Wiele2Wiele: Mazda se nuwe CX-5 bekendgestel

Loading player...
Hierdie week begin Wiele2Wiele op ‘n hartseer noot, met die vrouemoorde in Ekurhuleni en die tragiese sterftes van renjaers Robert Wolk en Marcel Angel. In reaksie op die vrouemoorde gesels hulle met die AA se uitvoerende hoof, Bobby Ramagwede, oor ’n spesiale 30-dae gratis gewapende reaksiediens vir vroue.

Hulle vertel jou van Nampo Kaap saam met Jaguar Land Rover en hulle Defender-reeks op uitstalling. Mazda stel dan hulle splinternuwe CX-5 sportnuts bekend. Vir 2Wiele fokus hulle onder andere op Darryn Binder wat die MotoAmerica Supersport-kampioenskap beklink het.
25 Sep Afrikaans South Africa Automotive

Other recent episodes

Wiele2Wiele: Monster Jeep onder loep

Hierdie week vir Wiele2Wiele stel JMC sy Grand Avenue-bakkie bekend, terwyl Hyundai se Creta en Staria opgeknikker is. Hulle vertel jou van ’n monster – die Jeep Gladiator Maximus 6x6, wat behoorlik die koppe laat draai! Hulle deel ook die nuus dat Brad Binder vanaf 2027 in die Wêreld Supermotorfiets-kampioenskap…
17 Sep 25 min

Wiele2Wiele: Tata stel sy Osprey bekend

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele stel Tata sy nuwe Osprey bekend, hulle bring tyd met Toyota se RAV4 GR-Sport model deur en die #SaferCarsforAfrica Global NCAP-botstoetsresultate word bekendgemaak. Hulle gesels ook oor die internasionale EICMA-motorfietsskou wat in November plaasvind.
14 Sep 24 min

Wiele2Wiele ry Changan Deepal S07

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele gaan hulle vir ’n toetsrit met die Changan Deepal S07 en op ’n visvang-avontuur met die Kia Tasman-bakkie.
30 Aug 26 min

Wiele2Wiele: Alles oor nuwe Duster

Hierdie week op Wiele2Wiele gesels hulle oor die nuwe Renault Duster, met ’n nuwe enjin wat tot die reeks toegevoeg is én ’n prys wat jou behoorlik gaan laat regop sit. Hulle gaan ry ook met die spesiale Defender 110 Trophy en die GR Corolla met ’n anime-tema. Vir die…
21 Aug 26 min