OFM OFM Agri Hour

OFM Agri Hour

The Agri Hour with Gerben van Niekerk is OFM's flagship agriculture programme. Tune in, weekdays 5 - 6am.
Daily English South Africa Business News · Business
5,010 Episodes
1 – 20

Springfontein rioolprobleme

Boere op Springfontein kla oor riooldamme wat oorloop en in die spruit beland wat nie net ‘n slegte reuk afgee nie, maar ook ‘n gesondheidsrisiko vir hulle diere is. Johan Gunter berig…
9 Sep 11PM 2 min

TLU-SA 2024 kongres presidentsrede uittreksel

Tydens TLU-SA se onlangse kongres in Pretoria het president Henry Geldenhuys, die tema “Landbou móét seëvier” ten volle omarm. Hy het die kritieke rol van boere in die bou van ‘n volhoubare toekoms beklemtoon, ongeag die uitdagings wat hulle in die gesig staar. Hier is ‘n uittreksel van die toespraak…
9 Sep 11PM 5 min

Steenhuisen spreek veearts probleme aan

Landbouminister, John Steenhuisen, het planne om Suid-Afrika se sukkelende veeartseny-sektor te help. Tans is daar slegs 4 000 geregistreerde veeartse in die land, ver onder die internasionale maatstaf van tussen 200 en 400 veeartse per miljoen inwoners, en minstens honderd veeartse emigreer jaarliks in die soeke na beter geleenthede oorsee…
9 Sep 11PM 1 min

Veldbrande affekteer Vrystaat

OFM Agri se Robyn Schutte gesels met dr. Jack Armour, kommersiële bestuurder van Vrystaat Landbou, oor die onlangse brande in dié provinsie, veral die Oos-Vrystaat.
8 Sep 11PM 9 min

Agri Noord-Kaap staan boere by tydens rampe

Met die fokus op hoe onlangse brande in ons uitsaaigebied, verwoesting gesaai het, en baie landbouaktiwiteite gekniehalter het, het OFM Agri se Robyn Schutte gesels met Janine Byleveld, die bedryfsbeampte in Ekonomie, Handel en Natuurlike Hulpbronne by Agri Noord-Kaap, oor wat hulle doen om boere in hulle provinsie by te…
8 Sep 11PM 1 min

Veldbrande ruk Noordwes

OFM Agri se RObyn Schutte gesels met Naude Pienaar, adjunkhoofbestuurder van Agri-Noordwes. Daar word na beraming beweer dat ongeveer 1 miljoen hektaar vanjaar verlore is agv veldbrande. Hy vertel hoe hulp kan verleen word, en hoe Agri Noordwes boere in die provinsie bystaan.
8 Sep 11PM 5 min

Watter sektore het ekonomiese groei getoon te midde van uitdagings?

Suid-Afrika se bruto binnelandse produk het in die tweede kwartaal van 2024 met 0,4% toegeneem, na geen groei in die eerste kwartaal van 2024. OFM Sakeuur se Olebogeng Motse en Prof Waldo Krugell van die NWU Besigheidskool,bespreek watter sektore goeie groei getoon het…
4 Sep 11PM 3 min

Byeboerdery iets bzzsonders

OFM Agri se Robyn Schutte gesels met Kenneth Nel, die eienaar van The Bee Shop in Bloemfontein, oor sy avontuur in die byeboerderybedryf, die uitdagings wat hy teëgekom het, en sy raad vir voornemende byeboere.
3 Sep 11PM 6 min

Provinsiale veiligheidsberaad moet nie Papieroefening wees, sê VL

Die Vrystaat Landbou organisasie het in ‘n onlangse skrywe gevra dat die provinsiale veiligheidsberaad wat verlede week deur die SAPD in Bloemfontein aangebied is, nie net 'n papieroefening moet wees nie. Jakkals le Roux, voorsitter van Vrystaat Landbou se landelike veiligheidskomitee, vertel meer…
3 Sep 11PM 2 min

Landbou moet seëvier – TLU SA

TLU SA se jaarkongres skop vandag in Pretoria af. OFM Agri se Robyn Schutte het met die hoofbestuurder van TLU SA, Bennie van Zyl gesels oor wat kongresgangers byvanjaar se konferensie kan verwag…
3 Sep 11PM 6 min

Klimaatslim-ambassadeur leer by sy pa

Klimaatslim-ambassadeur vir 2024, Charl Saunderson van Kenhardt in die Noord-Kaap, deel hoe die kompetisie 'n soektog na sinvolle oplossings vir volhoubare boerdery in die toekoms verteenwoordig.
1 Sep 11PM 5 min
1 – 20