GROOTfm 90.5 #GROOTtrauma & Reg of Verkeerd met Pieter Cloete

#GROOTtrauma & Reg of Verkeerd met Pieter Cloete

Pieter se radioloopbaan het in 2010 by ’n klein gemeenskapsradiostasie begin. Hy het sy vlerke gesprei en in April 2016 die Knysnabos verruil vir Pretoria se stadsliggies, waar hy weeksaande jou uitgenooi het om saam met hom te kuier op GROOTfm 90.5 vanaf 18:00 elke aand. Met sy professionele, tog gemaklike stemtoon en persoonlikheid, help hy jou vanaf Maandag, 30 Maart 2020 tussen 05:00 – 06:00 weeksoggende, om wakker te word en gereed te maak vir die dag wat voorlê.

Pieter hou jou op hoogte van wat op die paaie gebeur en deel ook relevante nuusgebeure wat deur die loop van die nag/vroegoggend plaasgevind het.

Om 05:35, deel hy daagliks inspirasie-insette deur verskeie persone soos Lindie Strydom, Elizabeth Theunissen, Jaco Strydom en Deon van der Berg.

In 2017 was Pieter ‘n finalis in die gemeenskapsradiokategorie ‘Best night time show’ by die Liberty Radio Awards en in 2018 ‘n finalis in die ATKV-mediaveertjie kategorie ‘Beste aanbieder by ‘n gemeenskapsradiostasie’. In 2019 Wen Pieter die RDMA-toekenning (Responsible Drinking Media Awards) vir die ‘verantwoordelike gebruik van alkohol’-inset, op die program GROOTtrauma (hy was ook ‘n finalis in die kategorie in 2018). Sy program, Reg of Verkeerd (Dinsdae-aande om 20:00) is ook in 2020 genomineer vir ‘n SA Radiotoekenning in die kategorie: News & Actuality program.
Weekly Afrikaans South Africa News Commentary · Documentary
385 Episodes
88 – 108

#GROOTtrauma 16 Maart 2022 - Eksamen trauma - Graad 7's

Baie onderskat die trauma waardeer 'n Graad 7 leerling moet gaan wanneer hy/sy vir die eerste keer 'n eksamen moet aanpak. Miana Spies gee raad oor leermetodes en ander hulpbronne vir 'n graad 7 leerling om deur die angs en trauma van 'n eerste eksamen te navigeer.
16 Mar 2022 39 min

Gister se Grotes - Jannie du Toit

Jannie du Toit het 'n ryk geskiedenis van Afrikaanse musiek. Pieter Cloete gesels met hom oor sy loopbaan en toekomstige projekte.
13 Mar 2022 30 min

#GROOTtrauma 02 Maart 2022 - Wêreld gehoordag

Onderhoud met Yolande van der Westhuizen SAAA President Elect oor wereld gehoor dag. En later in die program gesels ons met Dr Izak van Heerden oor Deformed male organ not uncommon, can be corrected -- urologist
2 Mar 2022 39 min

#GROOTtrauma - 16 Februarie 2022 CHOC

Prof David Reynders (pediatrie onkoloog) gesels oor kanker onder kinders en die behandeling daarvan. Ina Schompher van CHOC gesels oor die werk wat hulle doen vir ouers met kinders wat gediagnoseer is met kanker.
15 Feb 2022 40 min

#GROOTtrauma - Gesinsgeweld

Izel Kruger (hoof van Afriforum se trauma-eenheid) asook traumaberader Magda Coetzer gesels oor die gevolge van gesinsgeweld
25 Jan 2022 43 min
88 – 108