Twintig van Nelspruit Gimnastiek Akademie se gimnaste is op pad om in Oktober aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe te gaan deelneem. Amoré Gerber is vlak 8 en Jasmin Muller, Isabel Prinsloo en Iané Swart vlak 7 gimnaste. Hulle het met Gerhardt gesels oor hul liefde vir dié sport.
Dit is somer en met dit raak slange meer aktief. Soos die gesegde lui is die nie 'n kwessie van of jy dalk met een te doen gaan kry nie, maar eerder wanneer. Plaaslike slangvanger, Anneke van Schoor het vir Gerhardt vertel wat elke Laevelder van slange moet weet.
'n Kankerdiagnose is nie vreesaanjaend genoeg nie, maar kankerpasiënte staar gewoonlik ook 'n finansiële berg in die gesig, hetsy hulle nie 'n mediese fonds het nie, of hul fonds nie alle behandeling volledig dek nie. Moving Mountains se Izelle Pretorius het met Amanda gesels oor hoe dié organisasie kankerpasiënte prakties…
Die witrenoster-kalfie wat gered is nadat hy wees gelaat is as gevolg van 'n onlangse stropingsvoorval, is dood. Care for Wild Africa het onverpoosd gewerk om hom te probeer red nadat veldwagters van SANParke hom in die Manyeleti-natuurreservaat gekry het. Petronel Nieuwoudt, stigter en eienaar van Care for Wild Africa,…
Inheemse bloukurpers word was 'n hoogs bedreigde spesie geklassifiseer – weens verskeie bedreigings. Een daarvan is die Nylkurper wat die Bloukurper bedreig weens verbastering. Juandré Buchholz, 'n hengelaar met 'n passie vir die bewaring van inheemse visspesies, het met Gerhardt gesels.
Ekonomiese raadgewer vir die Optimum beleggingsgroep, dr. Roelof Botha, sê Suid-Afrika se ekonomie na die grendeltydperk van die Covid-pandemie op die herstelpad is. Hy sê die jongste data wys hoeveel industrieë reeds herstel het tot dieselfde vlakke of beter as voor die pandemie: dit sluit in landbou, uitvoere, kommoditeitspryse en…
Hilmar Backer is Sondag in ‘n fratsongeluk dood terwyl hy en ‘n vriend, Rudi Serfontein, in Delmas ‘n base jump gedoen het. Hy is wyd beskryf as iemand wat elke dag voluit geleef het, ‘n rolmodel was vir ander en vreesloos avontuurlustig was. Sy vriendin Denise von Zweel en mede-…
Hoërskool Bergvlam se Louise Fullard se passie is aanlyn digitale onderwys. Sy vertel vir Gerhardt hoe die Covid-19-pandemie die omarming van die vierde industriële revolusie versnel het.
Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (Popia) het op 1 Julie in werking getree en onkunde is nie 'n verskoning nie. Plaaslike bemarkingsafrigter, Alison Blair, het raad met hoe maatskappye Popia aan hul werknemers kan verduidelik om te verseker almal voldoen aan die vereistes.
Hoërskool Nelspruit se ontvangsdame, Theresa de Wet, is as Solidariteit se Kantoorkampioen vir 2021 aangewys by hul Gilde vir Kantoorpraktisyns se gala-aand verlede week. Sy het met Robin gesels oor dié groot eer.
Witrivier se eie Riekie Trollip het vanjaar die top 10 bereik in Checkers en Shoprite se jaarlikse Championship Boerewors-kompetisie. Sy het ‘n bietjie van haar resep met Ludi gedeel. Luister weer hier na dit en na haar braaiwenke.
Die Nelspruit Eisteddfod is in volle swang, na dit 'n bietjie uitgestel moes word en verlede jaar glad nie kon plaasvind nie weens die Covid-19-pandemie. Voorsitter, Werna Walters, het vir Amanda vertel watter aanpassings hulle moes maak en almal uitgenooi om te kom kyk.
Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (Popia) het op 1 Julie in werking getree en onkunde is nie 'n verskoning nie. Plaaslike bemarkingsafrigter, Alison Blair, vertel hoe veral bemarkers heel eenvoudig hulself met dié wet kan belyn. Sy deel die agt maklike stappe met Sanett.
Hoërskool Bergvlam het onlangs geskiedenis gemaak deur hul eerste span in te skryf vir die ATKV-debatkompetisie. Hulle het derde geëindig in die kompetisie. Juf. Anseri Bojé het saam met die juniorspan Nina van Heerden, Milde Cronjé en Sariëtte Kuperus met Gerhardt gesels oor hoekom geskiedenis ‘n verpligte vak op skool…
Bokkie Taute, 'n oud-omroeper by 100.5FM, is gisteraand in 'n hospitaal in Pretoria weens Covid-19 verwante oorsake oorlede. Sy was een van die eerste vroue-omroepers by Radio Laeveld. Luister weer hier na 'n deel van een van haar programme, Baba Praatjies, uit 2006 saam met sus. Rienie.
Penryn College sal vanaf volgende jaar beide die Cambridge- en IEB-kurrikulums vir gr. 8’s bied. Dit maak hulle die eerste skool in die Laeveld wat beide aanbied. College hoof, Albert Pienaar, verduidelik presies wat die verskil tussen die twee is, en hoe hulle dit sal infaseer.
Dit gons oor die Departement van Maatskaplike ontwikkeling se groenskrif oor ‘n basiese-inkomste-toelaag wat beoog om inkomste-ondersteuning te bied vir mense van werkende ouderdom (18 tot 59). Om dit te befonds, word voorgestel dat diegene wat werk sowat 10% meer inkomstebelasting sal moet betaal. Henri Pieters van Stabilis het vir…
Die Kinnear-gesin van Mbombela het onlangs 'n baie spesiale toevoeging tot hul gesin gemaak met Katie, 'n driebeen-Africanus wat hulle by Pro-Life Pet Rescue aangeneem het. Sy is deur 'n kar raakgery en haar linker agterbeen se femur sowel as haar pelvis is gebreek. Reuben en Vincent Kinnear het vir…
Hoërskool Nelspruit (NHS) se revue het al ‘n jaarlikse hoogtepunt geword in die Laeveld. Dit kon verlede jaar glad nie plaasvind nie weens die Covid-19-pandemie, en juis weens die pandemie is besluit om Skouspel 2021 vanjaar ‘n bietjie anders te benader. Weens beperkinge op hoeveel mense op ‘n plek mag…
Die storie van die sogenaamde Munsieville-moordenaars lees soos ‘n riller. Shaun Oosthuizen is op 4 Augustus tot lewenslange trokstraf gevonnis vir die moord in 2018 op Hetta Potgieter in Mbombela - asook 15 jaar vir roof. Hy en Johnny du Plooy dien egter al reeds twee lewenslange vonnise uit vir…
17 Aug 2021
10 min
1140 – 1160
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.