Reaksie word steeds ontvang op China se groeiende aptyt vir Namibiese beesvleis wat vraag tot 20 000 ton per maand kan laat styg, maar kenners waarsku dat produksie nie tred sal kan hou nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Ian Collard gepraat die uitvoerende hoof van Savanna Beef wat die…
Almandro Jansen, ekonoom van Simonis Storm, waarsku dat Namibië se groeimodel, gedryf deur hulpbronontginning en stygende skuld, sy perke bereik het. Jansen het in 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus gesê die land moet sy produktiewe basis herbou en lenings in werklike produktiwiteitswinste omskakel. Hy het beleidmakers aangespoor om buitelandse…
Die Internasionale Arbeidsorganisasie het Namibië gekritiseer vir die swak implementering van sy werksbeleid. Tydens 'n geleentheid van die Ekonomiese Vereniging van Namibië het die organsasie se werkspesialis Jealous Chirove gesê dat die Tweede Nasionale Werksbeleid van 2014 tot 2017, nie sy doelwitte bereik het nie. Die beleid was daarop gemik…
Die onderwysminister van Jamaika Dana Morris Dixon het haar kommer uitgespreek oor toegang tot die westelike dele van die eiland wat die swaarste deur Orkaan Melissa getref is. Sy sê gemeenskappe daar is heeltemal afgesny en toegang is moeilik as gevolg van skade aan infrastruktuur en meer. Sy voeg by…
Die Walvisbaai-munisipaliteit gaan 'n toerisme forum aanbied vir plaaslike toerisme-operateurs. Registrasie vir die forum sluit môre. Die geleentheid vind die 5de November plaas en poog om toerisme-operateurs te help met hulle besighede. Johanna Monde van die munisipaliteit gee meer inligting.
RISE Mzansi sal Vrydag die 1,5 triljoen Suid-Afrikaanse rand dobbelkrisis in Suid-Afrika tydens 'n mini-debat in die Nasionale Vergadering in die kollig plaas. Die Nasionale Dobbelraad se jongste verslag toon die bruto dobbelinkomste het van 59 miljard rand in 2023/24 gestyg tot 75 miljard rand in 2024/25, wat dui op…
President Cyril Ramaphosa sê die 30-persent tariewe wat Amerika op Suid-Afrikaanse uitvoere gehef het, het die land genoop om sy handelsomvang te diversifiseer. Die president is op ʼn tweedaagse staatsbesoek aan Switserland. Die land is een van Suid-Afrika se belangrikste Europese handelsvennote met ʼn handelsvolume van 18,2 miljard Suid-Afrikaanse rand…
Sal hy of sal hy nie? President Donald Trump hou aan met aanmerkings dat hy sal staan in 2028 en dan maak hy ‘n ommekeer en sê hy weet hy kan nie. Die Grondwet laat dit nie toe nie. Luister na Speaker Mike Johnson.
Kaptein Laura Wolvaardt het 'n meesterklas in kolfwerk aangebied toe Suid-Afrika Engeland met 125 lopies in Guwahati geklop het om hul eerste eendag-eindstryd in die Vroue-wêreldbeker te haal. Wolvaardt het 169 lopies gemoker, die hoogste telling ooit van 'n Suid-Afrikaner by 'n Wêreldbeker, sodat die Proteas 'n indrukwekkende 319 vir…
Die Verkiesingskommissie van Namibië het 'n opdatering gegee oor die aanvullende registrasie van kiesers vir die komende streek- en plaaslike owerheid-verkiesings. Die aanvullende registrasie was vanaf 4 tot 19 Augustus. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die kommissie se woordvoerder, De Wet Siluka.
Die jongste syfers deur Statistieke Suid-Afrika toon 'n toename in ondernemings wat misluk. Totale likwidasies het in September met byna 24-persent gestyg vergeleke met verlede jaar. Maatskappylikwidasies het met 16 gevalle toegeneem, en beslote korporasies met 12. Onica Mushwana van Stats SA sê die eerste nege maande van die jaar…
Die dodetal styg steeds waar Orkaan Melissa 'n pad van vernietiging in die Karibiese eilande gelaat het. Orkaan Melissa, nou 'n Kategorie 1 storm, spoed deur die Bahamas met gepaardgaande swaar reën en verwoestende winde. Die owerheid in Jamaika het vier lyke gevind en ten minste 23 mense, tien van…
Die Rehoboth Baster-gemeenskap is vandag in die Hooggeregshof vir hul appèl oor die betwiste Baster-kapteinskapverkiesing. Dit volg op 'n uitspraak deur regter Orben Sibeya, wat Rynault van Wyk se aansoek van die hand gewys het met die argument dat dit op 'n herroepe voorvaderlike wet staatmaak. Maar die gemeenskap sê…
China se groeiende aptyt vir Namibiese beesvleis kan die vraag tot 20 000 ton per maand laat styg, maar kenners waarsku dat produksie nie tred sal kan hou nie. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het landboukenner Wallie Roux gesê Namibië, die droogste Afrika-land suid van die Sahara, staar…
Na verskeie klagtes van kliënte het Telecom Namibia bevestig dat sommige iWay-e-posdienste onderbroke toegang en stadige werkverrigting ondervind. Uitvoerende hoof dr. Stanley Shanapinda het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die probleem veroorsaak is deur onlangse kragverwante voorvalle. Hy sê daar is geen presiese tydsraamwerk vir wanneer die dienste ten…
’n Groot uitbreking van Afrika-treksprinkane is in die Zambezi-streek aangemeld, wat minstens agt vloedvlaktegebiede affekteer. Landbouminister Inge Zamwaani het die uitbreking in die Nasionale Vergadering aangekondig en gesê die vloedvlaktes van Muyako en Masokotwani is bekende broeiplekke vir die spesie. Die ministerie het spanne ontplooi om spuitoperasies in die geaffekteerde…
Die UDM sê president Cyril Ramaphosa se viering van Suid-Afrika se verwydering van die Finansiële Aksietaakmag se gryslys ignoreer die werklikheid. Die adjunkpresident van die UDM, Nqabayomzi Kwankwa, sê terwyl die president tegniese voldoening en beleggersvertroue prys, staar miljoene Suid-Afrikaners honger, werkloosheid en vrees in die gesig. Hy sê tegniese…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.