Radio Laeveld 100.5FM se eie Sanett Oosthuizen is genomineer vir ‘n GoeieGons!-toekenning as Radiopersoonlikheid van die jaar. Luisteraars ken haar as die stem op 100.5FM waarmee hulle soggens wakker word en hul dag aan die gang kry op weeksdae tussen 06:00 en 09:00. Wat dié “eenvrouvertoning” se nominasie nog meer…
Dit is vandag presies 44 jaar sedert Elvis Presley op 16 Augustus 1977 oorlede is. Robbie Robinson, ‘n inwoner van Barberton, wat ‘n ywerige versamelaar is van Elvis-memorabilia, het vir Gerhardt vertel hoekom hy so ‘n groot aanhanger is van die koning van rock ‘n roll. Luister weer hier daarna.
Nuwe rugbyreëls sal vir die volgende 12 maande wêreldwyd getoets word, en die Springbokke sal vanaand vir die eerste keer in hul kragmeting teen Argentinië in die Rugby-kampioenskap daarvolgens geblaas word. Oubaas Coetzer, streekkoördineerder van rugbyskeidsregters in Mpumalanga, verduidelik wat dit behels.
Die gewilde Blues-kitaarspeler Dan Patlansky tree vanaand weer by Yoons Eatery op. Hy het met Sanett gesels oor die siel van die musiek. Luister weer hier wat hy alles te sê het oor sy nering.
Laevelders is diereliefhebbers en dis nie ongewoon om met wilde diere in kontak te kom nie. Jy kry egter wilde diere en dan kry jy wilde diere. Chris Hobkirk van die Mpumalanga toerisme- en parkeraad (MTPA) het vir Sanett verduidelik hoe hulle verskillend optree na gelang van hul omgewing en…
Die nuwe The Capital Mbombela is gereed om in November sy deure te open. Besturende direkteur van Capital Hotels and Apartments, Marc Wachsberger, het vir Ludi meer vertel oor die opwindende nuwe R205 miljoen projek.
Vodacom Mpumalanga het nou ‘n aktiewe 5G-netwerk in Mbombela. Dit maak hulle die eerste diensverskaffer om dit in die provinsie te bied. Monde Ngcukana verduidelik presies hoe werk dit, en hoe verbeter dit mense in landelike areas se toegang tot vinnige internet?
Hoërskool Bergvlam het onlangs hul Jeugmentors vir 2021/22 aangewys. Dit is ‘n groep tieners wat hul helpende hande, simpatieke ore en omgeeharte aan hul mede-Vlammies bied. Juf. Ané Bekker, wat dit bestuur, het saam met Naledi en Malise vir Gerhardt meer daaroor vertel.
Daar was die afgelope ruk verskeie verwikkelinge in die Krugerwildtuin se oorlog teen stropers. Verlede week het SANParke aangekondig dat hulle sal begin om renosters in die wild strategies te onthoring. Ike Phaahla, die wildtuin se woordvoerder, het vir Sanett meer vertel.
Max de Kock het aan die einde van Junie ‘n noue ontkoming gehad met ‘n bobbejaan by sy huis in Marlothpark. Wat ‘n gewone Sondagmiddag moes wees, het bitter vinnig verander nadat kees hom aangeval het, en gebyt het. Hy vertel vir Gerhardt hoe vinnig dit gebeur het.
Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) sê die grootste bedreiging wanneer dit by finansiële misdaad kom is “social engineerging” waardeur mense gefop word om hul besonderhede te deel en dan so besteel word. Daar is soveel voorbeelde van die praktyk, wat net in die laaste maand of twee in die nuus was…
Dr. Anton Janse van Rensburg, 'n mediese dokter met baie ervaring as 'n toksikoloog, sê hy behandel al sy Covid-19-pasiënte met ivermektien - en met goeie resultate. Volgens hom word dit reeds 40 jaar lank in mense gebruik en as veiliger beskou word as aspirien. Sommige weergawes wat vir diere…
Mense sukkel om kop bo water te hou, sê Marina Erasmus van Sanca Laeveld. Die wêreld het sedert April 2020 baie verander en tot op hede het dit nog nie makliker geword nie. "Dit is nie soseer dat mense in hierdie tyd meer dwelms gebruik nie weens verveling of opwinding…
Albert Gryvenstein van Bossies Community Justice het geen bekendstelling nodig nie. Hierdie ervare ondersoeker is dikwels ook ongesiens agter die skerms betrokke met die oplos van misdaad. Hy het met Ludi gesels oor hoe ooglopend verskillende misdade aan mekaar verwant is.
Hoërskool Bergvlam se revue is vanjaar “Dreamville” Dit word van 10 tot 13 Augustus aangebied by die skool en is ‘n mengsel tussen “Pretville” en “Hairspray”. Dit is egter “Dreamville Take 2” omdat dit verlede jaar weens die Covid-pandemie gekanselleer moes word. Tamira Jamal en Caleb Hardnick het vir Gerhardt…
Vyf Laeveld-leerlinge het onlangs hul Springbokkleure ontvang as lede van die Mpumalanga-jeugkoor na die koor ‘n eerste en tweede plek behaal het by Talent America in Desember. Almal is leerlinge aan Curro Nelspruit: Eleanor Schwirzer, Danika van Deventer, Janno Janse van Rensburg, Christiaan Burger asook Max Schwirzer (hy en Eleanor…
Na 35 jaar in die onderwys roep Arrie en Rénaldia Henn die beroep – en die Laeveld - vaarwel toe. Arrie is reeds 22 jaar die hoof by Laerskool Nelspruit. Rénaldia het in 2000 die Nellie Miere-kleuterskool begin. Albei sê dit was 'n ongelooflike voorreg, en hulle gaan baie na…
Jak de Priester is ‘n storieverteller. Hy is Saterdag die vyfde kunstenaar by Innibos en RadioLaeveld se In jou huis-konsertreeks. Hy met Sanett gesels oor die inspirasie vir sy blog, “Koppieteefontein”. Luister weer hier daarna:
Margit Meyer Rödenbeck, oftewel Dowwe Dolla, sê sy is nie van nature snaaks nie, maar kan die snaaks sien in dinge. Sy ken egter van komedie, en het 'n "mini-werkswinkel" tydens Sanett te program aangebied om jou te help om 'n grappie beter te kan vertel.
22 Jul 2021
4 min
1160 – 1180
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.