Curriebeker-kragmeting Saterdag in Mbombela kan bepalend wees

Loading player...
Die Haaie en Cheetahs sal die naweek probeer om tuis halfeindrondes te verseker in die Curriebeker deur onderskeidelik die Leeus in Durban en die Airlink Pumas in Mbombela te klop. Die Pumas bly egter in die wedloop om ‘n tuis halfeindronde. Sou die verdedigende kampioene egter hul oorblywende wedstryde - teen die Cheetahs Saterdag en volgende naweek teen die Griekwas - verloor, sal hulle glad nie die laaste vier haal nie. Beide de Pumas en Cheetahs het die afgelope weke teleurstellende uitslae behaal. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, en uitvoerende beampte van die Pumas, Marius van Rensburg, gesels met Gerhardt.
2 Jun 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Sonja Stadler gasspreker by SACBW

Die positiewe sielkundige, Sonja Stadler, is Donderdag die gasspreker by die SACBW se eerste netwerksessie vir 2026. Sy gesels met ons oor hoe om veerkragtigheid te kweek.
19 Jan 13 min

Dagbesoeke aan Krugerwildtuin hervat, maar hekkwotas geld

SANParke het aangekondig dat dagbesoekers aan die Krugerwildtuin vanaf vandag weer toegelaat sal word. Besoeke is verlede week tydelik opgeskort te midde van grootskaalse oorstromings na aanhoudende swaar reën. Die kwotas geld by Malelane, Numbi en Paul Kruger met safari-voertuie wat ingesluit is.  Die noorde van die park bly ontoeganklik…
19 Jan 6 min

Mbombela reënval

Mbombela kom eintlik heel lig af van die huidige swaar reënval wat dele van Limpopo, die Krugerwildtuin en Mosambiek wegspoel. Laeveld Brunch gesels met Joggie Crots oor die reënvalsyfers.
16 Jan 8 min

Krugerwildtuin beperk dagbesoekers, sluit alle toegang tot Noorde

Die Krugerwildtuin het besluit om nie meer dagbesoekers toe te laat weens aanhoudende en swaar reënval wat die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies raak. Gaste en personeel is uit Letaba-ruskamp ontruim na dit oorstroom het. Phalaborwa-hek sal ook vir ten minste 24 uur sluit so daar is tans geen toegang tot die…
15 Jan 4 min

Nuwe rekord vir goudprys

Goud het gisteroggend tot 'n rekordhoogtepunt van meer as $4,600 per fynons gestyg. Stian Schutte van PSG Wealth sê beleggers beskou goud ook as 'n veilige hawe in tye van geopolitieke spanning.
15 Jan 6 min