100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
1,276 Episodes
1180 – 1200

Plaaslike sekuriteitsmaatskappy span saam om die Laeveld te beveilig

Daar is tans geen teken van oproerigheid in die Laeveld nie. Plaaslike sekuriteitsmaatskappye werk ook nou amptelik saam. Callum MacPherson van Hi-Tech Nelspruit, Albert Gryvenstein van Bossies Community Justice en John Meintjes van ACS Sekuriteit en Nelspruit GPF bestuur die gesamentlike operasionele komitee (JOC). Hulle het met Ludi gesels oor…
14 Jul 2021 4 min

Baba Ayden gediagnoseer met HIE

Klein baba Ayden van Niekerk, wat twee maande gelede by die huis in Lydenburg ophou asemhaal het, is met HIE gediagnoseer. Sy ma, Estelle van Niekerk, het vir Sanett verduidelik dat 'n tweede MRI gister bevestig het dat sy hele brein skade gelei het. Sy hoop egter steeds vir 'n…
7 Jul 2021 1 min

Ters-betalings weer goedgekeur vir restaurante

Eienaars van restaurante mag weer binnekort aansoek doen vir hulp met die betaling van salarisse. Aansoeke sal waarskynlik binne die volgende twee weke open vir uitbetalings vir Julie. Dit is ‘n oorwinning vir elke restaurant-eienaar en werknemer. Die Restaurantvereniging van Suid-Afrika (Rasa) sê die regering het ‘n verantwoordelikheid teenoor restaurante,…
6 Jul 2021 2 min

S33K die volgende stap vir leiers in tegnologiese vooruitgang

CAJV het verlede Vrydag ‘n opwindende nuwe projek in Witrivier bekendgestel wat die gesig van tegnologiese vooruitgang in die land na die hoogste vlak neem. Saam met die internasionale leiers in kunsmatige intelligensie en kubersekuriteit, Protected by Artificial Intelligence (PBAI) – is S33K ontwikkel.
2 Jul 2021 11 min

Covid-inentings: Wat is jou regte by die werk?

Dit gons oor Covid-inentings in die werksplek. Ingevolge wetgewing is daar niks wat werkgewers verhoed om te vereis dat werknemers ingeënt moet word nie. Maar, sê Carmen Saffy, ‘n arbeidsprokureur by Walters & Stander, werknemers het ook regte. Sy het dit in meer besonderhede aan Sanett verduidelik.
24 Jun 2021 20 min

Die impak van eiendomswaardasies

Mbombela-munisipaliteit het die jongste waardasierol van eiendomme voltooi en eienaars kan vanaf 1 Julie tot 6 Augustus toegang tot dié rol verkry. Raadslid Kleinste Janse van Rensburg het met Ludi gesels oor die implikasies wat dit vir eienaars van residensiële, kommersiële en landbougrond inhou.
23 Jun 2021 13 min

Boelies in die werksplek: Hier is raad

Wie is nie ‘n boelie nie? vra Hein Hofmeyr, opvoedkundige sielkundige van Mbombela. Hy sê dit kan enigiemand wees wat jou afknou. Nee, jy los boelies nie altyd op skool agter nie. Hulle volg 'n mens soms tot in die ouetehuis. Hy het met Sanett hieroor gesels.
11 Jun 2021 14 min

Moenie 'boelies' te vinnig oordeel nie

'n Mens word ál meer bewus van boeliegedrag. Le-Verne Wagner, ‘n opvoedkundige sielkundige wat in Mbombela woon, sê daar is verskillende tipes boelies. Sy het vir Sanett vertel hoe boeliegedrag ook misverstaan kan word. 'n Mens moet baie versigtig wees, sê sy.
4 Jun 2021 19 min

Klubrugby: Geen toeskouers by derby, asseblief

Witrivier en Nelspruit se rugbyspanne sê mekaar Saterdag vir die eerste keer sedert die 2019-seisoen die stryd aan. Ongelukkig mag geen toeskouers by die veld toegelaat word nie weens inperkingsregulasies. Fanie Roos, ondervoorsitter van Witrivier-rugbyklub, en Morné Crous, afrigter van Nelspruit-rugbyklub, het meer met Ludi daaroor gesels.
2 Jun 2021 21 min

Regstappe beplan na vals nuus oor stroping

‘n Herrie het losgebars na 'n groep toeriste gesien het hoe 'n dooie renoster se horing deur 'n veldwagter in die Krugerwildtuin verwyder word. Media het berig dat die voorval vrae laat ontstaan het oor of die veldwagter self betrokke is by stroping. Ike Phaahla, sê hulle beplan regstappe teen…
26 May 2021 11 min

Lowveld High-skoonheid op pad na Guatemala

Bajabulise Thela (17), ‘n gr. 12-leerling aan Lowveld High, Mej. Tiener Suid-Afrika Bo-nasionaal, sal eersdaags die land verteenwoordig in die Mej. Tiener Bo-nasionale kompetisie. Dit word in Oktober in Guatemala aangebied. Daar sal sy teen 14 deelnemers van ander lande deelneem om die internasionale kroon te dra. Sy is in…
24 May 2021 8 min

Geraasbesoedeling steek weer kop uit in Mbombela

Geraasbesoedeling het die afgelope weke weer lelik kop uitgesteek in Mbombela. Munisipale raadslid, Tersia Marshall, het met Réhann gesels oor presies wat as geraasbesoedeling beskou kan word, en wat jou as inwoner te doen staan as jy hierdeur geraak word.
19 May 2021 16 min

Mbombela-stadion gereed vir aksie

Mbombela-stadion het weens die Covid-19-pandemie twee groot teleurstellings beleef. Eers sou die All Blacks in 2020 ‘n toets hier gespeel het, en toe sou die Britse en Ierse Leeus eersdaags ook hier 'n verskyning gemaak het, maar dit is nou ook van die baan. Die stadion is egter allermins ‘n…
17 May 2021 13 min

Transito-rooftogte in die Laeveld: Hoe gemaak as jy op dit afkom?

Callum MacPherson van Hi-Tech Sekuriteit sê hy is bekommerd oor hoe geweldadig misdaad raak, en hoeveel lede van die publiek in gevaar gestel word, veral deur voorvalle soos die transito-roof Donderdagoggend op die R40 tussen Mbombela en Barberton. Hy het met Ludi gesels.
6 May 2021 5 min

6:8 Centrum open in Witrivier

Sonder om die wiel te herontwerp het die NG gemeente in Witrivier innoverende sturkture en sisteme in plek gesit om nie net hulp aan behoeftiges volhoubaar aan te bied nie maar ook voortdurend opbouend.
26 Apr 2021 42 min

Opwindende verwikkelinge vir noodhulp in Hazyview

Daar is opwindende verwikkelinge op die mediese horison van Hazyview. Dr. Kobus Hugo, wat onlangs die ontslape dr. Robbie Nel se praktyk op die dorp oorgeneem het, het vir Sanett vertel wat alles daar beplan word om die gemeenskap beter te dien. Luister weer hier na die gesprek.
20 Apr 2021 10 min

Oupa Pilane trek te velde teen aangaande MTPA-staking

Die onwettige staking deur werknemers van die MTPA duur vandag, na 11 dae, steeds voort. Hul kantore en reservate is vanaf verlede Dinsdag gesluit. Lede van Nehawu het verskeie eise aan die MTPA-bestuur gestel. Woordvoerder van die agentskap, Kholofelo Nkambule sê hulle wag op terugvoer van die vakbond se lede…
16 Apr 2021 7 min

Fenomenale gemeenskap, reddingswerkers geloof vir Selanna se redding

Selanna Biggs (19) is Sondag gevind waar sy amper 28 uur in haar motor vasgekeer was na ‘n ongeluk. ‘n Groot soektog is van stapel gestuur sedert sy Saterdagmiddag as vermis aangemeld is. Haar ma, Melisa Biggs, sê dit was verstommend hoe die gemeenskap saamgetrek het en ingespring het om…
16 Apr 2021 19 min

Slaan stres vir ‘n ses

Stres kan positief gebruik word, sê dr. Gustav Gous, ‘n afrigter vir leiers en internasionale spreker. Hy voer aan dat stres ‘n slegte naam gekry het, omdat mense dit dikwels met die stressors in die lewe of hul simptome daarvan, verwar. Gous beskryf stres as waar ‘n bedreiging en reaksie…
15 Apr 2021 15 min

Vermiste Nelspruit-meisie gevind na lang soektog

Die 19-jarige Selanna Biggs is gistermiddag gevind, na sy Saterdag as vermis aangemeld is. Sy was in ‘n motorongeluk op die Kaapsehoop-pad. ‘n Groot soektog na haar is van stapel gestuur. Volgens haar ma, Melisa, was sy vir meer as 27 uur in die wrak vasgekeer waar dit onder in…
12 Apr 2021 9 min
1180 – 1200