasionale verdediging te verbeter en te verseker dat die mag behoorlik toegerus is om ontwikkelende…
1 Apr 4AM 1 min

Belegging: Cyril sê daar is 'n gaping tussen sentiment en kapitaalontplooiing

President Cyril Ramaphosa het gewaarsku dat, hoewel die sentiment verbeter het, die land nou beloftes in tasbare ekonomiese aktiwiteite moet omskakel. Dit volg nadat die sesde Suid-Afrikaanse Beleggingskonferensie, wat gister in Sandton gehou is, die hoogste beleggingsbeloftes ooit verseker het. In sy slottoespraak het Ramaphosa gesê daar is 'n gaping…
1 Apr 4AM 1 min

Broos sê Bafana Bafana het geleenthede laat gaan

Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, sê daar is talle areas waaraan hulle voor die Wêreldbeker moet werk. Hulle moet onder meer geleenthede beter benut. Suid-Afrika het gisteraand in Kaapstad in ʼn vriendskaplike wedstryd teen Panama geleenthede verspeel. Die twee spanne se wedstryd verlede Vrydag in Durban het gelykop geëindig…
1 Apr 3AM 1 min

Trump maak weer beloftes oor einde aan oorlog

President Donald Trump sê Amerika kan binne twee tot drie weke sy oorlog teen Iran beëindig. Hy het vroeër die week gedreig om Iran se energie-aanlegte te vernietig indien ʼn vredesooreenkoms nie bereik word nie, maar hou vol onderhandelinge vorder. Iran ontken dit egter. Trump het by die Withuis sy…
1 Apr 3AM 1 min

Kenner sê oor jou data en Starlink

Starlink gaan teen Cran se besluit om nie sy werksaamhede in die land goed te keur nie, apelleer. Die publiek kan ook op Starlink se webtuiste direk aan Cran appelleer. Nrupesh Soni, uitvoerende hoof van facilit8, het in 'n onlangse onderhoud op The Agenda die kwessie van inwoners se inligting…
1 Apr 2AM 1 min

Afriforum vat krediet vir verlaging in brandstofheffings

AfriForum sê openbare druk het 'n sleutelrol gespeel om verligting te verseker vir verbruikers wat steier onder stygende brandstofpryse as gevolg van spanning op die globale oliemark. Die organisasie sê volgehoue bepleitings deur die publiek en burgerlike groepe het die regering oortuig om op te tree en huishoudings teen hoër…
1 Apr 2AM 1 min

Ontspan! Daar’s geen braai-reëls nie

Gelukkige April-gekkedag! Kosmos het vroeër berig oor 'n openbare konsultasie van die omgewingsministerie oor die regulering van braai in die land, alles vir 'n grap. Plaaslike ekoloog dr. Peter Cunningham het saamgespeel:
1 Apr 1AM 1 min

Beskeie groei in SA se arbeidsmark, maar...

Die Suid-Afrikaanse arbeidsmark het beskeie groei getoon tussen Oktober en Desember, met totale indiensneming wat met 18 000 gestyg het tot net meer as 10,55 miljoen. Winste was hoofsaaklik in handel en sakedienste, terwyl sektore soos konstruksie, vervaardiging en vervoer afnames beleef het. Ten spyte van die kwartaallikse toename het…
1 Apr 1AM 1 min

Brandstofprys: Ons gesels met Electric Vehicles Namibia

Te midde van brandstofpryse wat die hoogte inskiet, versnel die beweging na groenbrandstof in die vervoersektor. Die wêreldwye mark vir elektriese voertuie sal na verwagting 'n saamgestelde jaarlikse groeikoers van 20,9 persent tussen 2026 en 2032 bereik. Hierdie verandering in hoe die wêreld reis, is op koers om langtermyn afwaartse…
1 Apr 1AM 1 min

Omgewingsministerie begin konsultasies rakende braai

As deel van Namibië se klimaatsveranderingsverbintenisse, sal die ministerie van omgewing openbare konsultasies begin oor die regulering van braai. Die voorstel is dat erwe met 'n ewe nommer slegs op Saterdae mag braai, terwyl dié met 'n onewe nommer op Sondae mag braai. Geen braai sal gedurende die week toegelaat…
1 Apr 12AM 1 min

Invoer van bye: Regering skuif kwessie oor en weer aan

Die plan wat oorweeg word om Suid-Afrikaanse heuningbye in te voer om bloubessies in die Kavango Oos-streek te help bestuif maak opslae. Dit sal plaaslike kolonies bedreig en ekologiese gevolge hê. Die Byeboerderyvereniging van Namibië is sterk daarteen gekant, en ook die omgewingsprokureursnetwerk van Namibië. Des-Rose Engelbrecht, 'n prokureur wat…
1 Apr 12AM 1 min

ActionSA stel hulptoonbank vir burgers in

ActionSA het sy Burgersondersteunings- en ingrypings-hulptoonbank bekendgestel en sê te veel mense is vasgevang in 'n stelsel wat nie reageer, oplos of omgee nie. Die hulptoonbank sal voorkeur gee aan sleutel-ingrypingsgebiede, insluitend Binnelandse Sake, Wetstoepassing, Maatskaplike Toelaes en Munisipale Dienste. Lerato Ngobeni van ActionSA sê voorleggings wat deur die aanlyn…
31 Mar 11PM 1 min
72 – 92