GROOTfm 90.5 #JouMenseMyMense

#JouMenseMyMense

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie.

GROOTfm 90.5 en SPAR sê “Jou mense is my mense”!

Kuier elke Dinsdagoggend om 10:10 saam en hoor of Lindie Strydom ‘n ouma met ‘n cupcake verras, ‘n dogtertjie in die hospitaal besoek of vir die karwagte ‘n sakkie kruideniersware neem.

GROOTfm 90.5 se #JouMenseMyMense en sáám is ons beter, word met trots geborg deur SPAR.
Weekly Afrikaans South Africa Technology · TV & Film
264 Episodes
232 – 252

#JouMenseMyMense – Elize Visser – 25 September 2018

GROOTfm 90.5 — Elize Visser het al in Standerd 2 vir haar juffrou gesê sy wil eendag sielkunde swot. Toe daar na skool nie geld is om te gaan studeer nie, het sy soos haar pa, broer, oom en neef by die Suid-Afrikaanse Polisie aangesluit waar sy vir 30 jaar…
26 Sep 2018 8 min

#JouMenseMyMense – 11 September 2018

GROOTfm 90.5 — Ons het vroeër vanjaar by 11 jarige Divenette Streicher se Tannie, Cherize Steyn gaan kuier toe sy ons meer vertel het van hierdie dapper vegtertjie wie se blindederm gebars het na sy aanvanklik verkeerdelik met nierpypontsteking en blaasinfeksie gediagnoseer is. Divenette was ‘n maand en ‘n half…
11 Sep 2018 6 min

#JouMenseMyMense – 4 September – Angelique

GROOTfm 90.5 — Angelique Koekemoer (26) en haar 2 klein seuntjies se hele lewe het op 10 Augustus verander... Angelique se man, Marinus het oorinfeksie gehad. Gedurende die nag het hy gekla van verskriklike pyn en teen dagbreek was hy in 'n semi-koma. Angelique het die ambulans ontbied en Marinus…
4 Sep 2018 7 min

#JouMenseMyMense – 28 Augustus 2018 – Luitenant-Kolonel Larrie Swanepoel

GROOTfm 90.5 — Vir hierdie #JouMenseMyMense het ons by die Life Groenkloof Hospitaal gaan kuier waar Luitenant-Kolonel La-Rochelle Swanepoel, of in die militêre-omgewing, meer bekend as Larrie Swanepoel, weer Maandagaand 26 Augustus, opgeneem is. Kolonel Swanepoel is al 35 jaar en 236 dae in die Suid-Afrikaanse Polisie Diens – ‘n…
28 Aug 2018 6 min

#JouMenseMyMense – 21 Augustus 2018 – Hester Louw

GROOTfm 90.5 — ‘n Unieke #JouMenseMyMense waar nie net Lindie Strydom vir Hester Louw by ‘n koffiewinkel in Centurion gaan verras het nie, maar sommer ‘n hele bondel van haar vriendinne. Vriendinne wat met hulle daar-wees wou sê “ons gee om vir jou” en ander wat ‘n boodskappie gestuur het…
21 Aug 2018 6 min

#JouMenseMyMense 14 Augustus 2018 – Bronwyn Patterson

GROOTfm 90.5 — Bronwyn Patterson was 10 jaar oud toe ‘n opvoedkundige sielkundige haar eintlik moes toets vir ADHD, maar besef het dis iets anders wat haar onrustig maak in die klas. Sy is gediagnoseer met kroniese nierversaking - ongelukkig omdat geen ander dokter die blaaskondisie waarmee sy gebore is,…
14 Aug 2018 8 min

#JouMenseMyMense - #handsakvolliefde

GROOTfm 90.5 — Altesaam 400 handsakke met 16 verskillende items is die afgelope 2 weke ingesamel vir Lynné de Jager, Menlopret Kleuterskool, Bella Tydskrif en GROOTfm 90.5 se #handsakvolliefde Vrouemaandprojek! ‘n Konserwatiewe skatting van die waarde van die pragtige handsakke met verskillende items wat van parfuum en ‘n serp, tandepasta…
7 Aug 2018 5 min

#JouMenseMyMense – Kiara-Lee 31 Julie 2018

GROOTfm 90.5 — Op 16 Junie is klein Kiara-Lee (7) gediagnoseer met Breinstam Gilomo (DIPG). Die eerste kind in Suid-Afrika. DIPG word gereken as die ergste vorm van brein tumor wat bestaan en kom voor in die middel van die breinstam. Hierdie is nie ‘n tipiese kanker nie, want hy…
1 Aug 2018 5 min

#JouMenseMyMense #handsakvolliefde 24 Julie 2018

GROOTfm 90.5 — GROOTfm 90.5 het op 23 Julie ons #handsakvolliefde Vrouedagprojek saam met voormalige Mev. Suid-Afrika, Lynne de Jager, Bella Tydskrif en Menlopret afgeskop. Ons maak handsakke bymekaar wat ons volmaak met “liefde” in die vorm van shampoo, ‘n sepie en ‘n waslap, tandepasta, ‘n tandeborsel en roll on…
24 Jul 2018 4 min

Jou Mense My Mense 17 Julie.

GROOTfm 90.5 — #JouMenseMyMense – Amanda van Tonder – 17 Julie 2018 Dis terug skool toe vandag vir meeste van ons land se kinders en terwyl sommiges sug - nie lus vir opstaan in hierdie koue nie - is ander opgewonde om dalk vir die eerste keer in ‘n omgewing…
17 Jul 2018 7 min

#JouMenseMyMense Di. 10 Jul

GROOTfm 90.5 — #JouMenseMyMense saam met SPAR Carla-Mei (8) en haar boetie Graham van Niekerk (13), saam met mamma Cindy-Anne, is aktief betrokke by Rock of Hope, een van Tshwane se plekke van veiligheid waar baba’s en kleuters wat gatraumatiseerd, mishandeld of weggegooi is, versorg word. Sondaemiddae is hulle 3…
13 Jul 2018 6 min

#JouMenseMyMese – 03 Julie 2018

GROOTfm 90.5 — Na Rentia se man uitloop en haar los met twee klein kinders en ‘n hoop skuld, beland hierdie enkelmamma en haar kinders by ‘n plek vir hawelose mense. Dit was wel net ‘n tydelike stop op hulle lewenspad, want van daar af stap sy elke dag kilometers…
4 Jul 2018 6 min

#JouMenseMyMense 26 Junie 2018

GROOTfm 90.5 — Madelein Pienaar het ingeskryf vir SPAR se #FindYourWingz kompetisie op Facebook met die volgende kommentaar: “Today I found my wings in the support from my friends and family after being diagnosed with breast cancer this morning. Never knew so many people cared”. Dit was maar net twee…
26 Jun 2018 4 min

#JouMenseMyMense 19 Junie 2018

GROOTfm 90.5 — Hendrik Brits is ‘n enkelpappa wat van Mei maand af as sekuriteitsbeampte werk by Laerskool Hermanstad – die skool waar ons span laas week gekuier het vir ons #Skoolmetdiebestegees projek. En Hendrik moes duidelik indruk gemaak het, want soveel van GROOTfm se personeel het kom vertel van…
19 Jun 2018 5 min

#JouMenseMyMense

GROOTfm 90.5 — Annerike Heyneke (9) van Laerskool Menlopark het tydens een van die landloopwedlope waaraan sy deelgeneem het, raakgesien dat daar atlete saam met haar hardloop wat nie een tekkies het nie. Hulle het nie eers ‘n stel klere van hulle eie gehad nie en moes tussen die hardloopitems…
12 Jun 2018 6 min

#JouMenseMyMense

GROOTfm 90.5 — Henru Grobler was maar 8 maande oud toe hy in 2001 saam met sy boeties en sussie in ‘n motorongeluk was. Sy ma en pa was besig om te skei en Pappa Hendrik was nie daardie dag by toe dit gebeur het nie. Hy het die oproep…
29 May 2018 6 min

#JouMenseMyMense 22 Mei 2018

GROOTfm 90.5 — ‘n Konvooi van 6 noodvoertuie van die @HiRiskUnit met opwindende ligte en sirenes het vanoggend voor Gidion du Toit (9) se huis gestop vir ‘n adrenalien-belaaide uitstappie na die Centurion Brandweerstasie!
22 May 2018 6 min

#JouMenseMyMense

GROOTfm 90.5 — Tannie Annalie (63) is na 7 jaar met Lupus in Januarie 2018 met baie aggressiewe Motor Neuron Siekte gediagnoseer. Dit het haar bolyf heel eerste getref wat beteken sy sukkel om te praat, eet en asemhaal, maar sy was tot nou toe nog redelik beweeglik tot sy…
8 May 2018 4 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – 24 April 2018

GROOTfm 90.5 — Maria Bere is ‘n huishulp en ‘n enkelma wat hard werk om vir haar kinders ‘n beter toekoms te kan gee. Haar een dogter, Octovia, het ‘n beurs gekry en studeer hierdie jaar Skakelwese en kommunikasie deur UNISA. Op die 20ste Maart was Octovia ‘n slagoffer van…
24 Apr 2018 6 min
232 – 252