GROOTfm 90.5 Route326 met Francois en Anelma

Route326 met Francois en Anelma

Route326 met Francois en Anelma is ń spontastiese vermenging van onvoorspelbaarheid en tendense sonder grense. Hierdie dinamiese duo vergesel jou van drie tot ses en kleur jou laatmiddag in met konteks, kief klanke en koel kwinkslae. Hulle gesels met die OG's en die VIP's en bewys nie almal hoef te peak in matriek nie. Wees daar of wees ń blaar.
Monthly Afrikaans South Africa Music
860 Episodes
820 – 840

Sally Vaughn kuier in Gister Se Grotes

Sy staan bekend as Mama Country. Mense assosieer haar met die groot treffer Glory Glory Hallelujah, onder andere. En dis nie almal wat kan sê hulle het in Amerika 'n staande ovasie gekry voor 20 000 konsertgangers nie.
8 Jul 2018 13 min

Karin Hougaard kuier in Gister Se Grotes

Sy is sedert 1983 tot op hede aktief besig om kuns te maak, hetsy as sanger, skrywer, digter of skilder. Sy noem haarself deesdae ‘n Suid-Afrikaanse Amerikaner. Maar Karin Hougaard BLY vir ons wat agterbly so eie soos ‘n boereworsbraai of ‘n skeppie melkkos in die winter. Sy is tans…
27 May 2018 21 min

Martiza kuier in Gister Se Grotes

Martiza is 'n Country Legende. Maar sy sing ook ander musiekstyle. Sy het die liedjie Koemadoe jare gelede geskryf. Sy gesels op Moedersdag oor haar eie ma en die verlies wat sy moes verwerk nadat sy haar beste vriendin en seun aan die dood afgestaan het.
13 May 2018 13 min

The Carpenters Retrospective - Only Yesterday

Johan Kelber (musiekvervaardiger, -regisseur en musikant) en Anel Stricker-Bessinger (sangeres) kom gesels oor die Carpenters se loopbaan en hoe hulle dit reggekry het om meer as 10 miljoen albums te verkoop en steeds vandag gewild en relevant te bly.
6 May 2018 19 min

Leon van Nierop kuier in Gister Se Grotes

Leon van Nierop se treinrit was lank maar suksesvol. Die klein Brakpan laaitie wat gedroom het van ‘n ander wêreld langs die treinspoor, se verbeelding het hom as een van Suid-Afrika se bekendste rolprentresensente, bekroonde skrywers en vervaardigers gevestig.
22 Apr 2018 29 min

Elize Cilliers (Koen, Smith) kuier in Gister Se Grotes

Elize Smith, vroeër bekend as Elize Cilliers, was ‘n bekende sangeres in die Afrikaanse musiekbedryf in die 60’s en 70’s. Sy is ook die ma van die bekende sanger en televisiepersoonlikheid, Pieter Koen. Maar sy het intussen self die mikrofoon neergelê en bestuur nou al vir die meer as 30…
11 Mar 2018 10 min

Lida Botha kuier in Gister Se Grotes

Die legendariese aktrise Lida Botha vertel van haar uiteenlopende rolle en haar oomblik met Clint Eastwood. Sy verklap hoe sy en haar akteurman Johan Botha ontmoet het en dink terug aan haar dae as non.
4 Mar 2018 15 min
820 – 840