Vrydag is die jaarlikse inisiatief om hoede te dra vir kinders wat palliatiewe sorg benodig. Landi Bezuidenhout van Nelspruit Hospice het vir Robin meer vertel oor #HatsOn4CPC.
Hoërskool Lydenburg is amptelik op 27 Julie 1921 gestig. Die skool hou hierdie naweek sy Eeufeesviering. Louise Steenkamp, 'n oud-leerling en afgetrede onderwyser van die skool, het met Gerhardt gesels.
Hoërskool Lydenburg hou hierdie naweek hul Eeufeesviering. Nuwe skoolhoof, Michael van der Merwe, het vir Gerhardt vertel wat sy fokus vir die skool sal wees vir die volgende vyf jaar.
September is Internasionale Alzheimers-bewusmakingsmaand. Elria Erasmus, die senior maatskaplike werker by Alzheimers Mpumalanga, verduidelik vir Amanda wat jy alles moet weet.
Curro Nelspruit en Lowveld High het besluit om saam te span om hul leerlinge se kultuurtalente beter ten toon te stel. Curro se laerskool junior- en seniorkoor gaan daarom nou saam met Lowveld High se koor optree by die koorfees wat hulle saam aanbied in Oktober. Alta Ehrke, Curro se…
Hoërskool Nelspruit se juf. Kriekie Bekker is aangewys as ‘n finalis in Solidariteit se Onderwyser van die jaar-toekenning. Sy het met Gerhardt gesels oor haar passie vir kinders. Luister weer hier na die gesprek.
Hoërskool Nelspruit se juffrou Kriekie Bekker is aangewys as ‘n finalis in Solidariteit se Onderwyser van die jaar-toekenning. Dit poog om merkwaardige onderwysers te vereer vir hul bydrae en harde werk. In elke kategorie is ʼn top-20 aangewys. Stemme van die publiek bepaal nou watter hoërskool- en laerskool-onderwyser as onderwyser…
Voorkoming is die beste teenvoeter vir hondsdolheid, sê dr. Christo Nortje van Van Wijkstraat-dierehospitaal in Mbombela op hondsdolheid-bewusmakingsdag. Daar is nie genesing daarvoor nie, is baie algemeen en endemies aan alle provinsies in die land. Troeteldiere kry dit wanneer hulle in aanraking kom met diere soos meerkatte, muishonde, jakkalse of…
Die nimlike Wiebke Holm (wat feesgangers goed leer ken het by die afgelope jare se Innibos Kunstefeeste) is terug om die Laeveld te vermaak met haar unieke "dinge-teater" soos sy dit noem. Sy het vir Amanda vertel van haar nuwe Rottevanger-persona.
Reg oor die wêreld kry ʼn mens in strate en op pleine musikante wat met ʼn perdekop hul instrumente bespeel. Tydens Bos InniMall kry die Laeveld ook die geleentheid om hierdie perd van nader te beskou. Hy het met Amanda gesels (ons het sy stem vermom om sy mens-identiteit te…
Tieners moet nie uitmis op die absolute winskoop-maar-groot-vermaak wat Vrydagaand by die Ice Rink in I'langa Mall op hulle wag nie. Sandra Jacobs en Henri Gouws van Bos InniMall het met Ludi gesels oor die 80's-tema.
Na twee jaar van geen Innibos Kunstefees nie is Bee Creative terug om die naweek die kleinspan kreatief te vermaak. Suzette van Zyl wat al jare saam met Innibos die woelwaters vermaak het met Amanda gesels.
Bos InniMall het afgeskop! Een van ons plaaslike kunstenaars wat daar optree, Coenie Naudé, is uiteraard baie opgewonde. Hy het met Mireille gesels. Besprekings vir die musiekvertonings is beskikbaar by die onderskeie restaurante. Besoek Innibos of I'langa Mall se webtuistes vir die besonderhede.
Die private grondeienaars wat 74% van die Makhonjwa-Wêrelderfenisgebied besit, wil nie onttrek nie, maar dit lyk onvermydelik omdat daar nie by jarelange ooreenkomste oor die area se bestuur gehou word nie. Nico Oosthuizen veruidelik vir Ludi hulle hoop nog om dit te kan red.
Schalk Bezuidenhout is die week te sien saam met musikant Wesley van der Westhuizen. Die gehoor kan uitsien na komedie en oorspronklike liedjies, en hoewel sy sang swak is, is die musiek goed. Hy het met Robin gesels oor die vertoning.
Die internasionaal bekroonde plaaslike romantiese komedie “Kaalgat Karel” het Donderdag sy nasionale première by Bos Innimall. Regisseur Meg Rickards het met Gerhardt gesels.
Dowwa Dolla probeer al geruime tyd haar suigstokkie verkoop, maar die pandemie het dit in die wiele gery. Nou is sy op ‘n bietjie van ‘n vaarwel-toer. "As ek nie krap waar dit nie jeuk nie, doen ek mos nie my werk nie," sê Margit Meyer-Rödenbeck vir Amanda.
Juané le Roux, ‘n gr. 8-atleet van Hoërskool Nelspruit, het Saterdag tydens ‘n atletiekbyeenkoms in Boksburg drie allemintige nuwe Suid-Afrikaanse rekords in die F46-klas vir dogters o/14 opgestel. In hierdie klassifikasie het atlete ‘n enkele amputasie bo of onder die elmboog. Juané het die gewigstoot-rekord verbeter van 2,4 m na…
Na die derde wilde perd in ses maande in Kaapsehoop verlede week doodgery is, heers daar opnuut kommer oor die perde. Leon Smith wat al vir 28 jaar in Kaapsehoop woon het vir Gerhardt vertel dat, hoewel hulle soms siek word, in ou goudmyne val en selfs soms in onwettige…
Die Unesco Makhonjwa-Wêrelderfenisgebied sal deur ‘n advieskomitee bestuur word, sê die uitvoerende hoof van die Mpumalanga toerisme- en parke-agentskap, Johannes Nobunga. Die MTPA is die bestuursgesag oor die gebied. Nobunga het met Ludi gesels oor al hul planne.
20 Sep 2021
18 min
1120 – 1140
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.