Die Stad Windhoek het amptelik die Windhoek Sonkragsentrum ingewy, 'n nuwe fasiliteit wat daarop gemik is om toegang tot hernubare energie te bevorder en die aanvaarding van sonkragtegnologieë regoor die hoofstad te ondersteun. Die sentrum in Ericksonstraat sal konsultasies, opleiding en leiding oor sonenergie-oplossings bied, met 'n besondere fokus op…
Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê swart ekonomiese bemagtiging sal steeds die hefboom wees wat die regering gebruik om Suid-Afrikaners te bevry. Dit volg nadat Business Leadership South Africa gewaarsku het die departement se voorgestelde wysigings aan die B-BBEE-regulasies kan jare se nywerheidsontwikkeling ondermyn. Tau sê…
Soos verwag is die brandstofprys verhoog met petrol wat 1 dollar 40 sent per liter meer kos en beide grade van diesel, 4,63. Reuse onderverhalings is aangeteken met meer as 9 dollar vir diesel en meer as 2 dollar vir petrol. Lynminister Modestus Amutse het die aankondiging gemaak.
Namibia Health Plan sê dat hy verantwoordelikheid neem vir die uitdagings waarmee hulle tans te kampe het. Die fonds ondervind groot operasionele probleme na die oorgang na 'n nuwe bestuurstelsel. Die oorgang het gelei tot vertragings in die verwerking van eise met die sperdatum vir die betaling van alle agterstallige…
Meer as 600 Ovahimba en Ovatjimba in die Epupa-kiesafdeling in die Kunene-streek sê hulle is nie behoorlik geraadpleeg oor die beplande Baynes-hidroëlektriese dam van 840 megawatt nie. Gemeenskappe vrees dat die gesamentlike Kunenerivier-projek met Angola hul grond, lewensonderhoud en toegang tot water kan beïnvloed. Die ontwikkeling sal ‘n reuse dam,…
Kan ‘n mens so sukkel. Pous Leo, wat môre sy eerste jaar by die Vatikaan herdenk, het kort na sy aanstelling gepoog om die telefoonnommer, gekoppel aan sy bankrekening in Chicago te verander. Alles het goed gegaan tot die bankwerknemer gehoor het met wie sy praat. Leo se broer, John…
Die beëindiging van 'n huwelik kan nou jou beursie hard tref, met 'n onverdedigde egskeiding in Namibië wat tot 15 000 Namibiese dollar kos kragtens nuwe hofreëls wat op 1 Mei in werking getree het. Regterpresident Petrus Damaseb se riglyn bepaal in detail hoe regskoste deur elke stadium van 'n…
Die boere-inisiatief, FMD Response SA, sê daar is ʼn 90- tot 95-persent kans dat die regering se huidige bek-en-klouseer-inentingsveldtog sal misluk. Die regering sê hy wil teen Desember 80-persent van die land se beeste inent. FMD Response SA se voorsitter, Stephen Butt, het aan Business Day TV gesê die enigste…
Die DA sal vandag sy Wetsontwerp op Ekonomiese Insluiting vir Almal in die Parlement voorlê. Die party se beleidshoof, Mat Cuthbert, sê Swart Ekonomiese Bemagtiging het na 30 jaar misluk om breë insluiting te lewer, en bevoordeel 'n klein elite terwyl miljoene steeds uitgesluit is. Hy sê die Wetsontwerp vervang…
Huldeblyke stroom in na die dood van die media-magnaat en filantroop, die 87-jarige Ted Turner wat CNN gestig het. Die sakeman van Atlanta het die moderne 24-uur nuuskultuur begin toe hy die CNN-kanaal in 1980 bekendgestel het. Turner is as ʼn visionêr beskou en was in 1991 TIME Magazine se…
Meer inligting is bekend oor Fima wat nou in werking is. Namfisa sê die wet konsolideer verouderde regulasies in 'n moderne raamwerk wat ontwerp is om verbruikersbeskerming te verbeter. Dit is opmerklik dat die omstrede pensioenbewaringsreël wat vereis dat 75 persent van fondse tot die ouderdom van 55 gesluit moet…
Die verdedigende kampioene, Paris Saint-Germain, haal die tweede agtereenvolgende jaar die Kampioeneliga-eindstryd nadat hulle Bayern Munich in totaal met 6-5 geklop het. Ousmane Dembélé het PSG in die derde minuut sy voorsprong gegee. Harry Kane het in beseringstyd sy 55ste doel van die seisoen vir Bayern aangeteken, maar dit was…
Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Sisisi Tolashe, het ontken dat sy die Parlement mislei het oor Chinese voertuigskenkings vir die ANC-vroueliga. Sy het na bewering twee luukse voertuie, wat glo deur Chinese amptenare geskenk is, in die name van haar kinders, eerder as die ANC-vroueliga geregistreer. Tolashe het Woensdag voor…
Ten spyte daarvan dat boere in die noordelike kommunale gebiede nie kan deelneem aan die mark suid van die rooilyn nie, beteken nie dat daar nie geboer word nie. Korrektiewe Dienste se adjunk-kommissaris generaal Sam Shaalulange het 'n oorsig gegee van hul fasiliteite in die noorde en wat hulle produseer…
Twee Nederlanders wat weens die hantavirus dood is, het vermoedelik die skaars Andes-stam opgedoen. Die man is ter see dood en sy vrou het verlede naweek in 'n Gautengse hospitaal gesterf. Maria van Kerkhove, die WGO se aansteeklike siekte-epidemioloog het meer oor die gevalle.
Die Suider-Afrika Agri-inisiatief, Saai, waarsku artikel 10 van die bek-en-klouseer-inentingskema kan die uitdagings in die bestuur van die uitbreking vererger. Die boere-organisasie voer aan die skema gee te veel mag aan die direkteur van Dieregesondheid ten spyte van vorige mislukkings in die hantering van uitbrekings. Francois Rossouw van die organisasie…
Reaksie word ontvang oor die voorval waarin Giano Seibeb na bewering sonder klere in die Staatshuis betrap is. Seibeb het 'n geskiedenis van skisofrenie en is as vermis aangegee nadat hy uit 'n staatsfasiliteit ontsnap het. Oud-Namdia-hoof Kennedy Hamutenya sê sulke ontsnappings gebeur gereeld en hy het persoonlike ervaring daarvan.
Namibië se ontwikkelingsambisies is onder druk, met 'n finansieringstekort van 515 miljard Namibiese dollar wat projekte onder Nasionale Ontwikkelingsplan 6 bedreig. Die regering sê dat hulle dit nie alleen kan doen nie. Met minder as 7 miljard dollar wat vanjaar vir ontwikkeling toegeken is, ver minder as die meer as…
Kort op die hakke van president Netumbo Nandi-Ndaitwah se bevel aan alle top-regeringsamptenare om staatsgesondheidsfasiliteite te gebruik, verskuif die gesprek na die uitbreiding hiervan na staatskole. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê die gemeenskapsaktivis Michael Amushelelo dat as politici werklik omgee vir die gehalte van Namibië se onderwysstelsel,…
7 May 12AM
1 min
176 – 196
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.