Agri-Uur Gys Olivier

--:--
Jong boer doen ernstige brandwonde op in Hertzogville-distrik

'n Jong boer van die Hertzogville-distrik in die Vrystaat het 40% brandwonde opgedoen in 'n wegholveldbrand wat Sondag in dié distrik ontstaan het. Dié brand het na bewering tydens betogings deur plaaslike inwoners van die township oor waterkwessies, uitgebreek. Gys Olivier, voorsitter van Agri Hertzogville, sê Tewie Nel die seun van dr. Gerhard Nel, wat ook 'n kranige boer in die distrik is, is gister na 'n hospitaal in Bloemfontein gehaas. Volgens Olivier is Tewie in die hoësorgeenheid opgeneem. Hy sê dié brand, het op die R708 onstaan en die vlamme het vinnig in die veld versprei, wat gelei het tot veelvuldige brande wat toe in die rigting van Dealesville, Bultfontein en Hoopstad gewoed het. Boere met hul vuurvegters het tot laat gistermiddag gespook om die vlamme te blus. Hy sê verwoesting is gesaai, met 'n boer se huis en pakhuis met werktuie, wat in die slag gebly het. Boere in dié distrik het groot veeverliese gely en duisende hektaar weiding het afgebrand. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het gisteraand met Olivier gepraat...
20 Oct 2020 1AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Platteland hoop: Senekal-Matwabeng Community Forum

Hoe trek ‘n mens ‘n gebroke gemeenskap bymekaar? In aanloop tot ons inspirerende Sentraal SA storie reeks van sprekers wat by die onlangse Landbou Weekblad en Senwes Oplossings vir die Suid-Afrikaanse Platteland kongres opgetree het, begin ons op hierdie Paasvrydag met die storie van pastoor John Mathuhle. Vier jaar gelede…
29 Mar 2AM 3 min

OVK Wolveiling nuus

OVK se Juan Venter deel die uitkoms van die die 27ste wolveiling van die verkoopseisoen…
29 Mar 2AM 1 min

Vrystaat Landbou Paaswense

Vrystaat Landbou hoof uitvoerende beampte, Gernie Botha, deel die organisasie se Paaswense…
29 Mar 2AM 2 min

Agri Noord-Kaap Paaswense

Agri Noord-Kaap Hoof Uitvoerende Bestuurder, Dirk Krapohl, deel die organisasie se Paaswense.
29 Mar 2AM 1 min