Agri-Uur; 22 Februarie: Rooivleispryse stabiel

Loading player...
Rooivleispryse het in die nuwe jaar stabiel gebly en is bykans nie beïnvloed nie. Gielie Niewoudt, voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) in die Vrystaat, sê die onlangse reënval het 'n gunstige impak op die rooivleisbedryf gehad. Hy sê verder dat die prys van rooivleis vir die produsent stabiel en bekostigbaar was en dat dit steeds 'n hoë proteïenbron vir verbruiker is. Niewoudt voeg by dat die uitvoer van groot hoeveelhede rooivleis die bekostigbaarheid van vleispryse vir Suid-Afrikaners positief beïnvloed het.
22 Feb 2021 2AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Insetkostes is baie hoog en die kosteknyptang druk. Yara Mila kan help daarmee!

Insetkostes is baie hoog en die kosteknyptang druk. Die groot vraag is hoe verseker produsente koste- en hulpbron effektiwiteit, wanneer dit kom by plantvoeding? Isabel van Tonder gesels met Petro Genede, Kommersiele bestuurder van Yara Suid-Afrika, in die noorde, om meer uit te vind van die Yara Mila produk.
8 Oct 11PM 3 min