Die DA is onthuts oor die ineenstorting van 'n beplande parlementêre portefeuljekomiteevergadering by die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente, waar die minister van Hoër Onderwys, Buti Manamela, die parlement sou inlig oor Nsfas se plasing onder administrasie. Die vergadering kon nie voortgaan nie omdat die departement en Nsfas nie die…
Amerikaanse president Donald Trump het aan verslaggewers by die konstruksieterrein van sy beplande Withuis-balsaal gesê die geraamde 400 miljoen Amerikaanse dollar-projek sal bestand wees teen hommeltuie. 'n Militêre styl-kompleks word ook onder die fasiliteit gebou. Trump sê die balsaal word deur private skenkers gefinansier en is voor skedule. Die projek…
Meatco en die Namibiese Voedsel- en Geallieerde Werkersunie, Nafau, het 'n gesamentlike afsluiting van loononderhandelinge vir die huidige en die 2027/2028 finansiële jare aangekondig. Die partye het 'n tweejaar-loonooreenkoms bereik, vir 'n 5 persent verhoging vanjaar en 'n 6,5 persent verhoging volgende jaar. Toelae word ook verhoog. Willem Absalom, die…
Die Wes-Kaapse Departement van Landbou sê hy evalueer tans die beduidende uitwerking van die gure weersomstandighede wat die provinsie verlede week geteister het. 'n Reeks hewige kouefronte het gelei tot wydverspreide oorstromings, infrastruktuurskade en ontwrigting van boerderygemeenskappe wat die lewens van elf mense geëis het. Die LUR vir Landbou, Ekonomiese…
Die Khomanin tradisionele owerheid het Saterdag 'n stem-vergadering onder die gemeenskap in Windhoek gehou oor die voorgestelde verwydering van die huidige Khomanin leier en hoof, Julienne Gawanas. Daar word gekla dat sy gemeenskapsgrond aan welgestelde nie-gemeenskapslede verkoop en ook donasies aan die gemeenskap vir haarself hou. Volgens die voorlopige uitslae…
Meatco is op koers om sy uitvoerkwota van 1 200 ton beesvleis na Noorweë teen Junie te voltooi en posisioneer hom om ’n bykomende 1 200 ton te absorbeer wat deur Botswana prysgegee is ná die uitbreking van bek-en-klouseer in daardie land. In ’n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het…
In Februarie het die Afrika-unie 'n resolusie aangeneem om slawerny en kolonialisme as misdaad teen die mensdom en volksmoord op Afrikane te verklaar. Die Nama Tradisionele Leiers-vereniging is tans ook in gesprek met die AU oor die resolusie en om dit in Namibië aan te neem. Maboss Ortman van die…
Reaksie word ontvang op die gesondheidministerie wat sê die medisynevoorraad staan tans op 60 persent. Dit is veel laer as die minimum teiken van 80 persent, en het tekorte aan verskeie noodsaaklike produkte veroorsaak. Lifalaza Simataa, woordvoerder van die LPM, sê die party ontvang gereeld klagtes oor die ministerie se…
Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, verwelkom die skorsing van ʼn aanklaer van Mpumalanga, Mkhuseli Ntaba, hangende tugoptrede. Hy het Maandag versuim om op te daag by die Kwaggafonteinse landdroshof, waarna die saak teen die taxi-magnaat, Joe ‘Ferrari’ Sibanyoni en ander van die rol geskrap is. Hulle…
Die goewerneur van die Bank van Namibië, Ebson Uanguta, het 'n reeks strategiese streeksbesoeke aan Afrika-sentrale banke afgesluit. Dit het deel gevorm van die sentrale bank se breër pogings om tegniese samewerking te verdiep en ‘n ooreenkoms is met Rwanda se sentrale bank beklink. Naufiku Hamunime, die sentrale bank se…
Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê die volle omvang van verlede week se verwoestende storms word nog bepaal en die koste sal waarskynlik miljarde Suid-Afrikaanse rand beloop. Swaar reën, oorstromings en sterk wind het elf lewens in die provinsie geëis. Die provinsiale regering het aansoek gedoen dat die provinsie tot…
Die VN se sekretaris-generaal Antonio Guterres sê Afrika se enorme potensiaal word beperk deur 'n onregverdige internasionale stelsel. Hy sê die wêreld moet aanhou druk uitoefen vir 'n stelsel wat Afrika die stem, hulpbronne en verteenwoordiging gee wat dit lank reeds ontsê is.
Die Gauteng Dobbelraad se uitvoerende hoof, Karabo Mbele, is met onmiddellike ingang afgedank weens bestuursmislukkings en growwe wangedrag. Dit volg na ʼn forensiese ondersoek na die instelling se bedrywighede. Gauteng se LUR vir Ekonomiese Ontwikkeling, Vuyiswa Ramakgopa, het ook die dobbelraad se hoof finansiële beampte, Oscar Maripane, geskors na onthullings…
Die adjunk-onderwysminister Dino Ballotti het in 'n onlangse onderhoud met Nampa oor die proses van die konstruksie van sport fasiliteite regoor die land gepraat. 'n Bedrag van 140 miljoen Namibiese dollar is toegeken vir die konstruksie van basiese sportfasiliteite in al die streke, met 'n verdere 140 miljoen dollar wat…
Nadat Namibië in 2024 op die gryslys geplaas was deur die Finansiële Aksie-taakmag het die land sedertdien 13-fokusareas gehad om te verbeter om van die lys verwyder te word. Die fokusareas het die bekamping van geldwassery en terrorismefinansiering ingesluit. Die direkteur van die Finansiële Intelligensiesentrum, Bryan Eiseb, het met Kosmos…
Telecom Namibia se raad, uitvoerende komitee en bestuur het Maandag begin vergader in 'n driedaagse strategiese sessie. Die fokus is op die hersiening en versterking van die maatskappy se strategiese rigting, die verkenning van nuwe geleenthede en die identifisering van maniere om prestasie en dienslewering te verbeter. Daar was die…
Die DA sê toegewyde howe is nodig om omgewingsmisdaadsake in die Wes-Kaap te behartig. Die party beweer die omvang van biodiversiteitsmisdaad het 'n gespesialiseerde benadering in die regstelsel nodig om sterker vervolging te verseker. Meer as 2 miljoen gestroopte inheemse plante en miljoene sade is sedert 2018 gekonfiskeer. Dave Bryant…
Andy Burnham, wat tans in ‘n tussenverkiesing in Makerfield in die noorde van Engeland vir die Arbeidersparty staan, vry na stemme sodat hy ‘n setel in die parlement kan ontvang en so, teen Britse premier Keir Starmer kan staan in ‘n leierskapsverkiesing vir die Arbeidersparty. Hy, nes Wes Streeting wat…
Die Departement van Gesondheid sê 'n uitspraak deur die Konstitusionele Hof wat dele van die Nasionale Gesondheidswet ongrondwetlik verklaar, het geen direkte impak op die uitrol van die Nasionale Gesondheidsversekering nie. Die hof het bevind artikels 36 tot 40 van die wet is ongrondwetlik en ongeldig. Foster Mohale van die…
19 May 4AM
1 min
1120 – 1140
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.