Maroela Media Wiele2Wiele

Wiele2Wiele

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.
Weekly Afrikaans South Africa Automotive
285 Episodes
1 – 20

Wiele2Wiele ry met diesel-Sportage en T-Roc

Hierdie week spandeer Wiele2Wiele tyd met die Kia Sportage dieselmodel en VW se T-Roc. Daar was GR-aksie met die GR Corolla en hulle gee ‘n motorwaarde-wenk. Hulle gesels ook met Jan Ryan van JR Motox Training en sy hart om van jonk na oud kennis te bemagtig om hulle veilig…
21 Mar 25 min

Wiele2Wiele gesels oor Takumi, Ora en Fronx

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die nuwe Mazda CX60 Takumi, spandeer tyd met die elektriese GWM Ora en ook met Suzuki se Fronx. Vir die wenk van die week beantwoord hulle die vraag oor of jy jou binnebrandenjin na elektries kan omskakel? Daar is ook die eerste MotoGP-opwinding vir…
14 Mar 26 min

Wiele2Wiele gesels oor BMW, Audi se vuurwaens

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele word daar gesels oor BMW se nuwe 5-reeks sedan, wat die BMW i5 M60 xDrive en BMW 520d insluit, en Audi se RS6 Avant Performance! Daar is ook ’n eerste vir Wiele2Wiele - ’n radiodrama oor Miniette en Golfvaas wat vir ’n koffie-afspraak…
8 Mar 25 min

Wiele2Wiele ry met GWM se Tank

Hierdie week gaan speel Wiele2Wiele met GWM se Tank 300, wat kan klim waar bobbejaan ’n kierie nodig het. Honda stel sy nuwe Elevate bekend - ’n kompakte sportnutsvoertuig wat jou sal verbaas - en spandeer ook tyd met Suzuki se sessitplek-XL6. Clinton Pienaar kuier in die ateljee en deel…
29 Feb 26 min

Wiele2Wiele ry met Merc se GLE-reeks

Hierdie week gaan ervaar Wiele2Wiele die nuwe Mercedes-Benz GLE SUV- en koepee-modelle. Vir die tweede keer in BMW se geskiedenis, is daar nog ’n M-model wat op sy eie staan - die BMW XM - en die span kan nie uitgepraat raak oor hierdie luukse wa wat hulle ervaar het…
22 Feb 24 min

Wiele2Wiele ry met nuwe Cruiser

Wiele2Wiele gaan ry met die nuwe Toyota Land Cruiser 70 Series - hierdie 4x4-ikoon het nou ’n nuwe dryfstel-opsie. Daar is nuus by Volkswagen Suid-Afrika, alles oor suspensie vir die wenk van die week en hulle gesels oor die Sasol Yamaha FZR 1000 brandstofnavorsing-motorfiets.
15 Feb 24 min

Wiele2Wiele ry met BMW X6 M60i

Hierdie week gaan gly Wiele2Wiele oor die pad met die nuwe Mercedes-Benz GLC Coupé, ry met die BMW X6 M60i-monster en raak weer aan die “Stand van die motorbedryf” (SOMI). Daar is nuus wat breek oor paraffien in diesel en dan kuier Clinton Pienaar in die ateljee met al die…
9 Feb 25 min

Wiele2Wiele gesels oor jongste motornuus

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele vertel hulle jou meer oor die sewende “Stand van die motorbedryf” (Somi)-geleentheid, hulle gly oor die pad met Mercedes-Benz se C220D, het gaan kuier by get\Worth en vertel jou meer oor motorfiets- en motorvervaardigers wat saamwerk.
2 Feb 25 min

Wiele2Wiele ry met Suzuki se vyfdeur-Jimny

Wiele2Wiele gaan ry met Suzuki se vyfdeur-Jimny, vertel jou oor Stellantis se toekomsplanne en sluit die 2024 Dakar-veldtydren af met ’n opsomming. SVI bied nou vir jou opsies om die nuwe Ford Ranger-bakkie te pantser en vir 2Wiele gaan hulle terug in tyd om te gesels oor die unieke klank…
25 Jan 26 min

Wiele2Wiele ry met peper warm Cayenne S

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Porsche se Cayenne S - die klank van hierdie 4.0L V8 met twee turboaanjaers, sal beslis vir jou hoendervel gee. Hulle spandeer ook tyd met Toyota se Vitz en gesels oor die 2024 Dakar-veldtydren. Vir die wenk van die week gesels die span oor…
19 Jan 26 min

Wiele2Wiele vat langpad met Scorpio-N

Vir die eerste program van 2024, vat Wiele2Wiele die langpad met Mahindra se Scorpio-N, gesels oor die Suider-Afrika deelnemers in die 2024 Dakar-ren, bring hoop wanneer dit by binnebrandenjins kom en gaan terug in tyd met Honda se VFR-motorfietsreeks.
12 Jan 24 min

Wiele2Wiele ry met nuwe BMW, Lexus en Mazda

In die week se episode van Wiele2Wiele ry hulle met die vuurwarm BMW M2, Lexus se luukse RX 500h F Sport en die Mazda2-buksie. Marcella Martin deel haar get\Worth Audi A1-storie en daar is ’n koffietafelboek wat jy moet hê - die 'Kyalami Grand Prix Circuit - 60 Years of…
14 Dec 2023 25 min

Wiele2Wiele: Ford se nuwe Puma onder die loep

Hierdie week in Wiele2Wiele word daar gesels oor Ford wat sy nuwe Puma bekendgestel het. Hulle gaan ry ook met die Land Rover Defender 110 2.0L PHEV en met die Volvo XC60 T8 Recharge. Die kollig skyn dan op die Suider-Afrika deelnemers vir die 2024 Dakar-ren. Clinton Pienaar en sy…
7 Dec 2023 13 min

Wiele2Wiele gesels oor nuwe Tiggo, Omoda en Jaecoo

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele word daar gesels oor Chery se nuwe Tiggo 7 Pro Max, die Omoda C5 GT en die Jaecoo J7. Elektriese motors, sonkrag en sonpanele word onder die loep geneem hulle gesels met Stephie Vetter oor volgende jaar se Dakar-ren wat om die draai…
30 Nov 2023 25 min

Wiele2Wiele: Als wat jy moet weer oor nuwe vyfdeur-Jimny

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele vertel hulle jou alles van die nuwe vyfdeur Suzuki Jimny. Mazda Suid-Afrika voorspel opwindende nuus vir die toekoms, get\Worth is op ’n somer aankoop-jollifikasie en die Franschhoek Klassieke Motorfees, sal jou beïndruk.
23 Nov 2023 24 min

Wiele2Wiele vier Ford se eeufees en Kia Sportage se 30 jaar

In hierdie week se Wiele2Wiele-episode word Ford se 100 jaar in Suid-Afrika en die Kia Sportage se 30ste verjaardag gevier. Hulle vertel jou alles oor olie danksy Motul - selfs hoe om olie vir ’n opwekker te maak. Vir 2Wiele word daar MotoGP gesels.
16 Nov 2023 25 min

Wiele2Wiele ry met Omoda, Vitz en GLC Merc

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele was daar drie uiteenlopende padtoetse - die futuristiese Chery Omoda C5, die bekostigbare Toyota Vitz-buksie en die Mercedes-Benz GLC 300d, met sy uitstekende dieselenjin.
9 Nov 2023 25 min

Wiele2Wiele geniet vet duinepret

Hierdie week vir Wiele2Wiele gaan speel Jeanette en haar vriendin, Monica de Jager, in die duine met ’n Toyota Hilux Legend vir die Atlantis 4x4-pretdag. Jeanette vertel ook meer oor die 'VW Women in Automotion'-geleentheid en die impak wat dié dames maak. Hulle gee raad oor parkeer in trurat en…
2 Nov 2023 26 min

Wiele2Wiele: Klein Suzuki-paneelwa beproef

In hierdie week se Wiele2Wiele-program word daar geredekawel oor die Mercedes-AMG C43 wat nou ’n 2.0 l viersilinder turbo-aangejaagde enjin het. Brendon Staniforth van Maroela Media deel sy indrukke van die Mercedes-AMG GLC 63 S E-Performance wat hy in Spanje ervaar het - dié is ook nie meer ’n V8…
26 Oct 2023 24 min
1 – 20