Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
1100 – 1120

Vhungu Vhungu het alle landerye aangeplant, verwag groot mielie-oes

Die bestuurder van die Vhungu Vhungu-groenskema in die Kavango Oos-streek, Floris Smith, sê hy sal na verwagting tussen 1 900 en 2 000 metrieke ton mielies gedurende die huidige seisoen oes, ten spyte van terugslae wat veroorsaak is deur uitdagings met elektrisiteitsvoorsiening en windstormskade aan mielies en twee besproeiingspilpunte verlede…
20 May 7AM 1 min

Chikane getuig oor marteling voor versoeningskommissie-ondersoek

Die teen-apartheidsaktivis eerwaarde Frank Chikane sê hy moes baie verduur onder die hand van apartheidsera-veiligheidstakbeamptes. Hy het gister voor die Waarheids- en Versoeningskommissie-ondersoek getuig, wat vertragings in die vervolging van apartheidsera-misdade ondersoek. In 1989 het hy vergiftiging deur staatsagente oorleef terwyl hy as die hoofsekretaris van die Suid-Afrikaanse Raad van…
20 May 7AM 1 min

Moenie beeldmateriaal van ongelukke deel nie - NamPol

Beeldmateriaal van 'n ongeluk by die Langstrand-afdraai op die B2-pad waarin twee mense dood is doen tans die rondtes op sosiale media. Die Namibiese polisie se hoof van die verkeersdepartement, kommissaris Petrus Swartz, doen 'n beroep op Namibiërs om nie beeldmateriaal van ongelukstonele te versprei nie. Hy waarsku streng daarteen…
20 May 6AM 1 min

ASYCUDA vertraag ook by Namport

Kosmos 94.1 Nuus ontvang klagtes oor NamRA se ASYCUDA-stelsel. Nie by grense nie maar ook by die hawe in Walvisbaai. Volgens berigte is daar vertragings met die sisteem wat veroorsaak dat die vloei van vrag belemmer word. Skepe kan nie by die hawe aandoen vir aflaai nie weens die vertragings…
20 May 6AM 1 min

IAEA-verslag oor insitu-loging... ons mag nog nie weet nie

Die omgewingsminister het die finale verslag ontvang van die Internasionale Atoomenergie-agentskap oor die beplande insitu-loging mynaktiwiteit deur Headspring Investments in die Stampriet-bekken. Kommer is deur lede van die publiek en die SAUMA-groep uitgespreek van die moontlike besoedeling van die kritieke waterbron. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die…
20 May 6AM 1 min

Meeste mense ooit ly honger regoor die wêreld

Die Global Partnership-konferensie in Londen bring lande van oor die hele wêreld bymekaar om nuwe vennootskappe te bou terwyl die krisis in die Midde-Ooste steeds verwoesting saai op globale energie- en voedselsekerheid. Die Wêreldvoedselprogram beraam dat byna 45 miljoen meer mense in akute voedselonsekerheid kan verval as die konflik nie…
20 May 5AM 1 min

Gayton McKenzie sê hulle sal nie stem vir staat van beskuldiging nie

Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, sê die Patriotic Alliance sal nie stem om president Cyril Ramaphosa in ʼn staat van beskuldiging te plaas nie. Die Parlement het ʼn ampsklagkomitee van 31 lede aangestel om te bepaal of hy sy ampseed oortree het. Dit hou verband met…
20 May 5AM 1 min

#BeFree bring innoverende oplossings vir GBV

Pogings om geslagsgeweld te bekamp duur plaaslik voort. Die One Economy-stigting het die #BeFreeBallers: Next Gen Men"-geleentheid in Windhoek aangebied om die Internasionale Dag van die Seun te vier. Plaaslike leiers, mentors en finansiële bestuurders het by die #BeFree Jeugkampus bymekaargekom om oop gesprekke met jong mans oor konstruktiewe manlikheid…
20 May 3AM 1 min

DA het kommer oor toenemende vertragings in operasies in Gauteng

Die DA in Gauteng sê meer as 3 000 operasies is sedert Januarie verlede jaar by die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal in Johannesburg gekanselleer. Volgens die party is een uit elke vier geskeduleerde operasies afgelas, wat pasiënte met lang vertragings en groeiende agterstande laat. Jack Bloom van die DA sê…
20 May 3AM 1 min

Skole in die Wes-Kaap loop deur onder misdadigheid

Die DA in die Wes-Kaap doen 'n beroep op gemeenskappe om waaksaam te bly en misdadigheid by skole aan te meld. Dit volg na 'n toename in vandalisme en diefstal by skole regoor die provinsie, insluitend 'n onlangse inbraak by Sir Lowry's Pass Laerskool, waar die diefstal van toerusting en…
20 May 3AM 1 min

China handhaaf fyn balans met Putin se besoek

Terwyl Reuters berig dat China Rusland bystaan met die opleiding van soldate, meen kenners dat China ‘n fyn lyn stap om sy belange te balanseer – aan die een kant sy belangrike politieke vennoot Rusland, en sy ekonomiese belange in die Weste. Voormalige Britse ambassadeur in Rusland, sir Laurie Bristow,…
20 May 3AM 1 min

Waar's GRN se solidariteit met Kuba?

Kuba se ekonomie is lamgelê weens 'n Amerikaanse embargo op olie en ander middels teen die land. Namibië en Kuba het sterk bande weens Kuba se hulp tydens die onafhanklikheidstryd, en die Nasionale Vergadering het vroeër aangekondig hulle is besig met 'n nasionale solidariteitsplan om Kuba te help. Kritiek begin…
20 May 2AM 1 min

San Diego-skieters het klomp gelowe en rasse gehaat

Die polisie het die twee tieners wat betrokke was by die noodlottige skietvoorval by die Islamitiese sentrum van San Diego geïdentifiseer as die 17-jarige Cain Clark en 18-jarige Caleb Vasquez. Vyf mense, insluitend die twee aanvallers, is Maandag in die voorval dood. Die verdagtes is in ʼn voertuig naby die…
20 May 2AM 1 min

WGO het kommer oor Ebola-syfers

Die direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Adhanom Ghebreyesus, is bekommerd oor die spoed en omvang van die Ebola-epidemie in die Demokratiese Republiek die Kongo en Uganda. Daar was 131 sterftes wat met die uitbreking verband hou. Die WGO het die uitbreking tot 'n internasionale noodgeval verklaar. Ghebreyesus sê die aantal…
20 May 1AM 1 min

Swart bemagtiging laat krimp SA-mynbou

Die vakbond Solidariteit het president Cyril Ramaphosa se verdediging van swart ekonomiese bemagtiging in die mynbousektor gekritiseer. Die vakbond se nuwe verslag dui daarop dat die mynbousektor sedert 1994 aansienlik gekrimp het, met werkverliese en verminderde produksie. Hy voer aan die huidige transformasiebeleide beperk groei en belegging. Theuns du Buisson…
20 May 1AM 1 min

Sonder bye eet ons nie

Wêreld-byedag word vandag gevier. Hierdie internasionale viering beklemtoon die kritieke rol wat bye en ander bestuiwers speel in die handhawing van biodiversiteit, die versekering van globale voedselsekerheid en die ondersteuning van volhoubare landbou. Dr. Baby Kuarivi van Unam en lid van die Namibiese Bye-organisasie verduidelik die belangrike rol van bye…
20 May 1AM 1 min

Stad Windhoek herhaal water is veilig

Die Stad Windhoek stel die publiek gerus dat die stad se water veilig is om te gebruik, nadat die lyk van Euhudt Timbo in die Stad se Gammams-afvalwaterbehandelingsaanleg beland het. Die afvalwater kom die aanleg deur die siftingsfase binne, wat die eerste stap in die behandelingsproses is waar groot vaste…
20 May 12AM 1 min

BoN reik skatwissels uit om N$1,5 miljard vir GRN in te samel

Die regering hoop om môre sowat 1,5 miljard Namibiese dollar by die mark te leen deur ‘n veiling van skatwissels wat deur die Bank van Namibië aangebied word. Die termyn van dié skuldbriewe wissel van net meer as drie maande tot net minder as ‘n jaar. Deur die skatwissel van…
20 May 12AM 1 min
1100 – 1120