Maroela Media Wiele2Wiele

Wiele2Wiele

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.
Weekly Afrikaans South Africa Automotive
285 Episodes
20 – 40

Wiele2Wiele ry GR Supra en Suzuki Fronx

Hierdie week spandeer Wiele2Wiele tyd met die Toyota GR Supra, die nuwe Suzuki Fronx en vertel jou alles oor ’n besonderes geleentheid saam met GWM/Haval. Hulle gee raad oor wat jy moet doen as daar water in jou diesel kom en vertel jou van al die motorfietse wat hulle binnekort…
12 Oct 2023 25 min

Wiele2Wiele beleef luukse Lexus en Grand i10

Hierdie week gaan Wiele2Wiele op ’n ‘Lexus Art of Luxury Experience”, gaan ry met die VW Polo TSI 70 kW 5-spoed handrat en staan verbaas oor Hyundai se Grand i10-luikrug. Hulle gee raad oor wat jy moet nagaan as jou wiele nie wil aanskakel nie en Electric Zoom Bikes kan…
5 Oct 2023 24 min

Wiele2Wiele ry in styl met nuwe Lexus RX-modelle

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele in styl met Lexus se luukse nuwe RX-modelle. Hulle kan nie uitgepraat raak oor die Audi Driving Experience-dag by die Kyalami-renbaan nie en die span gaan ry ook met die Honda HR-V. Hulle gaan kuier by get\Worth vir spesiale eerste motor-stories en die SA Bakkie…
21 Sep 2023 26 min

Wiele2Wiele ry met Range Rover Autobiography

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die Range Rover Autobiography en gaan saam met die familie op ʼn avontuur met Kia se Carnival. Hulle gee raad oor die noodgereedskap wat jy altyd saam met jou op reis moet vat en gesels oor ’n bromponie waarvoor jy maar kan padgee -…
15 Sep 2023 24 min

Wiele2Wiele ry met Suzuki XL6

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Suzuki se splinternuwe XL6, hulle beleef die grootste motorskou op die Afrika-kontinent - die 'Festival of Motoring' - en spandeer tyd met die Ford Everest Wildtrak.
7 Sep 2023 24 min

Wiele2Wiele ry met Countryman en nuwe CX-5

Wiele2Wiele het met die MINI JCW Countryman en Mazda se pragtige CX-5 gaan ry en kan nie uitgepraat raak oor BMW se R 1250 GS Trophy Edition-motorfiets nie. Hulle gesels ook met Leonora Tima, hoof uitvoerende beampte by Kwanele Suid-Afrika, oor die fantastiese werk wat hulle doen rakende geslagsgebaseerde geweld…
31 Aug 2023 24 min

Wiele2Wiele gesels oor nuwe Fronx en Raptor-bakkie

Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Suzuki wat sy spliternuwe Fronx bekendgestel het en die span ervaar hoekom die wêreld gons oor Ford se Ranger Raptor. Hulle gee raad oor brandstofbesparing en vertel jou meer oor die BMW R GS 1250 Trophy Edition-motorfiets.
23 Aug 2023 26 min

Wiele2Wiele raak grênd met Opel Grandland

Hierdie week tydens Wiele2Wiele gaan ry hulle met Opel se nuwe Grandland, gaan op ‘n onvergeetlike Kia Carnival-avontuur en die span ry besigheidsklas in BMW se luukse elektriese i7. Hulle vertel vir jou alles oor SA BOTY (Bakkie of the Year) en daar is ’n nuwe 2-slag-motorfiets in hierdie motorhuis.
17 Aug 2023 24 min

Wiele2Wiele gesels oor nuwe Tiggo 8 en Grand i10

Hierdie week vir Wiele2Wiele is daar twee bekendstellings - Chery se nuwe Tiggo 8 Pro Max en Hyundai se nuwe Grand i10. Hulle gaan ry ook met die Mitsubishi Outlander, vertel jou alles oor suspensie en gee ’n geskiedenisles oor BMW se GS-motorfiets.
10 Aug 2023 24 min

Wiele2Wiele geniet Toyota se GR Corolla én GR Supra

In vandeesweek se episode kan die Wiele2Wiele-span nie uitgepraat raak oor Toyota se nuwe GR Corolla en GR Supra nie. Hulle vertel meer oor Volkswagen se Polo-modelle en hoe hande vuilmaak ʼn verskil maak. Vir 2Wiele raak die span weer nostalgies oor onvergeetlike reise.
3 Aug 2023 24 min

Wiele2Wiele maak ʼn draai by Volkswagen se fabriek

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Volkswagen Polo’s in Kariega en maak ʼn draai by die Volkswagen-fabriek. Hulle was ook by die Mercedes-Benz AMG Performance-toer by die Kyalami-renbaan. Hulle verduidelik alles oor ratkasolie vir die wenk van die week en vertel van onvergeetlike ysterperd-reise
26 Jul 2023 24 min

Wiele2Wiele ry met Citroën se C3-buksie

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Citroën se C3-buksie en BMW se vuurwa - die M340i. Nicol deel sy wysheid oor enjin-uitlegte en daar is verwikkelinge in die Louw-motorhuis.
19 Jul 2023 22 min

Wiele2Wiele leer Suzuki se Grand Vitara ken

Hierdie week bring Wiele2Wiele tyd met Suzuki se Grand Vitara deur en gaan ry met Volkswagen se nuwe Amarok 2.0 BiTDI-bakkie. Kia se nuwe Picanto, wat verseker die koppe gaan laat draai, is op pad en jy kan nou ’n gepantserde Mercedes-Benz V-Class kry deur SVI. Vir die wenk van…
13 Jul 2023 25 min

Wiele2Wiele ry met V6 Wildtrak

Hierdie week gaan kyk Wiele2Wiele hoe word Killarney-renbaan met ’n historiese Blou-gedenkplaat bekroon. Hulle gaan ry met die Ford Ranger 3.0 V6 Wildtrak en daar is interessante algemene nuus. Die vraag oor hoe vinnig jy teoreties van 0-100km/h kan versnel word beantwoord en Honda se nuwe Hornet-motorfiets is hier.
5 Jul 2023 24 min

Wiele2Wiele: Alfa vier mylpaal met nuwe Stelvio

Hierdie week in Wiele2Wiele vier Alfa Romeo hulle 113de bestaansjaar en stel die nuwe Stelvio bekend. Die W2W-span is beïndruk met Renault se Captur en glimlag oor BMW se 3-silinder X1. Hulle gee ook bestuurswenke vir die nat pad en ’n geskiedenisles oor motorfietsrenne.
29 Jun 2023 23 min

Wiele2Wiele leer meer oor waterstof-boot

Wiele2Wiele het meer gaan uitvind oor die Energy Observer-katamaran wat selfonderhoudend is wat energie betref en gebruik maak van Toyota se brandstofseltegnologie. Hulle spandeer ook tyd met Toyota se nuwe Fortuner en gaan ry met BMW se elektriese iX3. Hulle doen ’Speed Dating’ met voertuie by get\Worth en raak nostalgies…
22 Jun 2023 24 min

Wiele2Wiele gesels oor Volvo se elektriese trok-reeks

Wiele2Wiele het die bekendstelling van Volvo se elektriese vragmotor-reeks bygewoon, met Toyota se nuwe Vitz rondgerits en tyd met die Jeep Grand Cherokee spandeer. Hulle gee raad oor hoe jy ‘n turbo-aangedrewe enjin kan warm maak en wenke vir wanneer jy die reënweer met ‘n motorfiets moet trotseer.
14 Jun 2023 26 min

Wiele2Wiele gesels oor Volvo se elektriese stadsbuksie

Wiele2Wiele gesels oor die Ford Everest-reeks wat met twee nuwe modelle spog – die XLT en Wildtrak. Hulle ervaar Sweedse luuksheid met Volvo se elektriese C40 Recharge en vir die eerste keer in 37 jaar, het ’n leefstyl-bakkie tydens die Motor van die Jaar-kompetisie met die louere weggery.
8 Jun 2023 25 min

Wiele2Wiele gesels oor nuwe Tucson en C3

Wiele2Wiele het drie bekendstellings bygewoon - Hyundai se nuwe Tucson N Line, Citroën se C3 en Honda se Transalp-motorfiets. Hulle gaan ry ook met Renault se Koleos en vertel vir jou wat daardie rooi knoppie op sekere stuurwiele doen.
1 Jun 2023 23 min
20 – 40