Stonehouse sê die Pumas se skrums kort werk

Loading player...
Die hoofafrigter van die Airlink Pumas, Jimmy Stonehouse, sê hy is tevrede met sy span se veggees, na hul oorwinning van 28-13 teenoor die Griekwas Vrydagaand in Mbombela.
Die Pumas bly dus onoorwonne in vanjaar se Curriebekerkompetisie na drie rondes.
Hulle kon drie drieë druk teenoor een deur die Griekwas.
Stonehouse sê die sy span was teen druktyd onder druk sonder die bal en die besoekers het hul verdediging getoets – ook vir die 10 minute wat hulle met 14 mans moes speel na Tinus de Beer koelkas toe gestuur is.
“Ons gaan noukeurig na ons balbesit moet kyk vorentoe,” sê hy.
27 Mar 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Pumas segeloos na Curriebeker se tweede ronde

Die Cheetahs en Boland Kavaliers het hul onoorwonne lopies in die Curriebeker-premierafdeling met oortuigende oorwinnings voortgesit tydens die tweede ronde die naweek. Die Cheetahs het die Haaie met 43-21 in Bloemfontein geklop, met Prince Nkabinde wat 'n driekuns behaal het en Faf de Klerk wat twee keer gaan druk het…
28 Jul 10 min

Tweelingbroers maak Uplands baie trots

Siphesihle en Thubelihle Marule is tweelingbroers wat skoolgaan by Uplands danksy 'n KLM-beurs. Binne vier jaar het hulle van nuwelinge in rugby tot provinsiale verteenwoordigers gevorder en vanjaar die eerste spelers van Uplands in 20 jaar geword wat vir die o.18-Cravenweek gekies is. Siphesihle het ook nasionale erkenning verwerf deur…
27 Jul 11 min

Graskopboksers wen SA-titels

Die Graskop junior boks sensasies Arion Fraser (Weltergewig) en Dylan Roets (lig, middelgewig) het by die Saterdag Ontbyt ateljee kom inloer om oor hul onlangse oorwinnings te gesels by die Nasionale boksbyeenkoms in Kaapstad. By hulle was die Afrigter van Highlands Boxing Club asook die huidige Provinsiale Afrigter, Lance Gibson.
27 Jul 17 min