GROOTfm 90.5 Route326 met Francois en Anelma

Route326 met Francois en Anelma

Route326 met Francois en Anelma is ń spontastiese vermenging van onvoorspelbaarheid en tendense sonder grense. Hierdie dinamiese duo vergesel jou van drie tot ses en kleur jou laatmiddag in met konteks, kief klanke en koel kwinkslae. Hulle gesels met die OG's en die VIP's en bewys nie almal hoef te peak in matriek nie. Wees daar of wees ń blaar.
Monthly Afrikaans South Africa Music
871 Episodes
640 – 660

Lunch Punch: Morné Coetzee oor Vandag

Alhoewel hy al op vyrftien begin kitaar speel het en betrokke is by musiekbediening in sy kerk, het hy eers onlangs besluit om 'n kans te waag op sy musiekdroom as solokunstenaar. Hy werk ook as 'n fotograaf en grafiese ontwerper. Morné Coetzee het kom gesels oor sy motiverende enkelsnit…
25 Jan 2021 15 min

Lunch Punch: Rowan Stuart oor Queen Emily

Die sanger & liedjieskrywer, Rowan Stuart, reis al die pad van Kwazulu-Natal af vir 'n vertoning in Pretoria. In die proses maak hy GROOTfm deel van sy roete. Hy kom gesels oor sy nuwe enkelsnit vrystelling "Queen Emily" en bederf ons ook met 'n paar akoestiese liedjies op sy Cort-kitaar.
18 Dec 2020 26 min

Lunch Punch: Chandre Dear deel haar verhaal van hoop

Nadat sy luisteraars se harte aangegryp het tydens 'n baie emosionele telefoniese oomblik op lug tydens die Spar Blessing Giveaway, kom kuier Chandre Dear in die ateljee om die res van haar storie te deel…
17 Dec 2020 21 min

Lunch Punch: Fatman oor Vuil Coke

Die veelsydige vermaaklikheidster Fatman verklap hoe die grendeltyd hom geaffekteer het en hy stel sy nuwe kuier-treffer "Vuil Coke" bekend.
4 Dec 2020 28 min

Lunch Punch: Edward Smith oor My Home

Die 22-jarige sanger en liedjieskrywer Edward Smith van Pretoria studeer ook vermaakstudies aan UCLA in Los Angeles. Hy het "My Home" vir Suid-Afrika geskryf en wou vasvang hoe hy glo baie Suid-Afrikaners op die oomblik voel en wat hulle deurmaak. Die liedjie vier ook ons pragtige land wat hy steeds…
1 Dec 2020 14 min

Gister Se Grotes: Lize Beekman oor Hier & Nou

Die bekroonde liedjieskrywer en sanger Lize Beekman het na 9 jaar van stilte 'n nuwe album die lig laat sien. Sy gesels oor Hier & Nou, maar ook oor 'n paar ander dinge uit die verlede…
22 Nov 2020 21 min

Lunch Punch: Jennifer Zamudio oor haar enkelsnit Dalk

Jennifer Zamudio het ‘n ver pad gestap sedert ons haar leer ken het as "Die Singende Pers Sensasie" in 2000 toe sy haar debuut in die Afrikaanse Musiekbedryf gemaak het. Sy gesels oor haar nuwe enkelsnit "Dalk" en kan nie voorspel of sy binnekort weer 'n vollengte album gaan vrystel…
18 Nov 2020 9 min

Lunch Punch: Nasrene oor Parties In The Park

Born and raised in Johannesburg, Nasrene started her career as a singing-songwriting pharmacist wanting to pursue her ultimate passion. She teamed up with Dutch songwriter and producer David Westmeijer to write “Parties in the Park”.
12 Nov 2020 6 min

Lunch Punch: Rooksein se Renier West oor Kyk Na My Hart

Renier West van die groep Rooksein kuier in die ateljee. Rooksein is ’n Potchefstroomse musiekgroep, wat bestaan uit Megan Danner, Renier West (Bernice West se broer) en Dian Maritz. Hulle bring oorpronklikheid na die tafel en die enigste reël waarvolgens hulle musiek maak is dat daar nie reëls is nie. Hulle wil graag 'n betekenisvolle boodskap uitdra met hulle…
10 Nov 2020 25 min

Lunch Punch: Ché oor Ek Like Hoe Jy Dans saam met Snotkop

Ché is die naam wat jy moet onthou as jy opgewonde is oor die toekoms van Afrikaanse Pop. Saam met Snotkop stel sy haar heel eerste Afrikaanse enkelsnit vry en dit beloof om ‘n groot een te wees. Sy het kom gesels oor hierdie nuwe somertreffer.
5 Nov 2020 17 min
640 – 660