GROOTfm 90.5 #GROOTtrauma & Reg of Verkeerd met Pieter Cloete

#GROOTtrauma & Reg of Verkeerd met Pieter Cloete

Pieter se radioloopbaan het in 2010 by ’n klein gemeenskapsradiostasie begin. Hy het sy vlerke gesprei en in April 2016 die Knysnabos verruil vir Pretoria se stadsliggies, waar hy weeksaande jou uitgenooi het om saam met hom te kuier op GROOTfm 90.5 vanaf 18:00 elke aand. Met sy professionele, tog gemaklike stemtoon en persoonlikheid, help hy jou vanaf Maandag, 30 Maart 2020 tussen 05:00 – 06:00 weeksoggende, om wakker te word en gereed te maak vir die dag wat voorlê.

Pieter hou jou op hoogte van wat op die paaie gebeur en deel ook relevante nuusgebeure wat deur die loop van die nag/vroegoggend plaasgevind het.

Om 05:35, deel hy daagliks inspirasie-insette deur verskeie persone soos Lindie Strydom, Elizabeth Theunissen, Jaco Strydom en Deon van der Berg.

In 2017 was Pieter ‘n finalis in die gemeenskapsradiokategorie ‘Best night time show’ by die Liberty Radio Awards en in 2018 ‘n finalis in die ATKV-mediaveertjie kategorie ‘Beste aanbieder by ‘n gemeenskapsradiostasie’. In 2019 Wen Pieter die RDMA-toekenning (Responsible Drinking Media Awards) vir die ‘verantwoordelike gebruik van alkohol’-inset, op die program GROOTtrauma (hy was ook ‘n finalis in die kategorie in 2018). Sy program, Reg of Verkeerd (Dinsdae-aande om 20:00) is ook in 2020 genomineer vir ‘n SA Radiotoekenning in die kategorie: News & Actuality program.
Weekly Afrikaans South Africa News Commentary · Documentary
385 Episodes
68 – 88

#GROOTtrauma 29 Junie 2022 - Die gebruik van 'n "AED"

Xander Loubser, BTech paramedikus gesels oor die gebruik van 'n AED as ook tiener swangerskappe wat toeneem in Suid-Afrika. Ben Janeke, Direkteur van die nie-winsgewende organisasie EST (Emergency Support Team) vertel van die werk wat hulle doen in die gemeenskap.
29 Jun 2022 33 min

#GROOTtrauma 15 Junie 2022 - Verkeie

Dit is internasionale bejaarde bewusmakingsdag, ons gesels ook oor die belangrikheid van bloedskenk en hoekom is dit belangrik om elke dag te bad.
15 Jun 2022 33 min

#GROOTtrauma 08 Junie 2022

Jan Marais (Uitvoerende hoof van SA Transplant Sport Association) gesels oor hul nasionale oorplantingspele in Port Elizabeth. Saam met hom om hieroor te kom gesels is Jacques Boshoff (19-jarige tennisspeler) en Alta Withers (fietsryer).
8 Jun 2022 38 min

#GROOTtrauma 01 Junie 2022 - Mensehandel

Emma van der Walt van die organisasie Brave to love gesels oor mensehandel en Anoescka deel haar merkwaardige storie van hoe sy uit die kloue van dwelms en mensehandel gered is.
1 Jun 2022 43 min

#GROOTtrauma 11 Mei 2022 - Boelies

Salomé Morkel 'n opvoedkundige sielkundige werksaam by Laerskool Constantiapark gesels oor boelies: beide aanlyn en fisiek.
11 May 2022 35 min
68 – 88