Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
2132 – 2152

Apartheid het swart ontwikkeling verhoed - Mbalula

Die ANC-sekretaris-generaal Fikile Mbalula sê die apartheidsregime het swart gemeenskappe verhoed om tot hul volle potensiaal te ontwikkel. Mbalula het tydens die herbegrafnis van die vryheidsvegters en kunstenaars, Todd Matshikiza, Esme Sheila Matshikiza en John Pogiso Maroo in Johannesburg gepraat. Hy sê organisatoriese vernuwing deurvleg elke aspek van die politieke…
12 Oct 2025 11PM 1 min

Alles is gereed vir gevangene-gyselaar uitruil in Gaza

Israel se regering sê hy verwag dat al 20 lewende gyselaars wat in Gaza deur Hamas aangehou word, vanoggend aan die Rooikruis oorhandig sal word. Dis deel van die eerste fase van die vredesooreenkoms waarop verlede week ooreengekom is. Hamas hou 48 mense gyselaar, waarvan 20 vermoedelik nog lewe. Israel…
12 Oct 2025 11PM 1 min

Grondwetsontwerp: Moenie bekommer oor onteiening

Reaksie word steeds ontvang oor die Grondwetsontwerp wat by die Nasionale Vergadering heringedien is. Ten spyte van heelwat negatiewe kritiek, meen kenners daar is nie groot veranderinge gemaak nie. Mark Kutzner, besturende vennoot by Engling, Stritter and Partners, meen boere hoef hulle nie oor onteiening te bekommer nie. Hy het…
12 Oct 2025 5AM 1 min

Haatspraak, diskriminasie: Oop gesprekke is nodig

Die Kommissie vir Geslagsgelykheid het Hoofstuk 9-instellings en burgerlike samelewingsorganisasies versoek om 'n oop, inklusiewe en veilige omgewing te skep om haatspraak- en diskriminasiesake vinnig op te los. Kommissaris Leigh-Ann van der Merwe het in reaksie op onlangse uitsprake oor LGBT-persone deur die radiopersoonlikheid Ngizwe Mchunu, gesê die kommissie is…
12 Oct 2025 4AM 1 min

Cirrus sê oor sy navorsing na skaapmark

Die Lewendehawe Produsente Organisasie het Cirrus genader om navorsing te doen oor die volhoubaarheid van skaapboerdery in die land, en wat die beste uitvoermarkte sal wees. Die Cirrus-ekonoom Tannan Groenewald verduidelik wat die studie bevind het, en Suid-Afrika bly die beste mark.
12 Oct 2025 3AM 1 min

Shell V-Power M+Z-tydren was groot sukses

Dit was warm, stowwerig en opwindend met tien uiters vinnige trajekte wat afgehandel is by die Shell V-Power M+Z tydren in Gobabis. Francois Lottering was daar.
12 Oct 2025 1AM 1 min

Fort Hare onrus was misdadig - Manamela

Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, sê sy departement werk nou saam met die polisie, die Oos-Kaapse regering en die Universiteit van Fort Hare se sekuriteitspanne om kalmte te herstel en studente en personeel te beskerm. Manamela het die media ingelig oor die situasie by Fort Hare…
12 Oct 2025 12AM 1 min

Azapo verwelkom Sibiya-Maumela klopjagte

Die Azanian People’s Organisation verwelkom die klopjagte en beslagleggings deur die Valke en die Spesiale Ondersoekeenheid op persele wat verband hou met die geskorste adjunk- nasionale polisiekommissaris Shadrack Sibiya en die sakeman Hangwani Maumela. Die Azapo-woordvoerder Nosipiwo Manona sê hulle beweerde rol in misdaad moet deeglik ondersoek word:
11 Oct 2025 11PM 1 min

Hou politiek uit grondwetsontwerp, sê landbou-ekonoom

Met Namibië se nuwe Grondwetsontwerp op die tafel, sê landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher dat grondbesit nie as die enigste roete na suksesvolle boerdery beskou moet word nie. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat globale voorbeelde, soos die Amerikaanse Mid-Weste, wys hoe huurmarkte en alternatiewe finansiering produktiwiteit kan dryf…
11 Oct 2025 6AM 1 min

FNB Eagles reg vir Proteas vanmiddag

Die geskiedkundige T20 Internasionale botsing tussen Namibië se FNB Eagles en Suid-Afrika se Proteas vind vanmiddag plaas. Dit merk ook die amptelike opening van die splinternuwe FNB Namibië Krieketveld. Die opgewonde spelers het by 'n perskonferensie met die media gepraat. Gerhard Erasmus, die kaptein van die FNB-Eagles, het teruggekyk na…
11 Oct 2025 5AM 1 min

NSRI juig oor Starlink-plan wat reddingspogings sal aanhelp

Die Nasionale Seereddingsinstituut verwelkom Elon Musk se Starlink-plan om sy bedrywighede uit te brei en 2,5-miljard-rand in Suid-Afrika te belê, en beskryf dit as 'n deurbraak vir reddingskommunikasie ter see. Hulle glo die vennootskap sal die NSRI-bote met satelliet-internet toerus, wat reddingswerkers selfs in afgeleë waters sal toelaat om in…
11 Oct 2025 3AM 1 min

Jeug 'moet tegnologie, innovasie benut vir ontwikkelingi'

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die land se jeug versoek om die leiding te neem in die toekoms, en Nust-gegradueerdes aangespoor om innovasie en tegnologie vir nasionale ontwikkeling te benut. Sy het die krag van die Vierde Industriële Revolusie beklemtoon en jong Namibiërs uitgedaag om hul kennis volhoubaar toe te pas,…
11 Oct 2025 2AM 1 min

Masemola sê hy het skrapping van politieke moorde-taakspan probeer stop

Die nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola sê hy het sy bes gedoen om die ontbinding van die taakspan vir politieke moorde te stop. Masemola het voor die Parlement se ad hoc-komitee oor polisie-kaping getuig en sê hy het die minister van Polisie, Senzo Mchunu, se besluit om die eenheid te ontbind…
11 Oct 2025 2AM 1 min

Onwettige kontantvloei kan gryslys-verwydering belemmer

Namibië het goeie vordering gemaak in sy pogings om van die Finansiële Aksie-taakmag se gryslys gehaal te word, met 13 geïdentifiseerde strategiese tekortkominge wat reggestel is. Die taakmag sal by sy vergadering op 24 Oktober besluit of daar nog werk nodig is of nie, maar onder andere die stadige inhandiging…
11 Oct 2025 1AM 1 min

SA vervaardigingsproduksie 1,5% laer in Augustus

Statistieke Suid-Afrika berig vervaardigingsproduksie het in Augustus met 1,5-persent gedaal vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Die afname is hoofsaaklik gedryf deur yster en staal, metaalprodukte, masjinerie, voedsel en drank. Nicolai Claassen van Statistieke SA sê vervaardigingsverkope het ook winste getoon, met 'n toename van 0,6-persent vanaf Julie en drie-persent…
11 Oct 2025 1AM 1 min

Namibië en Botswana teken rits ooreenkomste

Namibië en Botswana het 'n reeks ooreenkomste onderteken om bilaterale samewerking te verdiep, na afloop van die tweede sitting van die Bilaterale-kommissie. Die nuwe akkoorde dek 'n wye verskeidenheid sektore, waaronder energiebronne, sowel as verskeie memorandums van verstandhouding, soos oor samewerking in wetenskap, tegnologie en innovasie. Bykomende ooreenkomste is ook…
11 Oct 2025 1AM 1 min

Minstens 18 mense vermis na plofstof-fabriek ontplof

Minstens 18 mense word vermis en is vermoedelik dood nadat 'n ontploffing Vrydag by 'n ammunisiefabriek in die landelike gebiede van Tennessee die gebou vernietig het. Die ontploffing by Accurate Energetic Systems, sowat 100 kilometer wes van Nashville, is kilometers ver gevoel. Dit het tot verskeie sterftes gelei, maar teen…
11 Oct 2025 1AM 1 min

Copps 94.1 stop selfmoordpoging

Die Copps 94.1-span was besig in Windhoek Vrydagaand, met 'n selfmoordpoging en twee dronkbestuur-voorvalle te midde van ander insidente. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was saam met die Namibiese polisie aan diens en doen verslag:
11 Oct 2025 12AM 1 min

Boko beklemtoon belang van samewerking

Tydens die bilaterale vergadering tussen Namibië en Botswana het president Duma Boko die belangrikheid van die samewerking tussen die twee lande beklemtoon. Hy en president Netumbo Nandi-Ndaitwah het vandag die staatshoof beraad van die Namibië-Botswana Bilaterale-kommissie gehou.
10 Oct 2025 11AM 1 min
2132 – 2152