Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
2112 – 2132

Meatco se Whk-abattoir kry A+ gradering, sonder inmenging

Meatco se Windhoek-abattoir het 'n A-plus-gradering behaal in 'n oudit wat deur die British Retail Consortium Global Standard uitgevoer is. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Meatco se interim-uitvoerende hoof, Albertus Aochamub, gesê die gradering is 'n bevestiging dat hul fasiliteite van wêreldgehalte is en aan die vereiste…
13 Oct 2025 6AM 1 min

SA word 'n terreur-ondersteunende staat - kenner

Reaksie word ontvang op berigte uit Suid-Afrika dat minstens vier Gazelle-helikopters van die Lanseria-lughawe aan boord van 'n vliegtuig van die Russiese lugredery Abakan Air na die omstrede krygsheer Khalifa Haftar se rebellegebied in Benghazi gesmokkel. Vlugplanne het Jordanië valslik as die bestemming aangedui. Die uitvoere oortree VN-sanksies teen die…
13 Oct 2025 6AM 1 min

Zelensky is bemoedig deur Trump se Gaza-plan

Die president van die Oekraïne, Volodymyr Zelensky, sê hy is bemoedig deur die druk wat president Donald Trump op die partye in die Midde Ooste geplaas het om vrede te bewerkstellig, al is dit nog vroeg in die wedstryd. Hy het met Fox News gepraat en sê daar is ook…
13 Oct 2025 5AM 1 min

GOOD sê AfriForum moet bewyse van ANC-misdade oorhandig

Die GOOD-party sê indien AfriForum inligting het oor terreurdade wat in die apartheidsera onder die ANC of enige iemand anders se naam gepleeg is, moet dit aan die Nasionale Vervolgingsgesag oorhandig word. AfriForum het die Khampepe-kommissie versoek om vas te stel waarom ANC-leiers nie vir terreurdade vervolg is nie. GOOD…
13 Oct 2025 5AM 1 min

Groot opgewondenheid oor Hardap se koringoes

Boere by die Hardapskema is tans besig om hulle koring af te rond en benut ruim waterbronne. Die dam se vlakke is tans op 62.7 persent. Die weeklikse dambulletin word vandag verwag en alle tekens is dat invloei by Naute en moontlik Neckartal kon voorgekom het maar nie by Hardap…
13 Oct 2025 4AM 1 min

DA het kommer oor reaksietye van noodambulanse in Gauteng

Die DA in Gauteng sê ten spyte van swak reaksietye vir noodambulanse, beweer die Departement van Gesondheid dit het geen negatiewe uitwerking nie. Jack Bloom van die DA sê reaksietye van minder as 15 minute vir Prioriteit 1-oproepe in stedelike gebiede is vroeër aangeteken, maar hierdie standaard is nou laat…
13 Oct 2025 4AM 1 min

Amupanda se herstel na operasie vorder goed

Die leier van die Affirmative Repositioning-beweging Job Amupanda is tans in Johannesburg waar hy onlangs 'n operasie naby sy nier ondergaan het. Amupanda sê hy is daar omdat die mediese tegnologie en tegnieke wat benodig was nog nie in Namibië beskikbaar is nie, 'n probleem wat hy sê hy beplan…
13 Oct 2025 3AM 1 min

AfriForum sê ANC-lede moet ook vervolg word vir terreurdade tydens apartheid

AfriForum het 'n formele voorlegging by die Khampepe-kommissie van ondersoek ingedien vir 'n ondersoek na politieke inmenging wat verhoed het dat ANC-leiers vervolg word vir terreuraanvalle tydens apartheid. AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, sê die Khampepe-kommissie is gestig na druk deur veral die families van die Cradock-4 om antwoorde…
13 Oct 2025 3AM 1 min

Groot afwagting vir Egiptiese beraad

President Donald Trump van Amerika en sy Egiptiese ampsgenoot, Abdel Fattah al-Sisi, bied vanmiddag in Sharm el-Sheikh ʼn beraad vir meer as 20 wêreldleiers aan. Die beraad wil die oorlog in die Gaza-strook beëindig, pogings verskerp om vrede en stabiliteit in die Midde-Ooste te bewerkstellig, en ʼn nuwe era van…
13 Oct 2025 2AM 1 min

Duitser Cejka vat PGA-kampioenskap in Noord-Carolina

Die Duitser, Alex Cejka, het een onder baansyfer 71 aangeteken om die PGA-toerkampioenskap se SAS-kampioenskap in Noord-Carolina met drie houe te wen. Dis die 54-jarige speler se eerste titel sedert die 2023 Senior Ope Kampioenskap. Die Suid-Afrikaner, Ernie Els, is tweede op vier onder 68, wat vanjaar sy 12de posisie…
13 Oct 2025 2AM 1 min

Kommer oor verwikkelinge in Madagaskar

Die regering het met diepe kommer kennis geneem van die onlangse politieke verwikkelinge in Madagaskar. Die woordvoerder vir die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Chrispin Phiri, sê die regering betreur die tragiese lewensverlies en die vernietiging van eiendom. Hy sê Suid-Afrika vra alle rolspelers om kalm te bly en…
13 Oct 2025 1AM 1 min

McDermott en Petrofund werk saam in opleiding

McDermott, 'n Amerikaanse verskaffer van ingenieurs- en konstruksie-oplossings vir die energiebedryf, en Petrofund het 'n ooreenkoms onderteken om saam te werk aan akademiese en industriële opleidingsinisiatiewe in Namibië se stroomop olie- en gassektor. Dit het in Augustus in werking getree en sal vir die volgende vyf jaar geld. Die opgradering…
13 Oct 2025 1AM 1 min

Net lof vir Eagles se hoofafrigter Craig Williams

Namibiërs juig steeds oor die reuse-sukses wat die FNB Eagles die naweek behaal het deur die Proteas met vier paaltjies te klop. Dit, met die amptelike opening van die FNB Namibië Krieketveld in Windhoek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Krieket Namibië se president, Rudie van Vuuren, wat sê dit…
13 Oct 2025 1AM 1 min

Voortbestaan van Afrika pikkewyne onder die loep

Die Afrika pikkewyn-bevolking loop die gevaar van uitsterwing. Die kwessie kom nou al 'n geruime tyd aan en een dryfveer is die lae sardyn-bevolking. Die Namibiese Stigting vir die Bewaring van Seevoëls wat in Lüderitz gebaseer is, doen navorsing rakende die kwessie. Kosmos 94.1 Nuus het met Naude Dreyer van…
13 Oct 2025 1AM 1 min

Meatco se probleme is nie verby sal en sal eintlik verdiep

Meatco se langtermyn-lewensvatbaarheid word ernstig bedreig, waarsku landboukenner Wallie Roux. Dit is terwyl privaat uitvoerabattoirs voorberei om die mark in 2026 te betree. Terwyl die maatskappy sy 1 200-ton beesvleis-uitvoerkwota na Noorweë voor skedule nagekom het, het Roux aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hierdie mylpaal min doen om Meatco…
13 Oct 2025 12AM 1 min

Olie kan nog verder daal - ontleder is versigtig optimisties

Oliepryse het oor die naweek tot multi-maande laagtepunte gedaal namate die mark gereageer het op die vredesooreenkoms in Gaza. Die kommoditeit het die week net bo 62 Amerikaanse dollar afgesluit. Die Opul-plus aankondiging van 'n beskeie produksieverhoging in November het ook tot die daling bygedra. Ekonoom Dawie Klopper het aan…
13 Oct 2025 12AM 1 min

Apartheid het swart ontwikkeling verhoed - Mbalula

Die ANC-sekretaris-generaal Fikile Mbalula sê die apartheidsregime het swart gemeenskappe verhoed om tot hul volle potensiaal te ontwikkel. Mbalula het tydens die herbegrafnis van die vryheidsvegters en kunstenaars, Todd Matshikiza, Esme Sheila Matshikiza en John Pogiso Maroo in Johannesburg gepraat. Hy sê organisatoriese vernuwing deurvleg elke aspek van die politieke…
12 Oct 2025 11PM 1 min

Alles is gereed vir gevangene-gyselaar uitruil in Gaza

Israel se regering sê hy verwag dat al 20 lewende gyselaars wat in Gaza deur Hamas aangehou word, vanoggend aan die Rooikruis oorhandig sal word. Dis deel van die eerste fase van die vredesooreenkoms waarop verlede week ooreengekom is. Hamas hou 48 mense gyselaar, waarvan 20 vermoedelik nog lewe. Israel…
12 Oct 2025 11PM 1 min
2112 – 2132