Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
14,107 Episodes
740 – 760

Hoe tegnologies is die gemiddelde Iranees?

Pieter Geldenhuys, toekomskundige en direkteur by die Instituut vir Tegnologie Strategie en Innovasie, verbonde aan die DaVinci-sakeskool, gesels oor die gebruik van tegnologie in Iran.
23 Jun 12PM 7 min

Die markte hoor nie bomme nie

Theo Vorster, medestigter van Galileo Capital, bespreek die markreaksie op die VSA se aanvalle op Irannese kernaanlegte, die oordrag van Dis-Chem-aandele aan twee van die stigter se seuns, en WeBuyCars se planne om nuwe motors te verkoop.
23 Jun 12PM 9 min

Markoorsig

Bernard van Wyk – hoof van navorsing en fondsbestuur, Kruger Internasionaal
20 Jun 11AM 11 min

Die huurmark tel sy kop op

PayProp se jongste huurindeks wys dat die mark in die eerste kwartaal van die jaar sy beste prestasie sedert 2017 beleef het. Andre van Rooyen van PayProp vertel ons meer.
19 Jun 11AM 9 min

Die dieselprys kan spring

Drikus Combrinck, uitvoerende hoof van Capicraft Investment Partners, gesels oor die olieprys en die aandeelprys van WeBuyCars.
19 Jun 11AM 5 min

Virgin Active mik na die JSE

Amelia Morgenrood, aandelemakelaar by PSG Wealth Faerie Glen, bespreek die impak van die Iran-Israel-konflik, inflasie wat vir drie maande onveranderd bly, en Brait se jongste handelsverklaring.
18 Jun 11AM 9 min
740 – 760