GROOTfm 90.5 #JouMenseMyMense

#JouMenseMyMense

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie.

GROOTfm 90.5 en SPAR sê “Jou mense is my mense”!

Kuier elke Dinsdagoggend om 10:10 saam en hoor of Lindie Strydom ‘n ouma met ‘n cupcake verras, ‘n dogtertjie in die hospitaal besoek of vir die karwagte ‘n sakkie kruideniersware neem.

GROOTfm 90.5 se #JouMenseMyMense en sáám is ons beter, word met trots geborg deur SPAR.
Weekly Afrikaans South Africa Technology · TV & Film
264 Episodes
212 – 232

#JouMenseMyMense – Martie Venter – 23 April 2019

GROOTfm 90.5 — Martie se German Sherperd, Flekkie keer eers beskermend by die voordeur van haar woonstel voor ons as’tware sy toestemming het om in te stap. Ons weet nie heeltemal wat om te verwag nie. Amper soos Ria toe Martie daardie eerste dag voor haar huis stop om na…
23 Apr 2019 6 min

#JouMenseMyMense – 16 April 2019 – Oom Danie en Sungardens Hospice

GROOTfm 90.5 — “Ek wil julle harte pick,” was die woorde waarmee Danie Engelbrecht sy briefie begin het. “Ek wil graag iets vir Sungardens Hospice doen, want vir die eerste keer in my lewe besef ek hoe afhanklik terminaal siek mense van ‘n plek en diens soos dié van Hospice…
16 Apr 2019 6 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Drika en Melt se seuntjie

GROOTfm 90.5 — Drika is 34 jaar oud en werk in die beheerkamer van ‘n sekuriteitsfirma in Pretoria-Noord. Haar man, Melt het vier maande gelede sy werk verloor. Hulle het nie ‘n kar nie, so waar hulle ook al moet wees, stap hulle – ook nou terwyl Melt elke dag…
9 Apr 2019 6 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Tannie Triena

GROOTfm 90.5 — Toe ons om die hoek kom met die bos blomme en geskenksakkie vol bederf om vir 79-jarige Tannie Triena by haar huis te verras, is sy aan die werk in die kombuis - presies soos haar dogter Cornel se briefie vertel het. Sy doen steeds alles self,…
26 Mar 2019 6 min

#JouMenseMyMense - 19 Maart 2019 - Giovanni Hendriks

GROOTfm 90.5 — Op die 25ste Februarie het Giovanni Hendriks die middag by die huis gekom en vir sy ma gesê daar is ‘n krapperigheid in sy keel. Later die aand kon hy nie meer praat of sluk nie. Giovanni het 8 jaar gelede aan Guillain-Barré-sindroom gely en was bang…
19 Mar 2019 7 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – 12 Maart – Huis Gideon

GROOTfm 90.5 — Huis Gideon se hoofdoel is die skep van ‘n liefdevolle en veilige omgewing waar getraumatiseerde kinders wat slagoffers van erge mishandeling en verwaarlosing was, geborgenheid en stabiliteit kan vind en sodoende weer kan leer om te vertrou. Die 6 kinders wat hier woon, het almal ouers, maar…
15 Mar 2019 7 min

#JouMenseMyMense - 5 Maart 2019 - David Modiba, die afrigter

GROOTfm 90.5 — GROOTfm 90.5 is die afgelope jaar betrokke by David Modiba se Atletiekklub in Olievenhoutbosch. Dit het begin by 9-jarige Annerike Heyneke wat tydens een van die landloopwedlope gesien het dat van die atlete nie tekkies het nie en tussen items die gehawende sportklere uitruil. Sy het begin…
5 Mar 2019 8 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR

GROOTfm 90.5 — Flippie se oogoperasie 54 jarige Flippie Maré en sy vrou, Cornelia woon in Mountain View, Pretoria. Beide is werkloos en kry net die maandelikse R1700 SASSA ongeskiktheidstoelaag. Cornelia was in ‘n motorongeluk. Haar brein is besig om te verkalk en sy kry epileptiese aanvalle. Sy het ‘n…
28 Feb 2019 6 min

#JouMensEMyMense- Opleiding vir Juffrouens in Plastic City

GROOTfm 90.5 — Met die tot standkoming van Plastic City/Plastic View of Woodlane Villiage op die 8 hektaar stuk grond agter Moreleta Gemeente in 2009, was daar 3000 geregistreerde inwoners en 865 shacks. Maar terwyl hofsake oor wat om met hierdie mense te doen 10 jaar later steeds voortsleep, het…
12 Feb 2019 6 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR - #16days by Lyttleton Polisiestasie

GROOTfm 90.5 — Die wêreldwye 16dae van aktivisme teen geweld, teen eintlik maar alle en enige mense, is jaarliks tussen 25 November en 10 Desember. Dis in hierdie tyd wat ons vanoggend by die polisiemanne en -vroue van Lyttleton Polisiestasie gaan kuier het. Hulle kry soveel keer eerstehands te doen…
27 Nov 2018 6 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR 20 November 2018 – Ilse-marie van Huyssteen

GROOTfm 90.5 — Vanoggend het Ilse-marie drie van haar vriendinne by Caffe Frescatti in Brooklyn Mall ontmoet. ‘n Span van 16 mense het skelm by die tafeltjies om hulle posisie ingeneem en gewag dat Su-an uit die ateljee bel. Ons wou simboliese vir Ilse-marie wys hoe vreemde mense wat van…
20 Nov 2018 8 min

#JouMenseMyMense – 13 November 2018 – Die Feldman-gesin

GROOTfm 90.5 — Baie van ons se blootstelling aan die oorweldigende hoeveelheid plaasaanvalle, is dit wat ons lees op die lamppale of die swart en wit skokkende feite van ‘n koue kliniese nuusberig of bulletin. Feite soos Robbie (56), sy vrou Hester (52) en hulle 16 jarige seun, Frikkie wat…
13 Nov 2018 13 min

#JouMenseMyMense - 6 November 2018 - Die karwagte van Monumentpark SuperSPAR

GROOTfm 90.5 — Elke week koop Lindie by Monumentpark SuperSPAR die blommetjie, geskenk of sakkie kruideniersware waarmee sy iemand gaan verras as deel van ons #JouMenseMyMense projek in samewerking met SPAR. Sy het eintlik al ‘n nie-amptelike staande afspraak met die vriendelike karwagte in die parkeerarea wat weet dat sy…
6 Nov 2018 7 min

#JouMenseMyMense – 30 Okt 2018

GROOTfm 90.5 — Rachel is een van die oudste lede van @Eleos – ‘n niewinsgewende organisasie wat reeds die afgelope 20 jaar minderbevoorregte kinders en gesinne in Pretoria-Wes help. Eleos naam beteken “genade in aksie” en hulle bring genade in aksie deur verhouding te bou met mense sodat mense uiteindelik…
30 Oct 2018 6 min

#JouMenseMyMense – 23 Oktober 2018 – “Our Home”

GROOTfm 90.5 — Vilna Badi stap al 13 jaar lank die strate van Sunnyside om een vrou op ‘n slag te red uit die kloue van human trafficking. Deur haar bediening, “Jesus4Real Ministries” het sy aanvanklik begin as ‘n evangelis wat uitreik na mense op straat met die eenvoudige begeerte…
23 Oct 2018 8 min

#JouMenseMyMense 16 Okt 2018

GROOTfm 90.5 — Elke week het Lindie die voorreg om saam met ons vriendin en kollega, Christine Henrico ons #JouMenseMyMense projek aan te pak... “Ek probeer die stories van mense met woorde vertel, maar Christine vertel boeke vol met haar prentjies. Sy het net ‘n manier om 'n oomblik vas…
16 Oct 2018 6 min

#JouMenseMyMense – Onderwyserdag saam met Deirdre

GROOTfm 90.5 — Ons het die afgelope week Internasionale Onderwyserdag gevier, maar moes wag tot die skole weer open om dit saam met ‘n baie spesiale onderwyseres te kan vier… 34 jarige Deidré wei haar lewe daaraan toe om kinders se kennis te verryk! Sy ‘n voltydse onderwyseres by Suiderbergskool,…
9 Oct 2018 7 min

#JouMenseMyMense - 2 Oktober - Bejaardes, Borskanker

GROOTfm 90.5 — 'n Dubbeldoor #JouMenseMyMense ter viering van #Bejaardedag en #Borskankermaand. Ons het by die Centurion Raad vir Bejaardes se Expo50 gaan inloer en Ouma Hettie langs die tennisbaan waar haar kleinseun aan ‘n tennistoernooi deelgeneem het, gaan verras met ‘n plantjie vir haar tuin en ‘n soetbederf soos…
3 Oct 2018 8 min
212 – 232