Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
14,107 Episodes
760 – 780

SA kan in Oktober van die FATF-gryslys kom

Die Finansiële Aksietaakspan (FATF) het onlangs aangekondig dat Suid-Afrika grotendeels aan al 22 aksie-items voldoen het wat in die aksieplan uiteengesit is toe die land op die gryslys geplaas is. Ismail Momoniat, hoof van die FATF-afvaardiging en tegniese adviseur by die Nasionale Tesourie, gesels hieroor.
17 Jun 12PM 7 min

Olie spring as bomme val

Mia Kriegler, direkteur van batebestuur by Kruger Internasionaal, gesels oor die olieprys.
17 Jun 12PM 6 min

Kenners antwoord luisteraarsvrae

Mia Kriegler, direkteur van batebestuur by Kruger Internasionaal, en Andries Nel, direkteur van welvaartbestuur en adviesdienste by dieselfde firma, beantwoord luisteraars se vrae oor sake wat hul sakke raak.
13 Jun 11AM 22 min

Multichoice bloei steeds intekenare

MultiChoice het gister sy jaarlikse finansiële resultate vir die boekjaar tot einde Maart bekend gemaak, met ’n omset wat 9% laer is. Die uitvoerende hoof, Tim Jacobs, bespreek die resultate.
12 Jun 11AM 10 min

Die staat wil grond onteien vir transmissielyne

Volgens die minister van elektrisiteit, dr. Kgosientsho Ramokgopa, is sommige projekte al vir meer as drie jaar vertraag weens uitdagings tydens onderhandelinge met grondeienaars. Lungisa Magwentshu, senior bestuurder vir grond en regte by die Nasionale Transmissiemaatskappy, verduidelik presies hoe hulle beplan om grond te onteien.
12 Jun 11AM 11 min

China hardloop op ses silinders

Amelia Morgenrood, aandelemakelaar by PSG Wealth Faerie Glen, gesels oor haar besoek aan China, en Naspers en Prosus se handelsverklaring.
12 Jun 11AM 5 min
760 – 780